Toeka tokkel 6

Februarie 18, 2016 at 2:02 nm 12 Kommentaar

Scrapy het gevra vir skrabbel oor tuisdorpe. Beslis laat, maar huiswerk in elk geval gedoen. Ek het al in baie dorpe en self ‘n stad gewoon. Maar my huidige tuisdorp, al vir meer as ‘n dekade, is Graskop in Oos Transvaal. Wat mos nou Mpumalanga is. Maar ai, ek sou graag die Graskop in die Oos Transvaal wou beleef het.

The old home town looks the same ….. Bolle. Blykbaar was die dorp van dan ‘n spogdorp, nie die begrafplaas van ‘n spogdorp wat dit nou is nie. Ek luister soms na oom Ridder en dan word ek gevul met ‘n verlange na wat ek glad nie geken het nie.

dor[

Dit is ‘n pad gepas vir ‘n koning. Vir baie jare was dit opgevul met teer en klippies, al la bbbee, kom die reen, was die gat groter as tevore, maar mens leer om daarom te ry. Nood preek mos wet.

dorp

Self gaste wie by hierdie spog kasteel wil uitkom, moet die pad trotseer. Ja, ons het ‘n kasteel. Vergewe die feit dat dit uitsluitlik gebou was om ‘n luukse gastehuis te wees. Met deure ingevoer uit kweekskole, kloosters en ander kastele reg oor Europa. Glo ‘n belwenis. Ook op die mark vir ‘n aardige bedraggie.

dorp1

Ons dorpie is ‘n slagveld van slaggate, tog het die munisipaliteit dit goed gedink om spoedwalle seker so elke vyftig meter in “Chinatown” te gooi. Ek dink die teer wat daardie spoedwalle mee gemaak was, kon 50% van die slaggate in ons dorp gevul het. Hulle betaal immers vir geen munisipale dienste nie. Maar nou ja, die Chinese goewerment (LMFGA) het dit goed gedink om die huise, strate, dienste en spoedwalle te borg.

dor[-

Tog kan die uitsig uitsig asemrowend wees. Dan is mens geneig om baie te vergewe. God se geskenk is troos in baie harte.

Berlin waterval

Maar o, wee. Dit voel behoorlik asof elke langnaweek vol mis en ongure weersomstandighede is. Dan kry ek daardie oom en tannie so jammer wie miskien lank gespaar het om die laeveld te kom besoek en die wondere van God moeilik gaan bereik of sien. Dit na die skok van die vervalle dorp.

nwk

Om hierdie foto te kan neem, moet jy die “spot” ken en ook hoe om verkieslik jou selfoon-kamera te kan manipuleer, anders gaan jy die “gesig” mis. In die dorp is dir verval veral opmerklik, maar die wonders van God oral om die dorp kan kompenseer. Net jammer verlies aan instandhouding en die onverskilligheid van die mens, is daar ook duidelik te bespeur.

IMG00424-20121021-1753

Vir meer as ‘n dekade is dit die gesig wat my begroet het wanneer ek by die vensters of voordeur aan die noordekant van my huisie uitgekyk het. Wat ‘n voorreg.

Entry filed under: Huiswerk.

Veels geluk liewe Ouma. Toeka tokkel 7 Groente! wat ‘n gedoente

12 Kommentaar Add your own

  • 1. HesterLeyNel  |  Februarie 18, 2016 om 6:07 nm

    Ons is so 5 jaar gelede daar deur jou dorp toe ons wildtuin toe is. Dit was nat en ysig koud, maar ons het nogtans so veel as moontlik probeer sien. Dis ‘n vreeslike mooi omgewing.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Februarie 21, 2016 om 8:05 nm

      Ai, die nat en koue is al so deel van lang naweke. Hoop jy het dit in elk geval geniet.

      Antwoord
      • 3. HesterLeyNel  |  Februarie 22, 2016 om 7:15 vm

        Ja ons was daar met ‘n toerbus vol hupse “ou” mense wat die lewe opgehelder het. Ons het oral afgespring om elke bossie of klip te bekyk. Dis ‘n mooi wêreld.

  • 4. scrapydo2.wordpress.com  |  Februarie 18, 2016 om 11:19 nm

    Ag dis tog so jammer van die verval. Dis jare se opbou wat vernietig is. Jou omgewing is so mooi. Dankie vir jou tuisdorp beskrywing.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Februarie 21, 2016 om 8:07 nm

      Laat my gewoonlik lus voel om te gaan toyi toyi. Maar dit sal ook water van ‘n eend se rug af wees.

      Antwoord
      • 6. scrapydo2.wordpress.com  |  Februarie 21, 2016 om 11:30 nm

        Ja wat, gaan net n gesweet afgee en niks verander nie! 🙂

  • 7. Toeka-Tokkel no 7: Groente – I scrap 2  |  Februarie 18, 2016 om 11:23 nm

    […] Toeka tokkel 6 […]

    Antwoord
  • 8. Xena Phoenix  |  Februarie 19, 2016 om 8:48 vm

    Snaaks hoe al die klein dorpies vervalle raak. Ek wonder wat gaan gebeur die dag wat die toeriste besluit hulle soek nie ‘n vervalle nes vir hulle vakansie nie.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Februarie 21, 2016 om 8:12 nm

      Ek glo nie eers die mense in beheer sal dit agter kom nie. Eers was dit die Paradise Rally wat verby gehou het. Maak net aan die herbergiers en die besighede saak. Toe bring hulle die geraas rally verlede jaar. Mag hulle almal vanjaar loopmaag kry nog voor hulle uit Bosbokrand en Soweto vertrek en heel naweek op die toilet deurbring.

      Antwoord
  • 10. Kameel  |  Februarie 20, 2016 om 6:53 nm

    Ons het die vreeslike pad gery twee weke gelede. Maar ai daardie natuurskoon is so poskaartmooi.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Februarie 21, 2016 om 8:13 nm

      Ek hoop jy het dit geniet. Ook KNP gaan besoek?

      Antwoord
      • 12. Kameel  |  Februarie 22, 2016 om 8:33 vm

        Ons was vir week by Crystal Springs. Pad soontoe was mooi… Pelgrimsrus langs gekom. Terug het ons Graskop se kant toe gery…. ons was verbaas oor die slegte toestand van pad. Maar ai die wêreld is pragtig!!!

Lewer kommentaar op HesterLeyNel Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter