Veels geluk liewe Ouma.

Februarie 10, 2016 at 11:13 nm 9 Kommentaar

gramma

Ek het vandag by ‘n vriend gaan kuier. Hy het heerlik gesels en baie herinneringe aan vervloee dae weer wakker gemaak. Een daarvan oor my jonger suster. Ek deel dit graag met julle.

Die jaar wat ek ses geword het, het my ouma vyftig geword. Sien sy verjaar 6 Jan, ek 8 Jan en my sussie 10 Jan. Maar die dag is die huis vol mense wie koek en tee met my ouma kom nuttig het. Ons kinders het maar daar rondgedwaal want kinders was mos nie werklik in grootmensgeselskap welkom nie. Maar ons was ook nie te welkom onder hulle oe uit nie.

My suster en neef het mos altyd die voortou geneem. Sus het ewe kordaat na Oumie geloop en gevra “So, Gramma, how old are you today?” Waarop Ouma toe vir die gaste naaste aan haar ooggeknip het en toe het sy geantwoord “I’m 102 years old today.”

Ons het na mekaar gekyk en ek het stadig my kop geknik. Ons neef wou nog sy stuiwetjie in die bussie gooi toe praat my sus alreeds. “Dont worry Gramma, you’ll be dead soon enough.” Die naaste gaste het na hulle asems gesnak want so ‘n profesie uit monde van ‘n kind kan mos niks anders as die waarheid wees nie. Haar vriendinne het hulle swart gewade op bystand gehou. Almal het haar vir die volgende paar maande fyn dopgehou.

Maar nou ja, niemand het tred gehou met Ouma se hardkoppigheid nie. Sy het nog sewe en veertig verjaardae daarna gevier.

Gedagte van die dag: Oud is nog lank nie die einde van die pad nie.

Advertisements

Entry filed under: gleeenthede.

Vlytige vingers toeka tokkel 5. Toeka tokkel 6

9 Kommentaar Add your own

  • 1. hesma  |  Februarie 11, 2016 om 1:09 vm

    Ek persoonlik dink die ouer mense heg soveel drama aan alles omdat hulle nie besig bly nie. Hoeveel van haar vriende kon hulle swart gewade virhaaraantrek?

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Februarie 11, 2016 om 8:54 vm

      Nie een nie hoor. Welkom Hesma.

      Antwoord
  • 3. vvuureoc  |  Februarie 11, 2016 om 5:18 vm

    Nie besig bly nie is waar. My ma het vas geglo die ouetehuis is die wagkamer vir die dood. en nie eers haar awerregse Petoors bloed kon die snelle agteruitgang wat sy ondergaan het keer nie.

    Dieselfde vrou wat drie bediendes aan die hardloop kon hou vir agt uur om by te bly het skeilik iemand geword wat helfte van haar dae omgeslaap het

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Februarie 11, 2016 om 8:58 vm

      Dis vreeslik hartseer Okkie. Maar ongelukkig die reine waarheid. Weet jy, my ouma was ‘n vuurvreter. In haar vroee 80’s het sy by ‘n ouetehuis in ‘n ander provinsie gaan inklok. Sy was al goed in haar 90’s toe skryf sy nog hoedat sy by die “oumense” in die hospitaal en siekeboeg gaan inloer het en vir hulle uit die bybel gelees het.

      Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  Februarie 11, 2016 om 8:42 vm

    Whahahahahahaha!

    Eerder, vir hoeveel van haar vriendinne moes Grandma haar swart gewaad nader trek?

    Ou mense en hulle dinge.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Februarie 11, 2016 om 8:59 vm

      😆 Ek glo vir almal van hulle. Wel, in elk geval die lot wie hulle gewaad vir haar reggehou het.

      Antwoord
  • 7. scrapydo2.wordpress.com  |  Februarie 15, 2016 om 10:28 vm

    Sommige oumas is so sterk soos n bees. Hul word soms met reg onderskat.

    Antwoord
  • 9. Toortsie  |  Februarie 18, 2016 om 9:19 vm

    Saam met die gedagte van die dag, ook hierdie een: Dis ons eie keuse of ons ons steur aan negatiewe profesieë. 🙂

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: