Aanstap Olga

Augustus 3, 2015 at 8:54 nm 16 Kommentaar

bakkie 1

Somtyds in ‘n mens se lewe kom jy tot die besef, wat was, sal nooit weer wees nie. Wat is, wil jy (of dan ek) nie hê nie.

Homer het in Junie twee keer die slegste afgekom in ‘n onderonsie met ‘n bees. Ek weet nie of die goed besete, siek of dalk net malkoeisiekte het nie. Kan julle glo? Die goed het rustig langs die pad gestaan en wy, toe hy die kruising nader, altwee kere, twee wele uitmekaar, het koeitjie se kind net eenvoudig gestorm. Dalk het die goed gevoelens vir hom, ek sal nie weet nie. Maar nou ja, terwyl die paneelkloppers hulle tyd neem en die twee weke wat hulle nodig gehad het om sy bakkie te herstel (belaglik, dink ek) het wraggies al gegroei dat dit tans die vierde week is. Dit beteken effektiewiglik dat die uwe ‘n voetganger is.

Geen probleem het ek gesê en vroegtydig seker gemaak dat ek genoeg swaardragoed soos hondekos, aartappels ens in voorraad het, sodat ek nie sal moet sukkel om dit tuis te kry nie. Ewentwel, ons het mooi uitgewerk en die twee weke wat ek die minste van wiele afhanklik sou wees gekies vir die bakkie om te gaan rus. Verlede naweek sou my Fordjie mos terug op haar plek wees. Haar plekkie het leeg gebly. Vrydagoggend het die mense Homer laat weet, kom haal jou bakkie. Ons is klaar. Inderhaas het hy die Fordjie geneem vir ‘n “Full valet.” Kon haar nie vol chroomstof hier aanbring nie. Badboy het hom geneem om sy bakkie te gaan haal. Hulle was halfpad daar toe die paneelkloppers hom weer gebel het.

“Meneer, ons het ‘n probleem. Toe ons die bakkie uittrek, het ons agtergekom dat sy nou twee verskillende kleure wit is.” Wat kon hy maak? Pleks van die verwagte, “Alles in orde.” Het hy sy Jockey in ‘n krul getrek en hulle die leviete voorgelees soos Olga hom mos geleer het. Be that as it may, Olga sit steeds sonder vervoer. Maar nou ja, hopelik leer hy nou, “Local isn’t always lekka.”

Gedagte van die dag: Dis wat Olga ‘n Bostik gal maak. Hendriks is nie ‘n naam wat die Olga ken nie.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Waar lê die blaam dan? Pak kaarte

16 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  Augustus 4, 2015 om 5:50 vm

    Ja, nee, daardie wiele wat moet reggemaak word! Dis n hele organiseerdery om alles te doen sonder en dan is die ding nog nie klaar nie. Sjoe, het mens n voertuig vegeet mens hoe dit is sonder een as dit wel gebeur.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Augustus 4, 2015 om 6:28 nm

      Dis feit. Maar vir my deesdae te veel moeite om te ry. Ek geniet dit om te stap. Maar sal weer met dankbaarheid voor Jesus kniel as die Fordjie eers weer terug is.

      Antwoord
      • 3. scrapydo2.wordpress.com  |  Augustus 4, 2015 om 10:31 nm

        Stem. Hier is gelukkig baie goeie busdienste. Eie vervoer is tog maar lekkerder

  • 4. Toortsie  |  Augustus 4, 2015 om 9:44 vm

    Ai man…

    Antwoord
  • 5. ekmyselff  |  Augustus 4, 2015 om 9:49 vm

    Mens voel so bitter afhanklik sonder wiele – sterkte!

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Augustus 4, 2015 om 6:25 nm

      Ek het in die amper vier weke presies twee keer gesê: “Kom ek gaan laai jou af.” 😆

      Antwoord
  • 7. Lewies Mymer  |  Augustus 4, 2015 om 12:10 nm

    So jy is nou is op jou voete!

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Augustus 4, 2015 om 6:20 nm

      😉 In die kol.

      Antwoord
  • 9. Kameel  |  Augustus 4, 2015 om 4:27 nm

    Aanstap Olga die pad is lank en swaar….. net ‘n grappie. Hoop jy skuif kort voor lank weer agter die stuurwiel in 😉

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Augustus 4, 2015 om 6:23 nm

      Pla my nie om te stap nie. Dink dis steeds onder ‘n kilometer winkels toe en terug. Die buurvrou so ‘n paar huise verwyder, ken my so effens. Sy het al aangebied om my te kontak as sy iewers heen gaan dan hoef ek nie so te stap nie. Was haar verbasing groot toe sy gehoor het ek het ‘n karretjie. Dit was nou voor die ongeluk. Wat my hare trek, is die onverskilligheid van die mense.
      Hulle het mos woord gegee.

      Antwoord
      • 11. Kameel  |  Augustus 5, 2015 om 12:55 nm

        Woord wat by die meeste mense nou se dae niks meer beteken nie 😦

  • 12. Sparkle  |  Augustus 9, 2015 om 5:05 nm

    As die weer mooi is en n mens kan stap, hoekom dan jou nie? ☺

    Antwoord
  • 13. Klip  |  Augustus 9, 2015 om 6:11 nm

    Ek hou daarvan om n toon te klap op die strand .

    Antwoord
    • 14. Olga  |  Augustus 11, 2015 om 8:02 vm

      Veral…………?????????

      Antwoord
      • 15. Klip  |  Augustus 11, 2015 om 12:48 nm

        As die maan oor die see skyn en…………………. ag, wag laat ek my gedagtes liewers by die politiek bepaal

  • 16. Klip  |  Augustus 11, 2015 om 12:58 nm

    Die twee ou ooms sit op die stoep en stront praat oor die ou dae. Kom die een oom agter sy snuif is klaar , en roep hy sy kleinseun nader om te gaan snuif koop. Die laaitie dink toe hy gaan eerder droe honde stront fyn maak en in die snuif blik gooi …… Toe hy die snuif vir sy oupa gee , snuif hy sommer dadelik so n lekker knyp snuif , hy se toe vir die ander oom iets ruik na honde stront , en gee die blikkie aan , die ander oom vat ook so n lekker knyp snuif …….en se, wragtag nou dat sy neus oop is ruik hy ook honde stront

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: