oudhede

September 4, 2015 at 10:57 vm 17 Kommentaar

Ek is bang vir die oudhede ding. Scrapy se uitdaging van deesweek gaan oor oudhede en sy wys foto’s van pragtige goed op haar blog.

oudhede

In my ouerhuis was daar ‘n ou teepot van elke ouma. Mooi goed, in die kas tussen die ander goed uitgestal. Dan natuurlik die groot rooi leerbeslane bybel wat my broer steeds het. Of in elk geval, ek dink dit was rooi. Maroen. So iets.

Homer hulle was grootgemaak met goedjies wat uitgestal en was en veronderstel was om gelyk op tussen hom en die oudste van sy drie susters verdeel moes word. Sy ma het altyd uitgewys wat syne en wat sy suster sn sou word. Ek het gevra hoekom dit nie gelykop tussen al haar kinders verdeel kon word nie, daar was genoeg vir almal. Sy het eenvoudig gesê sy het haar pa se name en die oudste dogter het haar ma se name daarom is dit net hulle goed. Skuus, erfgoed. Dit is vir my ‘n f-u gebruik. As jy sewe kinders het, kan al sewe tog nie oupa en ouma se name hê om te kan erf nie. Be that as it may…

So het al die stukke een vir een verdwyn. Ek het eendag vir skoonma gevra waar die ou snuifdosie was toe ek agtergekom het dis nie waar dit moes wees nie. Toe het sy gesê sy het dit op ‘n veilige plek gebêre. Kon my nie pla nie. Ek het eendag opgemerk dat sy ‘n groot geheime kamer moet hê want amper al die “Ouma en Oupa” goed blyk nou in die veilige plek te wees. Sy het gesê dan is dit uit die pad. Eendag het sy my hewig ontsteld gebel. Ek moet keer. Skoonsus is besig om die goed te verkoop en as skoonma dit geweet het, het sy dit nooit onder haar oë uit laat gaan nie.

Dit het toe aan die lig gekom dat skoonsus die goed een stuk na ‘n ander, in “veilige bewaring” geneem het. Sien Homer het toe mos die dodelike sonde begaan om met ‘n vrou wie “anders” is te loop trou. Die vrou was ten eerste ‘n Kolonialer. I kid u not. Dit was wat hulle die Olga genoem het. Toe was die Kolonialer nog meer Engels as Afrikaans en die grootste oortreding nog, ‘n Katoliek. Wie trou dan met ‘n Katoliek? Ewentwel, toe die kinders kom, het die Engelse, Katolieke Kolonialer nog die vermetelheid gehad om nie een van haar kinders met die familie name op te saal nie. Daarom het skoonma dit gerade geag om die ou erfgoedjies eerder vir skoonsus, wie se jongste dogter skoonma se eie name, verskuil onder ‘n derde naam wat op geen van haar wettige dokumente voorkom nie, te gee vir veilige bewaring.

Intussen het skoonsus soos sy die goed uit skoonma se sorg ontvang het dit verkwansel aan die eerste die beste persoon wie dit wou koop. Ongeluk van die saak is, nes met die meeste (indien nie alle oudhede nie) is die stukke nie juis veel werd tensy dit aan ‘n versamelaar verkoop word nie. Maar nou ja, eersug in ‘n naam, het dus veroorsaak dat skoonma al haar familie kosbaarhede een na die ander verloor het. As sy haar nie blind gestaar het teen ‘n veretterlike naam nie, maar die goed na Homer of haar ander kinders laat gaan het, het dit vir haar nageslag bewaar gebly. Nie een van my susters of my broer se kinders het familie name nie, maar die ou bybel en die teepotte, is steeds veilig by een of ander van my sibbe.

Gedagte van die dag: Whats in a name? A sewing machine by any other name will still earn you a penny. Of jy daarmee woeker of dit smous.

Ns. Nou dat ek naaimasjien gesien het in my gedagte, skoonma se trots was dan ook ‘n Singer naaimasjien. Sy het graag vir haar kinders die masjien oopgemaak om mee te werk. Dan het sy dit nog bedraad ook. Maar die pedaal moes dan vorentoe en agtertoe getrap word om te kon werk. Nie een van haar dogters of ander skoondogters kon die masjie gewerk kry nie. Toe sy dit die dag vir Olga se val uitgehaal het, het Olga die gedoente bekyk en toe self bedraad. Sy kon haar ore nie glo toe dit reg was nie. Na ‘n paar pogings om die vorentoe trap/agtertoe trap ding te bemeester, het Olga die masjien laat sing.

Entry filed under: Huiswerk.

Net toe ek wou bly word. Toe word Olga ook ‘n boelie.

17 Kommentaar Add your own

  • 1. ekmyselff  |  September 4, 2015 om 11:48 vm

    Olga klink vir my heel uniek!

    Antwoord
  • 2. scrapydo2.wordpress.com  |  September 5, 2015 om 9:26 vm

    Dis nou so waar soos parra manel dra – hierdie uitdeel aan begunsdigde kinders omdat …….. So jammer dat erfgoedjies in die verkeerde hande kom. Ek het self ook so n storie gehad met n lamp wat my pa inmekaar gesit het met goed wat ek nog gabruik het. Oudste suster dra dit weg, gee dit vir haar dogter en volgende is dat die lamp nie meer bestaan nie. Heel ontstellend want dit was vir my waardevol en het vir hulle niks beteken omdat hul nie geweet het waaroor dit gaan nie

    Antwoord
  • 3. Daniël Bezuidenhout  |  September 5, 2015 om 12:07 nm

    Ou mense se naam beheptheid het hulle self al laat toespin in spinnedrade. Wat is daai sêding van die kleintjie met die badwater uitgooi? Self het ons ‘n gunsteling jonger boetie. My oudate broer en ek dra ons dood aan familiename maar goudgat het geen familirname maar dit keer mya nie om daai kant in te stop nie. Al die instop het nie die kind in SA laat bly nie. Hys voort ‘down under’ voordat SA blykbaar onder gaan. Ma se ou skatte en al. Nou moet skoonsus van dit ‘ontslae’ raak want dit pas nie in die decor van die nuwe tuiste nie! Niemand sprag ‘n woord nie. Is RSA wou almal hulle ‘roots’ wys en in Auz wil almal minder SA-lyk.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  September 5, 2015 om 7:25 nm

      Tot so n mate dat hulle Afr in hulle huise nie toelaat nie. Dan word Martie mos Mowtie. Ag nee dankie. Sonder familie name en sonder familie kosbaarhede in ‘n hegte gesin doen dit 100% vir my.

      Antwoord
  • 5. Klip  |  September 6, 2015 om 7:26 vm

    Wat noem jy ´n skaap wat aan ´n boom vasgemaak is in Australië?
    ´n Playstation

    Antwoord
  • 6. Klip  |  September 6, 2015 om 7:27 vm

    Wat noem jy ´n Aussie met ´n skaap onder een arm en ´n bok onder die ander?
    Biseksueel

    Antwoord
  • 7. Klip  |  September 6, 2015 om 7:28 vm

    ‘n Australiër word ondervra op Johannesburg Internasionale Lughawe:
    “Naam asseblief”
    “Steve”
    “Seks?”
    “Sewe keer per week”
    “Nee, ek bedoel manlik of vroulik.”
    “Maak nie saak nie, selfs ‘n skaap nou en dan.

    Antwoord
  • 8. Xena Phoenix  |  September 7, 2015 om 4:21 nm

    Hoe gaan die gesegde nou weer? Erfgoed is swerfgoed?

    Antwoord
  • 10. Delia Rabie  |  September 7, 2015 om 6:34 nm

    Ek het ‘n boek oor hierdie gelees…. Ek dink dit was Laatvrugte? Elk geval, my gedagte is- mense is bang hulle word vergeet en probeer jou herinner deur hulle materiale vir jou te gee- ook hulle name. Nogals hartseer, dink ek, as jy bloot net onthou gaan word deur ‘n ding. Ek sou eerder vergeet wil wees as om in ‘n ou lap se rooi te wees.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  September 7, 2015 om 8:44 nm

      Daar is die oulap se rooi ook deurgebring, die kind met ouma se naam word op ‘n derde naam genoem. Nou hoe nou? My kinders onthou gelukkig hulle grootouers aan dinge wat hulle gedoen of gese het.

      Antwoord
  • 12. Kameel  |  September 8, 2015 om 2:23 nm

    Ek het ook so ‘n singermasjien, maar kan hom nie bedraad of laat sing nie 😦 Hy dien as my spieëlkas.

    Antwoord
    • 13. Olga  |  September 9, 2015 om 10:11 nm

      Kameel, skoonma het so skuldig gevoel nadat skoonsus die ou Singer verkoop het, sy het ‘n kas gaan koop, sonder die masjien, natuurlik en Homer gevra om my ou Katrynie daarin te monteer. Helaas, Ek was weer vol sterkte Olga maar die kas dien op die stadium as badkamer kas.

      Antwoord
  • 14. Spokie sny spoor  |  September 9, 2015 om 12:57 nm

    Jinne – my ma het net so ‘n naaimasjien gehad.

    Antwoord
    • 15. Olga  |  September 9, 2015 om 10:12 nm

      Kan jy met hm werk Spokie?

      Antwoord
      • 16. Spokie sny spoor  |  September 14, 2015 om 2:33 nm

        Wel – ek weet jy moet goeie kuitspiere hê om jou gallop op ‘n duidelike maatreël te handhaaf.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: