Toeka tokkel 25, my omgewing

Junie 17, 2015 at 9:01 vm 15 Kommentaar

Scrapy vra ons om oor ons omgewing te skryf. Ek dink die volgende paar kiekies vertel meer as wat ek in woorde wil sê.

In my omgewing……

alwyne

Noem ons hierdie alwyne vol in die blom.

ABCD0016

Reëntyd as die waterval-pad toe is onder die water, is die wat die dapper dames doen om huis toe te gaan. Die dames is smouse by Berlyn waterval.

as die rivier wange vol maak

Die rivier maak wange vol om ons aan die een of anderkant te hou.

mis gordyn

Die misgordyn rol nader om alles in misterie te hul.

mis oor die pinacle

Die rotsvinger wink die misbank nader.

ryp op blyde aug 2007

Een ysige wintermore in ons omgewing, het ons dit ryp genoem.

slaggat

In ons omgewing word dit ‘n slaggat genoem. Dit word kort-kort opgevul a la bbbee. So ook hou dit nie lank nie, a la bbbee.

son trek watervan bo af

Uitkykpunt by Godswindow.

van die pad af

Wonderview op ‘n sonnige dag.

voorbrand

In ons omgewing word dit ‘n voorbrand genoem. Gebeur elke jaar. Dis baie nodig om nie die hele omgewing in swart rook te sien opgaan nie.

waterval

In ons omgewing, noem ons dit ‘n waterval.

wonderview

Wonderview onder ‘n wolke kombers.

uit my voordeur

Uit die voordeur van wat ek langer as ‘n dekade “tuis” genoem het.

Gedagte van die dag: Bly warm. Onthou die serpe, handskoene en stewels.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Toeka tokkel 24 grootword. Lekker ou Suid Afrika.

15 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydo2.wordpress.com  |  Junie 17, 2015 om 10:05 vm

    Wow, dis nou pragtig. Baie dankie vir die mooi fotos en die beskrywing van hoe dit is en lyk. Nou verlang ek sommer huistoe! Dankie vir jou deelname! 🙂

    Antwoord
  • 2. Klip  |  Junie 17, 2015 om 12:34 nm

    My omgewing?…………..hier vlieg die voeltjies onderstebo.om nie te sien hoe die plek lyk nie.

    Hier is n idee…….maak n steenkool vuur in n drom sit hom in n vertrek , met die vensters toe…………. Dis hoe dit ruik en ons is meeste van die tyd toegewikkel in kombers van rook

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Junie 17, 2015 om 1:21 nm

      Dis erg man. Julle tel seker gereeld lykies van die kamakazi voëltjies op.

      Antwoord
  • 4. Klip  |  Junie 17, 2015 om 1:45 nm

    Ek gooi nou gereeld in die voeltjies wat dit waag om te kom sit, se water n lekker klomp hoesstroop. Ai dis aaklig om na die voelgesange te luister, en om hulle kort kort te hoor hoes.

    Antwoord
  • 5. Klip  |  Junie 17, 2015 om 1:51 nm

    Theuns Jordaan het nou die dag hier by die casino kom sing , Fork, nou raas sy stem………….

    Antwoord
  • 6. ekmyselff  |  Junie 17, 2015 om 2:15 nm

    Ek is mal oor Godswindow, my as moet eendag daar gestrooi word. Dankie vir die deel.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Junie 17, 2015 om 7:41 nm

      Ek het weer gevra myne moet by Forest Falls gestrooi word.

      Antwoord
  • 8. Lewies Mymer  |  Junie 17, 2015 om 9:01 nm

    Pragtige fotos van ‘n pragtige omgewing.

    Antwoord
  • 10. Kameel  |  Junie 19, 2015 om 2:34 nm

    Jy bly op so ‘n pragtige plek Olga.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Junie 19, 2015 om 9:47 nm

      Uit keuse Sally. 😉

      Antwoord
  • 12. Klip  |  Junie 21, 2015 om 11:27 vm

    Kry ek toe net n lee boks van my kinders vir vadersdag, sonder n kaartjie……….wonder ek nou wat wil hulle vir my se.??………..

    Antwoord
    • 13. Olga  |  Junie 21, 2015 om 1:47 nm

      Gelukkige Vadersdag in elk geval klip.

      Antwoord
  • 14. Daniël Bezuidenhout  |  Junie 22, 2015 om 12:53 vm

    Mooi wêreld daai. Hou veral van die mis

    Antwoord
    • 15. Olga  |  Junie 22, 2015 om 3:33 nm

      Veral rondom skemer wanneer dit so spookagtig mooi lyk. Ai, my ou foontjie kan ongelukkig nie reg laat geskiet aan daardie foto’s nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: