Toeka tokkel turdy sumtieng. Wasdag.

Augustus 21, 2015 at 9:16 vm 15 Kommentaar

Eers het ek gedag, nee, die laaste wasdag is nog so onlangs in my geheue, ek ruik nog die effe “Stasoft’ reuk van die strykslag. Maar nadat ek Scraps s’n gelees het, sal ek tog maar my stuiwer in die beurs werp.

wasmasjien.jpg2

Ek onthou ook ‘n sinkbad. ‘n Massiewe een, ek en my ouer en jonger suster het daarin gesit op warm dae. Dan het ons al te lekker afgekoel. Maar nou ja, die bad was meer dikwels gebruik om die wasgoed in te spoel. Die wasmajien hierbo het twee sulke lang “arms” gehad aan die voorkant waar dit aan en afgesit het as ek dit nou nie mis het nie. Wasdag, wat gewoonlik Maandag en Donderdag (ons was ‘n groot gesin) was, was die wasmasjien in die middel van die kombuis getrek en dan het dit korte mette gemaak met die grootste bondels wasgoed. Ek onthou as ons deur die kombuis gehardloop het, hoe een van die twee “arms” ons rokke vasgegryp het.

Die wasmajien het die klere so ‘n halwe draai die kant toe gedraai, dan ‘n halwe draai terug. Sjoe sjoe sjoe. Ek kan dit steeds hoor. Ewentwel, ons wou dan altyd hand bysit. Ek kan julle nie vertel hoeveel kere een van ons ons hande deur die roller aan die bokant laat steel het nie. Dit was baie seer en ons het kele opgesit soos julle nie sal glo nie. Dan moes ons wyse Moedertjie ons kom bevry deur die wasmajien eers af te sit, dan die skroef dingetjie bo los te draai, dan kon sy die boonste roller oplig en ons kon ons arms uittrek. Moenie glo sy het dit as genoeg straf gesien nie, ons het dan nog met warm boudjies gaan skuiling soek. Maar go my, Donderdag sou ons weer wou hand bysit. Die kledingstukke moes een vir een deur die rollers gevoer word. Ai , die goeie ou dae. Dis beslis makliker nou.

Ons wyse Moedertjie het tot aan die einde van haar dae geglo dat dames onderklere nie die binnekant van ‘n wasmasjies mag sien nie. Sy was allergies vir meeste soorte seep. Ook tot aan die einde van haar dae haar onderklere met Lux seep in die wasbak gewas. My ouer en jonger suster en ek het feitlik sonder uitsondering saam gebad in die groot wit emalje bedekte bad. Daar het ons kindertyd weer ons onderklere in die bad gewas en natuurlik het elkeen so lang as moontlik die ou dingetjie ingeseep tot groot irritasie van die sussies wie wag om die seep te gebruik. Dan was dit natuurlik ‘n kompetisie om te sien wie sn die skoonste was. Natuurlik die volgende oggend het ou Minnie sommer die ou goedjies weer gewas en buite op die draad gaan hang. Sy het later geleer om dit in te bring voordat ons van die skool af gekom het.

Vandag sal die drie van ons nie eers sonder water in die bad kom nie. Die blerrie baddens het tog so gekrimp.

Gedagte van die dag: Vergeet ek nou om te meld ek was nog steeds my onderklere in die bad en hang dit oor die wasgoedreling.

Entry filed under: Huiswerk.

Toekatokkel 34 Televisie programme. Hoender pap.

15 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Augustus 21, 2015 om 12:19 nm

    Ek onthou die lang vier draad wasgoedlyn in die agterplaas. Een bondel wasgoed het ‘n hele lengte draad beslaan en in die Noord Kaap somer kon jy die eerste draad se goed begin afhaal as jy draad 4 vol het. en die ou elektriese strykysters wat moet aan en afgeskakel word anders word hul heeltemal te warm

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Augustus 21, 2015 om 8:18 nm

      Ai, Okkie, hoe lekker sit en lag ek nou. Die spoeg op die vinger en dan op die stykyster se boom waa dit tjieee gesê het of die yster warm genoeg is om te gebruik. Weet jy, een van die eerste dinge wat ek gewoonlik voor vra as ons getrek het, is ‘n vierdraad wasgoedlyn. Ek gun AFKOM en die munisipaliteit nie die koste wat die droeër hulle sal besorg nie. Geniet die naweek.

      Antwoord
  • 3. HesterLeyNel  |  Augustus 22, 2015 om 7:02 vm

    Ek is self ‘n wasgoeddraad entoesias. My tuimeldroër is agt jaar oud en nog feitlik ongebruik. Ek het self grootgeword met die wasmasjien met die roller-arms om die ergste water uit te droog (die voorloper van vandag se spin dryer?). Lekker gelees

    Antwoord
  • 4. scrapydo2.wordpress.com  |  Augustus 22, 2015 om 10:56 vm

    Dit was nou lekker teruglewing. Ons het ook n wasmasjien met rollers gehad. Buite op plot kon dit nie gebruik word weens geen krag nie. My droër is ook net twekeer gebruik in 6 jaar wat ek hier is. Ek het twee drade onderdak. In winter hang dit binne by die “heat pump” lugreëling

    Antwoord
  • 5. Klip  |  Augustus 24, 2015 om 12:43 nm

    As ek daai was masjien so kyk , voel ek hoe knyp daai rollers my vingers.

    Antwoord
  • 6. Klip  |  Augustus 24, 2015 om 12:49 nm

    Die ou mense ……… relatief gesproke , het mos altyd die “onderklere” op die middelste twee drade gehang met al die ander was goed aan die buitenste drade , so dat die kinders dit nie moet sien nie. Ek het nooit kon dink dat vrouens sulke groot onderklere gedra het nie.
    Maar ek moet se die tegnologie het voorentoe gegaan, dit lyk of die vroumense daai riempies sommer so van die wasbak aan die bas dra .

    Antwoord
  • 7. Klip  |  Augustus 24, 2015 om 12:50 nm

    Nou weet ek ook hoekom oumense gesnuif het ………….. dit verduidelik daai snuif streep in die ouma se bloomer en in die oupa se long john

    Antwoord
  • 8. Klip  |  Augustus 24, 2015 om 12:52 nm

    En as daai streep twee keer deur daai roller gegaan het is daar geen javel wat hom weer daar uitkry nie

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Augustus 24, 2015 om 4:18 nm

      😆 Jy moenie die Jik ?Javel in die voorwas blousel in die laaste spoelwater vergeet nie. ek glo nie dari javel het ‘n kans gehad om te gaan vassit nie.

      Antwoord
  • 10. Klip  |  Augustus 24, 2015 om 5:52 nm

    Laat my nou dink aan blou fieterjoel (sp) wat ek 30 jaar terug in die polisie opleidings kollege gekry het , dit werk nou eers………

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Augustus 26, 2015 om 10:20 vm

      😉

      Antwoord
  • 12. Xena Phoenix  |  Augustus 25, 2015 om 5:53 nm

    As dit wasdag se voorland was, het ek nooit wasgoed gewas nie.

    Antwoord
  • 13. Olga  |  Augustus 26, 2015 om 10:20 vm

    Jy sou moes. Hulle sou nie vanself skoon gekom het nie.

    ( Chauke!!!! Kom doen die wasgoed.)

    Antwoord
  • 15. Kameel  |  Augustus 28, 2015 om 10:34 vm

    Daardie rollers het werklik my niggie se arm (sy was baie klein toe haar arm daardeur is) die lelikste letsels gegee. Ons was vrekbang om ons hande naby die rollers te bring.
    Lekker gelees 🙂

    Antwoord

Lewer kommentaar op Kameel Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter