As dit pap reen

Desember 9, 2015 at 10:41 nm 3 Kommentaar

As dit pap reen, dan moet jy skep. What ever. Steeds wil vodacom my nie uitbetaal vir die vier jaar wat ek sukkel om internet te gebruik nie. Daar was ‘n stadium dat ek my selfoon as modem kom gebruik en dit het soos ‘n bom gewerk. Maar die Slimfone wat ons deesdae gebruik is dit nie eers ‘n opsie nie. Ek belowe julle soos ek nou hier sit en tik, flikker die liggie op my modem donkerblou – (werk nie), lig blou, (werk vir twee sekondes) groen, (werk nie) donkerblou, (werk nie) ligblou (net vyf sekondes.

Ek hoop maar teen die tyd dat ek “publiseer”knoppie gaan druk, sal dit ligblou wees. Anders is my teks weg en dan gaan ek die rekenaartjie wat nie ‘n naam werd is nie, afsit en brei terwyl ek in my kop vloek dat die rook blou staan. Een van die dae tref die olel my deur die rook walm. Ek hoop as dit gebeur onthou Ousus om Medihelp en vodacom van moord aan te kla. Medihelp oor die hemelhoE bybetaling op my maandelikse pakkies bloeddrukpille waarvan ek veronderstel is om ‘n dubbledosis per dag te neem

Wee julle, ek het Januarie 2013 Homer se pakkie pille by die huis vergeet. Ek was heeltemal verslae toe hy ander oor die toonbank gaan koop het en ‘n skamele R156 daarvoor moes betaal.Die laaste keer toe ek pille gekry het, was Aug 2011. Die bybetaling was R204 op die dertig pilletjies. Toe ek Sept weer by die apteek gekom het, was die bybetaling R218. Toe vra ek my voorskrif terug en verseker die apteker dat ek hom vir diefstal sal laat aankla as ek op enige stadium sien die mediesefonds het hulle betaal vir die pak pille wat ek geweier het om te koop.

Ewentwel, twee jaar later was die pille R156 sonder mediesefonds. Maar as hy dit sonder voorskrif op die mediesefonds sou neem, sou hy ‘n bybetaling van R248 gehad het. Dis blerrie belaglik. Veral as jy in ag neem by staatsinstansies, deel hulle dit gratis uit. Ek het die ander dag gehoor van ‘n dame wie by die munisipale kliniek elke maand ‘n pakkie van dieselfde pilletjies voorsien word, sy is een huis weg van die kliniek, dan smyt sy glo die pakkie neer. In die straat en word nie eers aangespreek omdat sy rommel strooi nie.

Lekker om pap te skep ne.

Gedagte van die dag: Dalk moet ek ook kliniek toe gaan. Hulle gee my dalk ook voorbehoedpille wat ek aan my plante kan toedien.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

As Olga de vieste in is. keer keer! oom Doep is near!

3 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Desember 9, 2015 om 11:52 nm

    My Vodacom,selfoon is op pad uit. sodra die kontrak verval oor 8 maande staak ek die diens.

    Antwoord
  • 2. Spokie sny spoor  |  Desember 10, 2015 om 2:27 nm

    Ja (sug), in sekere gevalle ken mens net nie wen nie …

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Desember 10, 2015 om 11:38 nm

      Viva!!!!

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: