Vlytige vingers toeka tokkel 5.

Februarie 5, 2016 at 2:06 nm 11 Kommentaar

lilac

Scrapy tokkel vandeesweek oor eerste troeteldier / stokperdjie. My eerste troeteldier was natuurlik ‘n hond. Maar ek was nooit toegelaat om hom te troetel nie. Dus sal ek eerder tokkel oor my eerste stokperdjie.

As ek terug dink aan my vroegste jare is dit behoorlik asof ek alles van agter ‘n toe venster moes gade slaan. Hoe die kinders gespeel het, hoe die vlinders baljaar het, hoe die honde hulle sterte gejaag het. Dikwels het ek die bure se tuinier van agter daardie einste ruit gesit en beloer. Hoe groter die plante geword het, hoe meer het dit my gefassineer. Wanneer hulle geblom het, was ek eers in ekstase. Toe weet ek, ek wil ook iets plant en sien groei.

Eendag was ek weer toegelaat om buite te speel. Die tuinier was besig aan ons heining se kant en het my opgemerk. Hy moes my seker al tevore gesien het terwyl ek hom beloer het. Die betrokke dag het hy my ‘n blommetjie, ‘n lila kleurige blommetjie op ‘n langerige stam met vaal blare gegee en vir my gese ek moet ‘n gatjie in die grond maak en dit plant. Hy het gese dit is ‘n poeierkwassie blo Dan moes ek ‘n voortjie daarom maak en elke dag die helfte van my eerste glas water in die voortjie gooi omm die blommetjie te voer. Dit het ek ‘n ruk lank gedoen en toe word ek siek. Alweer.

Ewentwel, elke oggend moes my pa die helfte van my eerste glas water kom haal het en dit in die voortjie gegooi het. Wat hy getrou gedoen het. Eendag het my ma het my ‘n bordjie gebring en ‘n paar worteltoppe wat sy afgesny het en gese ek moet die toppe in die piering staan maak en water gee. Dit het sy op die kamer-vensterbank staan gemaak. Elke oggend het my wyse Moedertjie die bordjie na my toe gebring sodae ek hulle kon water gee. Later toe ek kon opstaan, het ek self verster toe geloop en hulle self water gegee. Gou moes ek soggens meer as net ‘n glas water kry. Die wortel toppies het wraggies nuwe blare begin maak. Ek weet nie hoe my ma geweet het hulle sou nuwe blare maak nie, maar hulle het. Gou gou was hulle feitlik piering of sal ek se watervarings.

Toe ek die eerste dag kon uitgaan, wat het my begroet? My vaal plantjie het in volle blom gestaan onder die kombuisvenster waar ek dit in die “gatjie” geplant het. Dit was waar my verhouding met plante begin het. Een moet ek se, wat tot vandag voortduur.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Toekatokkel 4. Die eerste dag. Veels geluk liewe Ouma.

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Februarie 5, 2016 om 2:54 nm

    EERSTE!!!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Februarie 5, 2016 om 2:55 nm

    Ek wonder nou of ek regtig ‘n stokperdjie het. Dalk is al my stokperdjies sertifiseerbare obsessies.

    Antwoord
  • 4. Daniël Bezuidenhout  |  Februarie 7, 2016 om 10:02 nm

    Ek hoop jy plant nog elke dag. Of gereeld ten minste. As kind lees ek jy was sieklik – hoop jy het sommer baie warm heerlike dae buite in die sonskyn 🙂

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Februarie 10, 2016 om 10:49 nm

      O, ek geniet my tuin. Sukkel net vreeslik vir elke een plant wat ek kry om te groei, hardloop Lapman en sussietjie twee ander uit. Ek het al gedreig om hulle vir die welsyn te gee, maar dan lag hulle so mooi en Lapman lek my sopnat terwyl Sussietjie my bom.

      Antwoord
  • 6. Kameel  |  Februarie 8, 2016 om 3:57 nm

    Nou verstaan ek jou liefde vir jou tuin. Daardie saadjie is vroeg geplant. Olga wat het jou makeer as kind…. jy het seker al gesê maar dit het my ontgaan.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Februarie 11, 2016 om 9:52 vm

      Kameel, dit was maar as gevolg van swak longe. My ouers was later verplig om na ‘n droeer klimaat te trek en dit het snaaks genoeg gehelp.

      Antwoord
      • 8. Kameel  |  Februarie 11, 2016 om 12:50 nm

        Geen probleme meer nie?

      • 9. Olga  |  Februarie 14, 2016 om 11:16 vm

        Die droeer klimaat het die ding gedoen, Sally.

  • 10. scrapydo2.wordpress.com  |  Februarie 10, 2016 om 11:38 nm

    Dit is nou n besonderse/besondere stokperdjie wat jy hier beskryf. Dit wys ook dat liefde vir iets dit die moeite werd maak om dit te voed en te vertroetel. Ai die hondekinders wat tog so daarvan hou om met die tuinwerk te help. Mens kan tog maar nie sonder hul gaan nie. Dankie vir jou mooi stokperdjie beskrywing.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: