Treurigheid

Oktober 14, 2015 at 12:43 vm 8 Kommentaar

Wat ‘n teleurstelling! Ons kuier in die stad. Graag neem ek die geleentheid aan om my stokperdjie te beoefen. Nee, nie brei of aangesien dit warm is, hekel nie.

Ek soek! Katoen bloese en gemaklike skoene. Waarvan die hak hoEr as die voorste gedeelte moet wees. Soos nog altyd vandat ek kan onthou, staan ek verslae. Die enigse deel van my lyf wat nog maer is, is my voete. Die winkelrakke kreun onder die no 8’s en ek is verheug. Dis nou totdat ek reik om ‘n paar te neem om aan te pas. Dan kom ek gewoonlik agter daar is geen manier dat ek my lang maer voet daarin gaan kry nie. Die goed is so smal ek wonder vir wie dit gemaak is. Good ole bbbee. Of is dit Chinese stront? Dan weer, dis die bbbee wat die winkel rakke vul met die Chinese stront.

Soek toe maar verder. Glo my, nie eers by Woolies of Truworths is daar katoen bloese nie. Mengsels, ja. Maar ek wil nie katoenmengsel bloese he nie. Toe stel my Tumi voor ons gaan “vlooimark met lugversorging” toe. Dis nou die Chinese Mall iewers in Centurion. Daar gekom, is die plek absoluut gepak. Met witmense. Die swartes is seker te grend om daar te koop, maar dit pas my uitstekend. My toleransievlakke is maar laag deesdae.

Ewentwel, van die een winkel na ‘n ander. Ek sal nie maklik daar koop nie, om voor die handliggende redes. Sommige van die goed is ook mooi, maar nou ja. Olga is mos Olga. My Tumi kom toe op selfoon herstel winkel af. Sy koes gou daar in om ‘n kwitasie te kry. Sy het so ‘n ruk gelede haar selfoon laat val en die skerm het soos ‘n blerrie hoender geveer. Vodacom het haar tussen R2 000 en R2 500 gekwiteer. Hulle kon nie met sekerheid sE nie. (Ek dink eerder hulle is Pakistani’s) vir ‘n kwitasie. Kan julle glo? Net R450.

Ons is toe daar weg sonder skoene of katoenbloese maar met haar foon weer ‘n plesier om te gebruik sonder die vere op die skerm. Gister van boetiek na boetiek geloop. Ai, mensig. Alles dieselfde [puntehangende laag op laag klere soos by die Vlooimark met aircon. Die dametjie agter die toonbank begin toe heel vriendelik te gesels. Ek noem toe dat ek katoenbloese soek. Sy het geantwoord dis skaarser as hoendertande vanjaar, pleks van probeer ek die mengsel soort. Olga! Olga! “Jong” seg die uwe toe, “Laat dit ‘n groot dame nie sommer net pleinweg vet lyk nie?” Waarop sy my verseker “Nee wat, kyk en oordeel self.” Soos sy daar om die toonbank gestap kom, seg sy, “Mens moet net die klere gewoond raak. Daar kom sy agter die hoE toonbank uit. Berge val op my! Daar verdwerg die vrou vir Olga in alles behalwe lengte. Gelukkig het sy nie uitgekom om op my te kom sit nie.

Ja, julle is reg. Ek het ook nie daar gekoop nie. Net gewoond raak se voet. Ek wou dit nie eers by die vlooimark aanpas om Tumi te vermaak nie.

Gedagte van die dag: Masjiene is geolie maar o wee! Goeie katoenmateriaal is net ‘n herinnering.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Ekskuus, ekskuus Lank sal hulle lewe

8 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  Oktober 14, 2015 om 4:10 vm

    Vandat ALLES in china gemaak word is alles opgefoeter. Katoen of linne is tog maar die beste en natuurlike vesel.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Oktober 15, 2015 om 12:15 vm

      Ek moet seker nie kla nie. Eersdag kry ons klere wat van papier gemaak is. Op die manier sal daar nog meer palms geolie word.

      Antwoord
  • 4. marie antonet  |  Oktober 14, 2015 om 7:43 vm

    Ongelukkig se jy nie watter stad nie. In die kaap het oz baie winkels wat goeie lap verkoop. Linne en katoen en al die mengsels tussenin.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Oktober 15, 2015 om 12:16 vm

      Kon lekker gewees het om Kaapstad te gaan net vir inkopies.

      Antwoord
  • 6. Spokie sny spoor  |  Oktober 14, 2015 om 11:57 vm

    Hiehie – vir jou lae toleransievlakke. Ja, ‘n aaklige bloesie kan mens baie vet laat lyk. Katoen is ideal vir ons somer. Hoop jy kom reg (terwille van die toleransie!)

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Oktober 15, 2015 om 12:13 vm

      Ek wil ook al so Wille tjind van melewe begin met….
      Testing 1 2 4…..
      Jy is so reg en nog aakliger laat ruik. Daarmee het ek ook geen toleransie nie. 😉

      Antwoord
  • 8. Kameel  |  Oktober 27, 2015 om 3:43 nm

    Klerekoop, skoene ingesluit is ‘n nagmerrie PUNT
    Miskien moet Olga maar haar eie bloesie maak?

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: