Toeka tokkel 45 toneelspelers

Oktober 30, 2015 at 9:36 vm 16 Kommentaar

Scrapy se uitdaging vandeesweek is oor toneelspelers. Hulle kom regtig in alle vorms en uit alle lewensvlakke. So is daar die dame. Het twee ma se groot gehoortoestelle. Julle weet die soort wat binne en buite die oor is. Die meer modernes word mos nie maklik raak gesien nie. Haar lewensmaat kla gereeld daaroor want sy sê dit help veel die vrou het die goed, maar sy gebruik hulle nie.

In Januarie was daar ‘n kennisgewing by die kliniek opgeplak wat gratis oogtoetse by ‘n hospitaal in ‘n swart gebied aangekondig het. Heelwat blankes het daarvoor opgedaag. Nadat hulle die dag by die oog kliniek was, kom hulle hier aan. Toe vertel sy dat haar lewensmaat se oë 65/35 toets, die man wie saam met hulle gery het, se oë toets 85/85 maar hare toets net 18/18. Kyk, jy sien haar nooit sonder haar bril nie. Want volgens haar kan sy dan nie eers haar hand uitgestrek sien nie. Ek het maaf gekyk en niks gesê nie. As daar van siektes gepraat word, is sy die siekste. Sy is die doofste soos die gehoorapparaat wat in haar kas lê getuig. Toe het sy sowat twee jaar gelede uitgevind dat sy ook heupdisplasie het.

Binne maande kon sy nie eers skottelgoed was sonder om tussen twee krukke te hang nie. Haar een heup was volgens haar so sleg dat dit absoluut been op been was. Sy het so erg gehinkepink dat sy alleen die dubbelbaanstaat vol geloop het. Toe betaal haar lewensmaat, dieselfde een wie na ‘n staats kliniek gaan vir haar kroniese medisyne en brille, vir ‘n heup vervanging. Toe hulle xstrale van die ander heup geneem het vir kontrole, toe kom hulle agter dat die ander heup ook ‘n geringe mate van displasie het. Dadelik het sy mank geloop. Genade ons. Weer was ‘n dubbelbaan straat nie breedgenoeg vir haar tred nie.

Staan ek en die lewensmaat die dag op die terras by ”n kwekery en kyk hoe sy onder om die kar sukkel om iets uit die kattebak te sit. Toe tref dit my, die mankstap is soos my BB na die ongeluk destyds. Toe die ortopeet ons vertel het dat sy linker been na die besering geheel het, maar as gevolg van die veelvuldige breke aan sy bekken altyd vier centimeters korter as sy regterbeen sal wees. Hulle moes glo van die beenskerwe verwyder. In elk geval die lewensmaat merk toe op dat sy net my BB loop so mens kan sien dat haar heup vreeslik seer moet wees. toe het ek haar vertel dat my BB se waggelstappie is omdat een been korter as die ander is. Maar hare is ewe lank, hoekom loop sy soos hy?

Lank storie kort hulle kon deur nepotisme ‘n heup vervanging by ‘n staatshospitaal bewimpel. Ek wag nou dat sy weer begin waggel want nou het sy nog een knie wat nog nie ‘n vervanging gehad het nie. Die ander dag kla die lewensmaat dat sy nie eet nie. Sy spog toe en wys hoeveel het haar broek te groot geword. Sy kan doen met nog ‘n paar kilos af. Verbeel julle my misnoeë toe hulle my Vrydag van die kliniek af gebel. Ewe bekommerd vertel dat die suster die mens wil laat opneem want sy is so naar en duiselig dat sy nie kan loop nie. Kyk toe vertel ek haar dat honger geneig is om so te maak. Bloedverlies as gevolg van die operasie se moer man. Wil die vrou wragtig weet “What put you in such a foul mood?” Elo? Ek het haar gou vertel dat ek in gn foul mood was nie, maar net eenvoudig “Low tolerance for bullshit!” het.

Dat een mens na sulke uiterstes kan gaan op die groot hoed by die pityparty te dra is al walglik genoeg. Maar dat die lewensmaat dit “glo?’

Fuck me nicely and and call me Georgia.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Tjk, die ……….. Toekatokkel 46, kinderstories.

16 Kommentaar Add your own

  • 1. Spokie sny spoor  |  Oktober 30, 2015 om 10:42 vm

    Oepsie? Jy bietjie vies vir hulle?

    Maar ja, ek stem, sommige mense is werklik goeie toneelspelers. My ma was nogals ook goed met dit teenoor my pa. Sy sou skielik siek word as hy die kamer instap. Miskien is hulle net opsoek na liefde? (sug) Nou verstaan ek, maar as kind het dit my geirriteer …

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Oktober 30, 2015 om 10:30 nm

      Ek is nie eers amper die vieste in vir hulle nie. Nie gatvol vir die ou snot en trane twak. Bel my ewe vanaand en vra of dit veilig is vir hulle om te kom kuier. toe sE ek verseker, solank hulle perdfris en gesond is.

      Antwoord
  • 3. Klip  |  Oktober 30, 2015 om 11:21 vm

    Die ou tannie is behoorlik lippe op die klippe

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Oktober 30, 2015 om 10:32 nm

      Wee jy Klip ek het nou amper gesE wat sy volgens my nodig het. Gelukkig betyds daaraan gedink dat my Ghusi soms hier lees. Blykbaar my noolste Nolie ook. Ek wil hulle nie skok nie.

      Antwoord
  • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  Oktober 30, 2015 om 10:06 nm

    Ooo toggie, toggie. Sy is ook nie die eenigste een wat op die manier werk nie. Dis net erg dat die wat rerig die dinge nodig het dit nie kan kry nie. Hier is bv net in die noordelike deel n hospitaal wat bestraling doen. As jy nie daar kan kom nie kan jy nie dit kry nie. Dis vir my ook erg!

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Oktober 30, 2015 om 10:33 nm

      Ek hoop sy onthou elke dag sy het ‘n heup en operasie gesteel van iemand wie werklik in pyn was.

      Antwoord
      • 7. scrapydo2.wordpress.com  |  November 1, 2015 om 10:20 vm

        Ek glo nie sy sal so daaraan dink nie. Ek hoop sy het al haar dae met die nuwe inplantings!

      • 8. Olga  |  November 1, 2015 om 11:24 nm

        Jy sal nie glo nie Scraps, hulle het vandag hier kom inloer om te hoor hoekom ek so “skaars” is. Sy het sowaar as bob alweer kruppel geloop. Haar knie is dan so seer. Niggietjie in die stad het seker weer die dr bearbei.

  • 9. Klip  |  November 1, 2015 om 11:50 vm

    Grab a GRANDPA

    Antwoord
  • 11. Xena Phoenix  |  November 2, 2015 om 8:35 vm

    Ek het al lankal gesê: Drama is verslawing. Bied aan om haar uit te sit. Duidelik ly sy mos.

    Antwoord
    • 12. Olga  |  November 5, 2015 om 9:15 nm

      Sal ek ‘n tazer gebruik of ‘n hamer?

      Antwoord
  • 14. Toortsie  |  November 5, 2015 om 8:14 vm

    Die lewensmaat moet dit maar glo, anders het hy weer ANDER moeilikheid!

    Antwoord
    • 15. Olga  |  November 5, 2015 om 9:18 nm

      ook weer waar ne. Goeie genade, kan mense nie net bly wees hulle het wakker geword nie? Nog ‘n dag om te jubel en bly te wees. Die voEltjies te swets want hulle het vroeg al geraas? Die honde se manewales te geniet? Ag, nee wat, as ek met stywe gewrigte opstaan, dan weet ek, ek moet maar eerder die oorbly wyn vries. 😉

      Antwoord
      • 16. Toortsie  |  November 5, 2015 om 9:23 nm

        Ek dog dan moet jy dit maar eerder wegsluk, dit olie die gewrigte!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: