Hier kom ‘n ding.

September 28, 2015 at 10:53 nm 15 Kommentaar

Yeah

Die afgelope (lang ) naweek was die meeste van my kinders tuis. My noolste Nolie het so effens aangejaag en ek was die vieste in vir hom. Ari gedori! Wat sal die mense van my, sy ma dink as hy loop en aanjaag? In die tuisdorp van alle plekke! Nee wat, dit sal mos nie deug nie.

Sommer so met die groetslag het die sweepslag van Mamma Olga se stem al oor sy kop geklap. Hy weet mos, hy sal nie skotvry wegkom nie. toe ons binne kom het hy met sy foon begin karring terwyl ek nog al die tyd skrobeer. Toe gaan sit hy en sE “Moek, kom kyk eers hier, dan kan jy verder skel.” Ons drom toe almal om hom saam om op die skerm te kyk terwyl ek nog eenstryk deur skel. “Dedum dedum dedum” klink dit op. ” Nolie, wats dit?” Vra die uwe ongelowig. Jou kleinkind se hartklop en nou hoor hy heel eerste hoe sy ouma kan skel.” se hy.

Gedagte van die dag: Yeah!!!!!!

Nina, Gusi, Pokkedil, Jessey en Lebone, Oumie lief julle nog tonne en tonne.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Toeka tokkel baie en ‘n bietjie…. Paaie na verraad. Ekskuus, ekskuus

15 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  September 28, 2015 om 11:00 nm

    om ouma te wees is lekker!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  September 29, 2015 om 9:59 nm

      Ek het so agter gekom. Ek dink ek het al vertel hoe ek courtesy Oumie geword het?

      Antwoord
      • 3. seegogga  |  September 29, 2015 om 10:16 nm

        ek verbeel my so iets

  • 4. Spokie sny spoor  |  September 29, 2015 om 6:58 vm

    Oehoe! Geluk Olga-kie. Ek en jy gaan so saam-saam die kleingoed geniet en grootmaak. Wat ‘n wonderwerkie, maak nie saak hoe hy/sy in die lewe ingekom het nie.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  September 29, 2015 om 10:00 nm

      😉 Gelukkig is daar net twee maniere.

      Antwoord
  • 6. Xena Phoenix  |  September 29, 2015 om 8:36 vm

    Sjoe! Baie geluk! Jou Nolie is mos al jare lank getroud. Dit is hoog tyd ook.

    Antwoord
  • 7. Olga  |  September 29, 2015 om 9:54 nm

    Dalk het ht iemand gekry om vir hom die handdoek te kom waai.

    Antwoord
  • 8. scrapydo2.wordpress.com  |  Oktober 1, 2015 om 12:49 vm

    Oepse daisy ouma jy sal jou woorde moet begin tel. Baie geluk jong hoop alles loop goed af.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Oktober 1, 2015 om 11:37 vm

      Vir eers sal Liefie darem nie kan lees nie.

      Antwoord
  • 10. Klip  |  Oktober 1, 2015 om 2:30 nm

    Baie geluk ouma. Hoop alles loop goed af , en dan daai bederfery(sp)……………

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Oktober 5, 2015 om 8:51 vm

      Dankie. Die bederwery word mos weerwraak genoem. Daarom kan mens dit regverdig ne.

      Antwoord
      • 12. Klip  |  Oktober 5, 2015 om 10:07 vm

        Beslis,

  • 13. Klip  |  Oktober 5, 2015 om 10:09 vm

    A single glass at night could mean a peaceful, uninterrupted night’s sleep.

    NEW Wine for Seniors , I kid you not…..

    Clare Valley vintners in South Australia, Which primarily produce
    Pinot Blanc, Pinot Noir, and Pinot Grigio wines,
    Have developed a new hybrid grape ,that acts as an anti-diuretic.
    It is expected to reduce the number of trips older people have to make to the bathroom during the night.

    The new wine will be marketed as

    PINO MORE

    I HEARD IT THROUGH THE GRAPEVINE!!

    Antwoord
  • 14. Kameel  |  Oktober 5, 2015 om 4:29 nm

    Geluk Olga….. jy sal hierdie eerste hartklop nie maklik vergeet nie 🙂

    Antwoord
    • 15. Olga  |  Oktober 7, 2015 om 12:28 nm

      Beslis nie en elke keer wonder of liefie my gehoor het.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: