Toekatokkel 46, kinderstories.
November 6, 2015 at 8:59 vm Olga 7 Kommentaar
Scrapy daag ons die week uit om te vertel van kinderstories wat ons geraak het as kinders. Ek sal seker moet begin werk aan kinderverhale sodat Liefie met niggies en nefies wat daar moontlik kan wees, eendag sal sE “Ouma Olga toe, asseblief, sy vertel die mooiste stories. Watter kinders hou nie van kinderstories nie?
Ek weet nie of daar nog kinder programme op tv is nie. Destyds was daar mos Wielie Walie en Kraaines op Dinsdae en Donderdae op waar hulle soms’n storie vertel was. Hulle het dit meer geniet as die sing middae of die verkenningstogte. Ek hoor nog hoe roep hulle saam met Sarel, Karel, die Blomme en sokkies, tannie Elma, Gert en later tannie Magda “Bennie. Bennie Boekwurm.” Hoe jil hulle met Sarel Seemonster “Stories is my lewe.” Maar nou ja, hulle het elke middag saam voor daardie tv gekamp. Behalwe natuurlik Woensdae, dan het ons katkisasie gehad.
My ouers het beurte gemaak om vir ons stories te vertel. My pa het graag Jakkals en Wolf stories vertel. Ek het as kind nie van hulle gehou nie. Die slinkse Jakkals en domme Wolf het my vir altyd ‘n hewige renons gegee in stories soos Bugs Bunny veral. As hy so gekruisde bene staan en vra: “Whats up doc?” kan ek die ^^*^%$ %&$#@^& aan sy blerrie maer bene beetkry en dit om sy nek vasknoop, dan oor ‘n muisgat staanmaak en hom dwarsdeur daardie muisgat vasspring. Maar nou ja. My ma het gehou van Grimm broeders en Anderson onder andere se verhale. Maar my persoonlike gunsteling was die anekdote uit hulle verlede. Steeds vandag as my sibbe iets wil bevestig uit ons ouers se verlede sal hulle my kontak en vra wat ek onthou.
My kinders het ‘n verskeidenheid storieboeke gehad. Ook met Bybel verhale waaruit ons vir hulle voorgelees het. Hulle het ook plate gehad met stories op. Maar het eerder gesit en luister na die woord uit ons monde. Hetsy uit die boek of uit die duim gesuig. Ek hoor nog Ousus se stem vra “En toe?” en “Hoekom?” Kyk ek moes omtrent bontstaan om die hoekom straat af te kon maak. Maar ons het deur gekom. Of ek kon dit tot haar bevrediging antwoord.
Ek wonder hoe die stories gaan lyk wat die huidig geslag aan hulle kinders gaan oordra. Of hulle ooit hulle verbeelding vrye teuels sal kan gee.
Deesdae is Bugs Bunnie en sluwe ou Jakkals se name glo Jacob en Julius.
Entry filed under: Huiswerk, Uncategorized.
7 Kommentaar Add your own
Laat 'n boodskap
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed
1.
scrapydo2.wordpress.com | November 6, 2015 om 9:34 vm
Ha ha ek hou van Jacob en Julius ek hoop hul draai mekaar se nekke om!
2.
Olga | November 7, 2015 om 3:34 nm
Laat die hoop nie beskaam nie. 😉
3.
scrapydo2.wordpress.com | November 7, 2015 om 11:56 nm
Hou duime vas vir n vinnige einde! Voordat alles rerig te laat is.
4.
Olga | November 8, 2015 om 11:02 nm
Hopelik sal die opvolgers nie dieselfde strooi beoefen nie.
5.
Kameel | November 6, 2015 om 12:12 nm
Ook nou geglimlag vir jou Jacob en Julius. Geseënde naweek vir jou Olga 🙂
6.
Olga | November 7, 2015 om 3:35 nm
Hulle verdien seker al teen die tyd name. Geseende naweek, Sally. Bly veilig.
7.
Toeka-Tokkel no 47 : Blomtyd | I scrap 2 | November 13, 2015 om 4:57 vm
[…] https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/11/06/toekatokkel-46-kinderstories/ […]