Olga se blapsie

November 8, 2015 at 11:55 nm 26 Kommentaar

toilet

Eisj man, as daar iemand is wie haar naam met ‘n plank kan slaan, is dit die uwe. Donderdag vertel homer my dat ons Vrydag more Nelspruit toe gaan. Hy moet net eers in Sabie stop aangesien hy daar ‘n afspraak het.

Oom Ridder het gou ingeval vir ‘n vinnige koffietjie en sit en kla hy moet alweer Sabie toe ry want die plaaslike Standerdbank OTM is te gebruikers vriendelik vir sy doel. ek het aangebied om die ou takie te verrig. Vrydag oggend, terwyl Homer toe sy afspraak nakom, van ek in by die bank. Ari gedorie, daar is net twee mense voor my en voordat jy mes kan sE, staan ek buite met die nodige bewyse.

Eers wil ek gou by die skryfbehoeftes winkel inval, maar kon Homer toe al hoor brom “Ek moes geweet het, alweer wol of iets vir die blerrie honde.” Ek besluit toe om my gewone antwoord hierop te spaar vir volgende keer en loop toe maar net bietjie om die tyd om te kry. Uiteindelik kom hy toe aangestap. Skoon honger. Hy dink ons moet eers iets gaan eet. Ek is al gatvol vir Wimpy brekkie en stel voor ons gaan by Chesa Njama, aangesien ons reg voor hulle bymekaar gekom het. Gaan in. Twee wit dames waarvan een dalk die bestuurder kan wees, se bolywe troon oor die afskorting waaragter hulle sit uit. Man is besig om sakke hoender in die vrieskas uit te skud. Die twee dames agter die toonbank sit een in haar neus en grou en die ander besig om haar naels skoon te maak. Ek en Homer het na mekaar gekyk en maar die wyk geneem, Wimpy toe.

Daar gekom was Pinky gou by. Vriendelik nes altyd onder ‘n nuwe pruik. Heerlik geeet. Toe ons opgestaan het om te loop, loer ek af en sien ‘n vet mostert blerts op my bloes. Toe Homer dus sE hy moet eers ‘n draai gaan stap, sE ek dis ‘n goeie idee, ek moet ook. Die paar tree agtertoe gestap en ek hoor Homer praat, maar ek is haastig voordat die mostert droog word en ek stap toe maar in. ‘n Oom kom uitgestap en ek is sommer wrewelrig. Ek hou gn niks van die nuwewetse toeilette nie waar mans en vroue dieselfde geriewe deel nie. Wonder ook wanneer het dit verander! Ons was regtig nie som lank laas daar nie. Tjk. Ek raak toe maar besig met die bondel toilet papier wat ek uit een van die hokkies gaan haal het.

Blertsie seep op en druppel water en ek skrop verbete. Die merk sit pik. Nuwe bondel papier, seep, druppel water en ek skrop weer. Hoor vir Homer praat en vererg my weer bloedig. Kyk in die spieEl en sien hom en die oom, wie oppad uit was toe ons ingekom het, staan en kyk vir my. Ek skrop maar verder met nuwe ywer. Sien hier kom ewe ‘n jong oom ingestap en ook steek vas en staan hom aan my handewerk en verkyk. Dit was so op die punt van my tong om te sE gaan kak gerus, daar is toilette oop, toe die enigste toe deur oopgaan en nog ‘n verdomde mansmens om my saamdrom. Toe hou ek op skrop en kyk by die eerste oom verby en sien die troee teen die muur gemonteer. Terwyl Homer weer sE “Verkeerde kant Pop.”

Ek besluit net daar “Kop vreet Olga. Kop vreet soos ‘n luis.” Maak die papier krummels bymekaar en gooi dit in die drommetjie. Toe seg ek maar, “Dankie vir die seep menere, anderkant is nie seep nie. Stap toe kop omhoog daar uit. Verby die mannetjie teen die muur buite en kyk in die ruit hoe drie uit die vier here in die deur agter my saamdrom.

Gedagte van die dag: Gelukkig kan ek nie gedagtes lees nie.

Entry filed under: Rooi gesiggies.

Toekatokkel 46, kinderstories. Sjoesj Olga

26 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  November 9, 2015 om 12:01 vm

    Die kant waar die groot koppe uithang ……….

    Antwoord
  • 2. Klip  |  November 9, 2015 om 12:06 vm

    Dat blertsies en blabsies n mens nou in so n verknorsing kan laat beland

    Antwoord
    • 3. Olga  |  November 9, 2015 om 12:13 vm

      Vertel jy vir my. Mens, ek dink ek moet nou maar belE in ‘n reuse borslap.

      Antwoord
  • 4. Olga  |  November 9, 2015 om 12:13 vm

    Nagskof? Jy moet oppas vir daardie spoke Klip. Hulle is almal bbbee.

    Antwoord
    • 5. Klip  |  November 9, 2015 om 8:19 nm

      My gunsteling skof!. Gelukkig het die spoke wit tande. Nou dat dit so lekker warm is, glo ek daar gaan weer n spook ontploffing wees volgende jaar.

      Antwoord
  • 6. scrapydo2.wordpress.com  |  November 9, 2015 om 3:57 vm

    Ek het net dink dat dit regtig is dat albei geslagte dieselfde plek gebruik! Hier is dit beslis baie plekke die geval. bv biblioteek, cafees en ander eetplekke! Dis nie te aangenaam nie!

    Antwoord
    • 7. Olga  |  November 9, 2015 om 1:03 nm

      glad nie aangenaam nie. Dis eerder gross. By die huis deel ek met die manne. Maar vreemde mans freak my uit.

      Antwoord
  • 9. Koba  |  November 9, 2015 om 7:49 vm

    die een toilet vir almal blyk die nuwe SA ding te wees. Jy was erg verlee. Ek sou gewees het.

    Antwoord
    • 10. Olga  |  November 9, 2015 om 1:03 nm

      Ek het “pose” gehou asof dit elke dag gebeur.

      Antwoord
  • 11. Koba  |  November 9, 2015 om 9:26 vm

    Ek moet dit nou net deel. Ons hou vakansie in die laeveldt. Ons het vanoggend jou blog gelees en lekker gelag. Veral vir die Pienkie. We’ll, toe ons vaneffe sabie binne ry, raai wat het ons gesien? A advertensie bord van chesa njama wat noem oppisite wimpy. Toe het ons mos besluit ons gaan kyk waarvan jy gepraat het. Ek meen, hoe toevallig kan dit dan nou wees. Ons gaan ook heel eerste chesa toe. Die wit antie is vandag alleen. Maar sy kyk nie op nie. Ons stap dieper die winkel in en waaragtig, die vrieskas is daar ook vol hoender in 2kg sakke. Ons het by die toonbank gekom en die twee madams sit daar, hulle neuse en naels is vandag darem skoon. Maar liewe aarde. Hulle staar net voor hulle uit. Bot onbeskof. En tog binne en buite onder die afdak sit kliente en eet. Al gevolgtrekkeing wat ons kon kry is dat blankes onsigbaar is in die stablishment. Toe loop ons mos maar ook oorkant die straat. We’ll, wie groet ons by die deur? Waaragtig pinky. Klein lyfie en n groot glimlag. Ons het maar gedink pinky is soos geld-en-huis. Maar sy was daar. Geniet die dag. Ons gaan nog lank die storie vertel en leka lag.

    Antwoord
    • 12. Olga  |  November 9, 2015 om 1:06 nm

      Ek dink soms die mense wie wel werk het, is onder die indruk elke klient skuld hulle omdat hulle daar is. Vriendelikheid is mos gratis en dit is mos wat die kliente laat terug kom. Geniet julle vakansie en ry veilig. Ons paaie is vrot.

      Antwoord
      • 13. Klip  |  November 9, 2015 om 8:26 nm

        Die chesa njama staf wat julle van praat laat my dink aan n sponsdrol……………( ek was nog nooit in een van hulle takke nie, en ek glo ook nie ek sal hulle ooit ondersteun nie)

  • 14. Toortsie  |  November 9, 2015 om 9:28 vm

    Dit klink darem nie te erg geslaan met ‘n plank nie, of hoe? 🙂

    Antwoord
    • 15. Olga  |  November 9, 2015 om 1:08 nm

      Ah, hier moet jy onthou, hulle ken nie my naam nie. Dink in elk geval ek sal maar vir ‘n ruk daar wegbly. 😉

      Antwoord
  • 16. Klip  |  November 9, 2015 om 8:22 nm

    Ek dink die duiwel is ook al gatvol vir vleisbraai. As ek eendag in die hel kom sal sulke diens uitstekend wees.

    Antwoord
  • 17. Klip  |  November 10, 2015 om 12:52 vm

    Student: may i use the bathroom?
    Teacher: as long as you can recite the alphabet.
    Student: abcdefghijklmnoqrstuvwxyz
    Teacher: wheres the p?
    Student: running down my leg.

    Antwoord
  • 18. Klip  |  November 10, 2015 om 12:57 vm

    Something To Do When You’re Bored:
    1. Catch a fly.
    2. Put it in the freezer.
    3. Wait 10 minutes.
    4. Take out the fly, it will be unconcious, not dead.
    5. Pull out a strand of hair or a thin piece of string.
    6. Tie it around the fly.
    7. Wait till it wakes up.
    BAM! Your very own pet fly

    Antwoord
  • 19. Klip  |  November 10, 2015 om 1:06 vm

    After Tuesday even the calendar goes W-T-F

    Antwoord
  • 20. Klip  |  November 10, 2015 om 1:07 vm

    Husband: hey honey, i just saw our son checking out a girl!
    Wife: how do you know?
    Husband: i was looking at her too

    Antwoord
  • 21. Klip  |  November 10, 2015 om 1:13 vm

    Die 80-jarige Italiaanse gholfspeler gaan vir sy mediese ondersoek. Die dokter is verstom.
    “Wat doen jy om in so ‘n puik kondisie te wees?”
    “Ek speel gholf. Ek staan op voor sonop, speel 18 putjies en drink twee glase wyn.”
    “Interessant. Hoe oud was jou pa toe hy dood is?”
    “Wie sê my pa is dood?”
    Die dokter is verstom. “Jy is 80, en jou pa leef nog?! Hoe oud is hy?”
    “Hy is 100. Hy het vanoggend nog saam met my gespeel. Toe het hy op die nudiste strand gaan stap en twee glase wyn gedrink. Hy is ‘n Italianer en hy speel gholf.”
    “Wel,” se die dokter, “en hoe oud was jou oupa toe hy dood is?”
    “Wie sê my oupa is dood?”
    “Wat!? En hoe oud is hy?”
    “Hy is 118.”
    “Hy het seker ook vanoggend saam met julle gholf gespeel?”
    “Nee, hy het dit nie vanoggend gemaak nie. Hy trou vandag.
    Die dokter is teen hierdie tyd op die punt om van sy kop af te raak.
    “Trou? Hoekom wil iemand wat 118 is trou?”
    “Wie sê hy wou?”

    Antwoord
  • 22. Klip  |  November 10, 2015 om 1:22 vm

    Teacher: where is your homework?
    Kid: at home.
    Teacher: why is it at home?
    Kid: it’s called HOME work for a reason.
    Teacher: are you being smart with me!
    Kid: this IS school isn’t it? Aren’t you supposed to be smart.
    Teacher:…

    Antwoord
  • 23. Klip  |  November 10, 2015 om 1:22 vm

    What’s the difference between a white iphone and a black iphone?
    The black iphone runs faster.

    Antwoord
  • 24. Klip  |  November 10, 2015 om 1:23 vm

    True Text meanings
    BRB: I don’t wanna talk to you
    LOL: I don’t have anythings else to say
    COOL: I really don’t care

    Antwoord
  • 25. Klip  |  November 10, 2015 om 1:30 vm

    Some township boy was found stealing cloths from the washing line, and when he was asked what was he doing he said ” I am shopping online” .

    Antwoord
  • 26. Klip  |  November 11, 2015 om 7:13 nm

    Yesterday my daughter e-mailed me again, asking why I didn’t do something useful with my time.
    “Like sitting around the pool and drinking wine is not a good thing?” I asked.
    Talking about my “doing-something-useful” seems to be her favorite topic of conversation.
    She was “only thinking of me”, she said and suggested that I go down to the Senior Center and hang out with the guys.
    I did this and when I got home last night, I decided to play a prank on her.
    I e-mailed her and told her that I had joined a Parachute Club.
    She replied, “Are you nuts? You are 78 years old and now you’re going to start jumping out of airplanes?”
    I told her that I even got a Membership Card and e-mailed a copy to her.
    She immediately telephoned me and yelled, “Good grief, Mum, where are your glasses?
    This is a Membership to a Prostitute Club, not a Parachute Club.”
    “Oh man, I’m in trouble again,” I said, “I really don’t know what to do. I signed up for five jumps a week!!”
    The line went quiet and her friend picked up the phone and said that my daughter had fainted.
    Life as a Senior Citizen is not getting any easier, but sometimes it can be fun.

    Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: