Toeka tokkel baie en ‘n bietjie…. Paaie na verraad.

September 26, 2015 at 10:55 nm 13 Kommentaar

Scrapy praat die week oor paaie.  So wat sal ek sê oor paaie?  Ek kan vertel van ons paaie wat so vol gate is, maar dan, almal weet Graskop soos die meeste van Mpumalanga het meer slaggate as paaie.  Ek het voor my hek al met sement opgevul toe amper myself te lyf gegaan. Hoe meer die inwoners self doen, des te minder sal die mislikepaliteit doen.

 

Sal el die geleentheid aangryp om te sê dat ons paaie doodstrik is?  Dit was ook al gesê.  In 2009 het Ousus my en Tumi vertel “Ons gaan einde September Kaap toe.” Ek het gevra “Hoeveel ons in jou pond?” Waarop sy geantwoord het, “Ek , jy en Tumi.  So spaar maar julle geld, ons het ses maande.”  toe ek gevra het hoe ons gaan, het sy net gesê Äg ek sal daaroor dink.”

 

Na die ses maande is ek toe oppad Pretoria toe.  Ons het my kar by Ousus se werk gaan bêre en toe maar die ure afgewag.  Ons ry mos vyf uur die volgende oggend.  Toe die tyd aanbreek, val ons in die pad, maar iets is nie mooi haaks nie.  “Waarheen is ons oppad?” vra ek later.  Waant pleks dat die bordjies sê Krugersdorp om ons op die N1 te kry, sien ek al bordjies wat sê ” domestic departure.” Genugtig dink ek met ‘n stok in my hol, die kind sal dit mos nie aan my doen nie.  sy weet mos hoe bang ek is vir ‘n gevlieëery.

 

Wragtig nes ek gevrees het, het hulle my in die rug gesteek.  Ek was verplig om op daardie verdomde vliegtuig te klim.  Vyf uur in die môre was daar nerens eers ‘n plek oop waar ek ‘n bietjie leeuemoed kon gaan laybuy het nie.  Sewe uur moes ons aanboord.  So nugter soos drie nonne.  Waar daardie groene Kulula monster eers baie bedees die aanloopbaan uitgekruie het om te loer of daar spietkoppe is.  Toe kom dit terug gespoed, omdat daar nie daardie tyd van die môre spietkoppe op die aanloopbaan was nie.  Daar was nie eers ‘n ander vliegtuig waarmee dit gedaais het nie.

 

Maar na baie benoude oomblikke, waar ek nie geweet het of ek moet skree, vloek of die twee knoeiers by die venster moes uitsmyt nie, het ons op Kaapstad se lughawe geland en ek soos ‘n slaapwandelaar die vet bus bestyg wat ons na die lughawe gebou geneem het waar ons moes wag om ons bagasie te vang

 

Wys net, die makste hond byt die seerste.

Entry filed under: Uncategorized.

Toeka tokkel 38 skottelgoed was. Hier kom ‘n ding.

13 Kommentaar Add your own

  • 1. Laviga Heks  |  September 27, 2015 om 7:13 vm

    Eeeeeeeerrrrrrrrrrrsssssssssdttttttttttttteeeeeee

    Antwoord
  • 2. Laviga Heks  |  September 27, 2015 om 7:16 vm

    Ekke hou van die Kaapplek! Veral waar n mens baie rooi koeldranke kan proe. Die tannie daar het gesê ek is die mooiste heks wat sy al ooit gesien het. Toe gee sy my sommer n bottel hawedop.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  September 27, 2015 om 8:55 nm

      Wasc dit die tannie wie eers gedink het jy is haar lang verlore tweeling suster totdat sy die foto gesien het en besef het jy is baie mooier as sy?

      Antwoord
  • 4. scrapydo2.wordpress.com  |  September 27, 2015 om 8:39 vm

    Gwnade wat n skok moes dit nie vir jou gewees het nie. Hoe was die kuier self gewees?

    Antwoord
    • 5. Olga  |  September 27, 2015 om 8:54 nm

      Baie lekker, dankie. Na aanleiding daarvan is daar ‘n post iewers. Ek sal bietjie dink en jou sE.

      Antwoord
  • 7. Xena Phoenix  |  September 28, 2015 om 5:00 nm

    LOL!!!!!!

    Hoe het hulle jou terug op ‘n vliegtuig gekry? Of het julle met ‘n gehuurde kar terug gery?

    Antwoord
    • 8. Olga  |  September 28, 2015 om 5:11 nm

      Hulle het my eers na ‘n wynplaas geneem waar ek leeuemoed kon laybuy. Toe nog omgekoop om nie ‘n woord te se op die vlug huiswaarts nie.

      Antwoord
  • 9. Spokie sny spoor  |  September 29, 2015 om 11:14 vm

    Mensig! … vreeslik.

    Antwoord
  • 11. Kameel  |  Oktober 5, 2015 om 4:33 nm

    Hulle moes jou uitgeslaan het soos hulle met Mr T gedoen het 😆

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Oktober 9, 2015 om 11:19 vm

      Wat sou dan van hulle geword het wanneer ek daar bykom???

      Antwoord
      • 13. Kameel  |  Oktober 9, 2015 om 12:45 nm

        O liewe, hoe lekker laat jy my nou lag!!!!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: