Ouderdom of verval???

Julie 8, 2015 at 4:00 nm 10 Kommentaar

anti

Ek sit en wonder vandag of winter plae erger word namate ons ouer word of is dit maar bloot ‘n geval van verval dat alles nou erger is? Ek is nou besig om aan te sterk na die derde jaar van winter brongitis.

In elk geval my vriendinne kom elke dag “opcheck” of ek in die bed en uit die tuin is. Kom hulle vanmore weer hier aan. Mensig, dis gebeanie en geserp asof ons in Ingeland woon. Om nou nie die handskoene te vergeet nie. Natuurlik met ‘n bakkie sop vir my want ek mag nie eers kook nie. Ten minste is hulle omgee so goed soos dit kom. Daarvoor sê ek dankie aan die Vader en aan hulle. Maar enniehoe.

Die een is ook siek en hulle het nou net die dokter teruggekom. Sy het hom nou sommer in sy moer gestuur. “Excuse the French.” Haar woorde ne, nie myne nie. Volgens haar, wou hy weer bloed trek om te kyk hoekom sy na ‘n maand steeds hoes. Dit sal die vierde bloedtoets vir 2015 wees en dis nou maar eers Julie. Sy moes al die vorige toets kontant betaal. Om sake erger te maak, is ‘n vriendin van hulle weer Nelspruit toe ver verwys vir xstrale van haar longe en sinusse. Verlede jaar het hulle dieselfde xstrale geneem en niks fout gevind nie.

Voor op die wa soos Olga maar is, sê ek toe “Nou weet julle hoekom al julle mooipraat my nie by die dr kon kry nie. Soos hulle toets en verwys sal mens dink hulle kry kommissie.” Wel, slaat my dood met ‘n nat brood. Vertel die twee toe vir my van hulle besoek verlede jaar aan ‘n spesialis. Kom toe uit die een het die dr se nommer op ‘n sakkie pille by ‘n ander vriendin gesien en sommer self gebel vir ‘n afspraak wat sy wel gekry het. Maar…. Daar gekom, is al die vorms ingevul, hulle het gewag soos julle nie sal glo nie. (Ek weet, ek was saam.) Toe hulle nou moes ingaan, sommer altwee tegelyk, moes Olga saam gaan want dalk verstaan hy nie wat hulle sê nie. ???

Hy het op ‘n stadium opgemerk dat hulle nie een ‘n verwysingsbrief het nie en die een het gesê sy het haarself verwys. Daar het dit gebly. Hulle was vir plate gestuur en toe word daar vir hulle op die plate gewys hoekom hulle operasies moes hê. Nou weer ‘n wye draai geloop. Maar in elk geval, daar vertel die twee my toe met smaak hoe hulle weet die drs kry kommissie. Volgens hulle, het die spesialis hulle verlede jaar toe hulle gesê het hulle het hulself verwys, gevra vir wie gaan hy nou die kommissie betaal.

Ai, kyk, toe weet ek wragtig nie of ek hulle koppe moet was of toegee aan die drang om lank en hard te lag nie. Maar nou ja, die laggery sou net nog ‘n hoesbui ontketen het.

Gedagte van die dag: Dalk nog ‘n drawback van ouderdom. Die geheue laat jou in die steek.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Jaboela Toeka tokkel baie: FAMILIE

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Julie 8, 2015 om 4:26 nm

    EERSTE!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Julie 8, 2015 om 4:29 nm

    Hoe bekostig mense al die verwysings? Met of sonder kommissie? Ek was ‘n paar jaar gelede by die dokter met een of ander skeet. Ek was eers na ‘n ortopeet, toe na ‘n neuroloog en toe na ‘n fisioterapeut verwys. My medies (wat vir twee jaar nie gebruik was voor dit nie) was skoon uitgeput.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Julie 8, 2015 om 9:29 nm

      Ek wonder of die drs weet dat bo en behalwe die mediese bydrae wat nie goedkoop kom nie, ons in elk geval groot bybetalings het. Weet jy, ek stuur die man nou al die afgelope drie jaar in sy moer met sy tiroìed toetse. Drie jaar gelede moes ek die tweede toets vir die jaar self betaal. Was toe al oor die R2 000. Om nou nie te praat van sy fooi en die bybetaling by hom nie. Niemand voel ‘n vy vir die gebruiker nie. Kak en betaal bly steeds die wet van Transvaal. Net jammer Transvaal bestaan nie meer nie, nou is dit sommer landswyd.

      Antwoord
  • 4. scrapydo2.wordpress.com  |  Julie 9, 2015 om 10:16 vm

    Ha ha, nou het ek heerlik vir jou vorige antw gelag! Aangesien Transvaal nie meer daar is nie, ook nie die fondse nie, bly net die kak oor!(skies vir die waarheid ha ha)

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Julie 9, 2015 om 4:17 nm

      Net so. 😆

      Antwoord
  • 6. Siebie  |  Julie 10, 2015 om 1:09 nm

    Doktors is deesdae te dom om self n diagnose te maak. Daarom dat dit altyd toetse en plate is. Nou nou sien jy mos hoe dom hulle is. Ek sit nou en giggel vir die slag dat jou vriendinne gaan onthou jy was saam met hulle daar.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Julie 12, 2015 om 4:25 nm

      Ek hou nie asem op nie. 😉

      Antwoord
  • 8. Toortsie  |  Julie 12, 2015 om 5:56 nm

    Kommissie, né? Sal wraggies my dokter moet vra! 😉

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Julie 13, 2015 om 9:34 vm

      Dan sê jy wat hy antwoord. Alhoewel, ek sal eerder met Siebie saamstem. Maar ek dink eerder hulle wil nie gepla wees met wat met jou skort nie. Dis mos makliker om te sê “Jy moet eerder hospitaal toe / gaan vir xstrale / kom ons neem bloedtoetse. Ek bly weg, dankie. As wat ek die kommissie sal glo.

      Antwoord
  • 10. Kameel  |  Julie 14, 2015 om 4:32 nm

    Ek hoop net jy is by nou al op jou voete, en in die tuin…..

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: