Toeka tokkel 24 grootword.

Junie 11, 2015 at 2:30 nm 11 Kommentaar

Mensig, dit was ook heelweek so koud, my vingers wou gn tik nie. Daarom dat ek ‘n laat werkstuk ingee. Maar Scrapy weet gelukkig nie waar ek woon nie. Verder dra ek ‘n dik top en het my Donnie Osmond kappie vir eers gebêre. Maar ek wil ‘n stuiwer in die armbeurs gooi.

Toe ek grootgeword het, het ons nog gelewe. (Ok, ek moes dikwels vir lang tye net die lewe deur die venster gade slaan, maar ek is nog hier om daarvan te vertel. Dus was dit tot my voordeel.) Maar ek bedoel lewe. Ek onthou nog atletiek tyd, toe was atletiek mos die speletjie van die tyd. Dan was ons bane uitgestippel. Maar pleks van 100m, 150m, 200m ens was dit in een hek (van die hek wat den of dan afsitplek was. Of twee hekke verder, of om die blok, of twee keer om die blok. Motoriste het destyds verwag dit gaan gebeur en het dus maar versigtig gery. Of ons het in die duine gaan gly. Hetsy op ‘n stuk bord of ou motorkap. Die tye was so ewe geklok ook. Hoe regverdig die klokwerk was, het maar meestal afgehang van hoeveel die tydhouer van jou gehou het. Warm soel aande as baie van die buurt se kinders teen skemer (wanneer jy al tuis moes wees) buite gespeel het, was ons ook toegelaat om saam te speel.

Kyk, dan was dit Bok in die hok, Eggie, dikwels Kennetjie, Wegkruipertjie. Waar jy dan in elke erf van die ander kinders wie saam gespeel het, kon gaan wegkruip. Omdat ek nie juis die hardloop ding toegelaat was nie, het ek dikwels sommer agter die kind wie “aan” was weggekruip en dan sommer myself oor sy/haar skouer geblok wanneer die laaste woord van “Ready or not, here I come” wegterf. Ek het altyd geweet na watter kant hulle gaan omdraai. Ek dink reeds oor die hardlopery het meeste van hulle dit verwag en nietemin toegelaat. Ouers sou meestal sulke tye op die stoep sit of oor die hek leun om ‘n oog te hou, neem ek aan.

My kinders het nog dikwels met maatjies of die bure se kinders buite gespeel. Al was my stoep te klein om ‘n enkele stoep te neem, het ek oor die algemeen gesit en brei of hekel voor die een of ander venster sodat ek die kinders kon dophou of dikwels sommer saam met hulle gespeel. Toe raak tv tyd langer. Onthou, eers het tv uitsendings 18:00 begin. Toe begin tv sommer twee uur smiddae, alte gou was dit al van 6vm tot wie weet watter tyd snags. Nou al 24/7. Toe kom die lewe feitlik tot ‘n stilstand. Wat my oor die algemeen laat vermoed dat tv lewe op aarde verfomfaai het. Kinders speel nie meer buite nie, dus sit ouers nie eers meer op hulle stoepe of leun oor die hek nie on “‘n oog te gooi” nie.

Wat tot die vervolg gehad het dat ons ons land verloor het. Vrywilliglik aan al wat misdadiger en erger is, afgegee het. Hoe tragies tog. Destyds het mens wel van molestering gehoor, maar tog so selde, mensehandel was haas ongehoord. Vandag is dit aan die orde van die dag. Laat my wonder, hoe sou die lewe daar uitgesien het, as ons nooit tv gekry het nie?

Gedagte van die dag: Bly warm en wees altyd paraat.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Wyse vrou Toeka tokkel 25, my omgewing

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Junie 11, 2015 om 4:52 nm

    Eerste!!! (Wel, net ‘n kortkoppie na HesterNel, maar sy het nie geskree nie, so dit tel nie.)

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Junie 11, 2015 om 4:53 nm

    In ons kompleks is daar ‘n reël dat die ouers moet toesig hou as die kinders buite speel. Niemand is egter bereid om dit te doen nie.

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Junie 11, 2015 om 10:06 nm

      Hulle is te besig om kookprogramme op dstv te kyk. Dan word die kinders gemolesteer of ontvoer, dan is dit almal se skuld, van die anc tot tannie Anna sn want haar honde het nie geblaf nie.

      Antwoord
  • 4. scrapydotwo  |  Junie 12, 2015 om 1:03 vm

    Dit was darem maar heerlike grootword tye voordat TV alles oorgeneem het. Al daardie speletjies het ons by die skool begin en dan laatmiddag is dit voort gesit. Vandag druk almal net knoppies en speel oor en weer op hul foontjies! Dankie vir deelname. Gaan gou dit opsit by Toeka-Tokkel

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Junie 12, 2015 om 12:05 nm

      Ja, wat, ek wonder hoe oud gaan die kinders van vandag word? Wat my veral so pla, is die groot aantal tuis skoliere. Niemand, nie enige skool, welsyn, kerk of SAPD volg ooit op of die kinders wel onderrig ontvang nie.

      Antwoord
  • 7. Daniël Bezuidenhout  |  Junie 15, 2015 om 10:37 nm

    Netso ek kon doen sonder om te weet van zombies en ‘vessen’ en vampires en politieke varke se konstante onheilighede.

    Antwoord
  • 8. scrapydo2.wordpress.com  |  Junie 17, 2015 om 6:20 vm

    Hi Olga, jou omgewing is nie op jou blog nie! Hul bly sê Error, not found! Wil jy nie hom weer opsit nie asb

    Antwoord
  • 9. Klip  |  Junie 18, 2015 om 11:51 vm

    Die Tikmasjien

    Die kinders ontdek ‘n stokoue tikmasjien in die huis
    en die pa moet verduidelik. Hy sit ‘n vel papier in en tik.
    Die kinders staan verstom.

    “Waar plug jy hom in?” wil hulle weet.
    “Nee, jy plug hom nêrens in nie,” antwoord die pa.
    “Nou waar is sy batterye?” vra die kinders.
    “Nee, hy gebruik nie batterye nie.”
    “Liewe genade Pa, nou hoekom het hulle dit nie al laaaankal uitgevind nie?”

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Junie 18, 2015 om 4:21 nm

      😆 Dis nou ‘n goeie een.

      Antwoord
  • 11. Kameel  |  Junie 22, 2015 om 5:57 nm

    Dit was lekker dae daardie Olga. Ons het lekker tyd grootgeword.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: