Toeka tokkel 38 skottelgoed was.

September 17, 2015 at 8:30 vm 18 Kommentaar

Scrapy gesels die week oor skottelgoed.
Skottelgoed was,
Nare ding
Om dit te doen…. Nee wragtig Olga, jou kop raas. Dis…
Kasterolie, nare goed
Om dit te drink
Eis baie moed.

Wie hou tog van skottelgoed was? Ek gee toe, nie ek nie. Tog is daar iemand wie dit lief. Ek het iewers gelees die oupa met die growwe stem, Rod Stewart is dol oor skottelgoed was.

skottelgoedwasser

Hoe dit ookal sy, ek het nie ‘n skottelgoed wasser nie. Nie eers ene wat met pap werk nie. Dus moet ek maar self was. Nou nie dat dit suur druiwe is nie, maar ek wil ook nie ‘n skottelgoed wasser van enige soort he nie. Dubbelstandaardig hoor. Maar dis ook weer ‘n ander storie. My skoonsuster het eenkeer toe ons gekuier het gevra of ek nie jaloers op haar Jennie was nie. toe kon ek met alle eerlikheid “Nee”gesê het. Haar glase wat sy skoongewas uit die kontrepsie gehaal het en in die lug gehou het, was dof. Ek het dit in tipiese Olga wyse gesê ook.

Natuurlik het sy dit ontken. Ek was eenkeer per dag skottelgoed. Elo? Ek woon alleen, meestal, hoeveel skottelgoed kan ek dus hê? Jy sal jou verbaas! Ek wil so graag die rakker wie so in my huis kom mors en vir my die wasbak vol maak in die hande kry.

Ewentwel, ek het die vriendin wie so netjies is, sy is ‘n regte egte kramp in die gat. Julle sal nie glo nie, sy en haar huismaat het een more hier aangekom. Daar was net mooi een beker wat ek uitgehaal het en gewas het terwyl ek gewag het vir die water om te kook in, met twee teelepels, een papbakkie en een eetlepel. Toe se die mens vir my “Sies, was jou skottelgoed.” Tipies Olga, het ek haar gese “As my vuil skottelgoed jou pla, was dit.” Wat sy toe ook gedoen het. Albei wasbakke boeppens vol getap vir vier goedjies. Toegegee, nadat ons koffie gedrink het, het sy die drie bekers en lepels ook gewas. Toe los sy njannies waar die twee wasbakke net so vol water en se dis nog skoon ek kan dit die aand weer gebruik.

Huh? Skottelgoed was in kouewater? Maar nou ja. Die skottelgoed wat ek koop is mos maar van die “Drip dry” soort. Saans na die nuus op SABC2 was ek gou skottelgoed, sonder handskoene. Dan versorg ek die honde en vee uit. Teen daardie ttyd is die skottelgoed droog en pak ek die goedjies weg.

Op een van skoonsus se min kuiertjies by ons, het ek ‘n skitterblink glas uit die kas gehaal na die lig opgehou en gevra “Is jy nie jaloers op my blink glas nie?” Die ironie het haar natuurlik nie getref nie. Sy het net weer vertel van Jennie.

Gedagte van die dag: skottelgoed is soos die anc, geen einde nie.

Happy birthday to you
You belong in the zoo
You look like a monkey
And you act like one too.
Many happy returns Mr Monkey.

Entry filed under: Huiswerk.

Toe word Olga ook ‘n boelie. Toeka tokkel baie en ‘n bietjie…. Paaie na verraad.

18 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  September 17, 2015 om 8:32 vm

    Eerste!!!!

    Nou weet ek ook hoe Rod Stewart altyd ‘n jong bokkie kan vang.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  September 17, 2015 om 8:57 nm

      So jammer ek is nie meer n jong bokkie nie. Vir die skoon skottelgoed, nie vir ou Rasperstem nie. Ewww!

      Antwoord
  • 3. scrapydo2.wordpress.com  |  September 17, 2015 om 8:54 vm

    Ha ha, stem saam met Xena, nou weet ek ook. Ja wat, ek is ook alleen. Terwyl my teewater kook vee ek uit. Maak tee en was skottelgoed. Sit dit in droograk reg vir volgende gebruik. (Ek gaan gou jou skottelgoed byvoeg! Dankie daarvoor hoor!)

    Antwoord
    • 4. Olga  |  September 17, 2015 om 9:01 nm

      die lekkerte van droogdrip skottelgoed.

      Antwoord
      • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  September 17, 2015 om 10:24 nm

        Die skottelgoedseep het ook n bydrae om dit lekker mooi blink te laat.

  • 7. Spokie sny spoor  |  September 17, 2015 om 2:38 nm

    Oepsie, ek hoop nie Rod Stewart se skottelgoed lyk so deurmekaar soos sy haarstyl nie, of is ek nou uit die mode …
    Die anc geen einde nie? … mmm

    Antwoord
    • 8. Olga  |  September 17, 2015 om 9:07 nm

      Hopelik nie. 😉

      Antwoord
  • 9. Stories Uit My Wereld  |  September 17, 2015 om 7:56 nm

    Nou ja… voel ek so bleddie skiuldig oor die skottelgoedwasser wat so rustig hier op die agtergrond dreun.

    Antwoord
    • 10. Olga  |  September 17, 2015 om 9:05 nm

      Nee wat, was jou hande in die badkamer : 😛 en geniet die gedreun.

      Antwoord
  • 11. Klip  |  September 17, 2015 om 11:03 nm

    Nou wonner ek of daai antie wat so oor die skottelgoed is dieselfde voel oor haar noemfie. Die word ook seker heel blink gehou. ( Bo blink en onder stink)

    Die anner vrou is so netjies as haar man in die nag opstaan om te gaan pee en hy kom terug is sy bed weer opgemaak.

    Ek het mos soos n trens grootgeword ( weet nou nog nie wat dit rerig beteken nie maar dit moet seker iets met slordigheid te doen he.) Soos my pa sou se

    Antwoord
  • 12. Klip  |  September 17, 2015 om 11:06 nm

    As oom Rod aangestap kom kry die jong bokkies ook n ereksie, hy sing hulle skoon in n draai in ……….

    Antwoord
    • 13. Olga  |  September 18, 2015 om 10:17 vm

      😆

      Antwoord
  • 14. Kameel  |  September 18, 2015 om 6:04 nm

    Ek sal maar nie vir jou sê “was jou skottelgoed,” nie….. dan kry ek die job 🙂

    Antwoord
    • 15. Olga  |  September 20, 2015 om 11:02 nm

      Ek wens sy (of iemand anders) wil my strykgoed kritiseer.

      Antwoord
      • 16. Kameel  |  September 22, 2015 om 12:52 nm

        Hoe sê shadow…. nou die dag. Stryk is die duiwel 🙂

  • 17. Toortsie  |  September 18, 2015 om 10:18 nm

    Ja, deesdae se masniene maak die glase dof, later ondeurskynend. Dis so jammer.
    My ou ou ou masjien van destyds het dit nie gedoen nie, maar nou ja, daai masjien… is lankal op die ashoop!

    Antwoord
    • 18. Olga  |  September 20, 2015 om 11:04 nm

      So sad as die goed waarvoor klomp geld betaal was, nie wil hou nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter