Daar onder loop een pikkewyne

Junie 1, 2015 at 1:51 nm 13 Kommentaar

idols

Wee jy, so op mens se nugter maag! Hoor ek eers die hond grom. Kyk sy grom ggggggg, sy sug gggggg, sy roep ggggg. Mettertyd leer mens maar die verskil ken.

Ewentwel, sy sê sy is kwaad en wil nou uitgaan om te gaan kyk wie haar kwaad gemaak het. Op is Olga in die koue. Sy draf voor my uit en roep gggggg. Dit beteken kom gou, ek is nou warm op die spoor. Ek maak die deur oop en laat haar saggies uit. Goeie moer! Tienduisend demone uit Hades roep om wraak. Nog tienduisend pleit om genade. Tergelyketyd. Die hare staan orent oor haar nek. Ek kom agter myne staan ook orent. Ek loer waar Lapman dan is. Ari gedori! Wdm gaan aan? Hy staan met opgetrekte wange? lippe? tjops, met sy tande ontbloot en sy nekhare in ‘n singel oor sy skof. Ek loer rond want die muur om die huis is sewe voet hoog. (Ek wil nog met die maatband meet hoe hoog dit in metriekmaat is.

Saggies gryp ek ‘n besem. Dis naaste aan ‘n wapen in my onmiddelike omgewing. Ek loer die gaping tussen die hek en die muur. Ek kan niks sien nie. Toe glip ek gou anderkant toe. Loer deur die gaping. Die hond ggggg nou verwoed. Ek herken my woorde so in daardie gggggg. Sy sê: “Moersem vandag gryp ek jou.” Dis nog nie lig genoeg om mooi te sien nie. Al Wat ek sien is beweging en vreeslike geween van tienduisend demone in sielestyd. Ek wonder of die besem genoeg gaan wees om mee te keer indien een van die demone uitkoms sien deur by my hek in te storm. 4k dit besluit ek, ek skop die donner dat hy trek. “Ajiiiiiiieeeeeaaaaa!!!!!!! uh uh uh uhhhhhhhhheeeeeeiiiiiiaaaaa!” kom die klank weer aangesweef deur die mis. Te moer hiermee. Ek sien hoe Lapman se tjops sak soos hy diep asem intrek voordat hy die volgende lot asem so saam met sy tjops optrek en sy tande wys. Sussietjie ggggg nog eenstryk voort. Maar nou hoor ek sy sê “Moekie gaan moer hom.”

Eers gou gestorm en my hek se sleutel gaan gryp. Vir ekstra beskerming gou die vleis hammer in my broek se band gedruk en spyt gekry daar is nie tyd om die regte blerrie oorhamer uit die kas in die buitekamet te gaan haal nie. Ek wou die dêm ding mos uit die kombuis-laai ban buitekamer toe. Ek sluit die hek oop en kyk. By die bure oorkant die straat, (het mos ander dag sommer so skielik dood in die familie gehad)sien ek ‘n pikkewyn. (OF is dit dalk ‘n Emo Adams wannabe?) “Ajiiiiiiieeeeeaaaaa!!!!!!!” kerm hy terwyl hy ineen krimp. Laat my dink aan ‘n Indiaan se dans om ‘n vuur in ‘n ou wildeweste flieks. “uh uh uh uhhhhhhhhheeeeeeiiiiiiaaaaa!” terwyl hy regop kom. Swart arms uit die wit themp moue steek steek steek in die lug dan raak dit weg agter sy rug terwyl hy hom op sy tone lug en dan so steierend omdraai. “Ajiiiiiiieeeeeaaaaa!!!!!!!” Weer asem uitbeier terwyl hy laag afsak en sy kniee verby sy kom ten hemele druk.

WDM????? Treur hy so oor sy ontslape tante? Wag Olga! Nou nou interbliksem jy in stuk kultuur. Dan hou dit weer langer aan.

Vir vyf oggende het dit so aangegaan. Ek hoor meer as eenkeer ‘n kragwoord van een van die buurhuise af kom. Sondag was dit wonder bo wonder stil. Sondag sien ek een van die mense wie in die dae na die dood dikwels by die huis oorkant die straat gekom het, in Spar. Toe die persoon groet het ek teruggegroet en besluit om sommer prontuit te vra. Die ritueel pla my. “Nee mêm” seg hy. “Geen ritueel, die mannetjie prektis vir Idols.” Kyk! hoe minder ek nou sê, hoe kleiner my kans om in die hof te staan.

Vanoggend was daar net stilte. Dankie tog, dink ek, die man het die seun aangepraat. ‘n Vriendin kom gou tee drink terwyl ek besig is om wasgoed op te hang. Sy gee die klere aan, ek hang op. Die volgende oom trek Lapman se tjops terug. Sussietjie gggggg wat sê “Gaan moer hom Moekie.” My vriendin hardloop agter my rug in. En ek? Goed jy vra. Die eerste “Ajiiiiiiieeeeeaaaaa!!!!!!!” tril nog op sy lippe terwyl sy kniee nog so in ‘n laaste bewerasie poog om verby sy kop te steek. Toe kry ek hom aan sy donnerse oor beet en lig hom op sy tone. Ek het op ‘n stadium in my tirade bewus geword van sy oupa wie staande, in sy voordeur applous gee. Ek gee nie ‘n moer om of dit vir my of vir hom was nie.

Nou weet hy. Hy gaan oefen sy Idols kak in die bos tensy hy nou werklik my toorn wil ontketen.

Gedagte van die dag: Daai een pikkewyne….. is nie myne.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Maar in Suid Afrika Winter in my huis.

13 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Junie 1, 2015 om 4:32 nm

    Liewe land Olga…. jy is voorwaar ‘n uitverkorene vir snaakse dinge wat om en met jou gebeur. 😆

    Antwoord
  • 2. Klip  |  Junie 1, 2015 om 6:16 nm

    Die boer koop n top stoetkoei, maar nadat sy een keer gekalf het wil sy niks van n bul weet nie.As die bul van links af kom draai sy regs,as hy van regs nader kom draai sy links. Van agter gaan sit sy, en van voor af werk dit mos nie so lekker nie. Moedeloos laat kom hy maar toe die veearts om te kom help met die koei.
    Die veearts bekyk toe die besigheid so en vra na n rukkie. “Kom die koei nie dalk van Douglas af nie?” “Ja”, se die boer, maar hoe het jy dit geweet? Veearts: “My vrou kom ook van Douglas af”

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Junie 2, 2015 om 9:43 vm

      😉 Moenie met Douglas se meisies mors nie.

      Antwoord
  • 4. scrapydotwo  |  Junie 2, 2015 om 4:56 vm

    Nou het ek darem maar heerlik gelag vir jou koddige beskrywing van honde, jouself en die blêrrie pikkewyn. Bly jy het hom n ding gewys!. Wonder watLapman met hom sal doen as hy kans kry! Klip se grap is ook baie lagwekkend! Dankie jy maak my dag. 🙂

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Junie 2, 2015 om 9:45 vm

    Kyk ek dink as Lapman hom lank genoeg gaan dophou, dan gaan hy dieselfde dans doen. Maar dan, voordat die MAAN harE kry gaan hy eis die bruin kolle moet van sy lyf af verwyder word.

    Antwoord
  • 6. Xena Phoenix  |  Junie 3, 2015 om 8:35 vm

    Die mannetjie smeek vir ‘n yskoue, sterk straal water.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Junie 3, 2015 om 11:55 vm

      Pikkewyne kan dit mos vat.

      Antwoord
      • 8. Xena Phoenix  |  Junie 3, 2015 om 12:00 nm

        Mense wat dink hulle is pikkewyne nie. 😉

  • 9. Klip  |  Junie 3, 2015 om 1:22 nm

    Al pikkewyn wat ek ken is een wat kollekte opneem

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Junie 3, 2015 om 5:15 nm

      Druk sy bussie in sy oor Klip. Mense is baie gehoorsaam as jy hulle ore beetkry.

      Antwoord
  • 11. Klip  |  Junie 3, 2015 om 6:45 nm

    Sy bussie is ook so ontwerp dat n mens nie eers kleingeld kry nie………….

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Junie 3, 2015 om 8:18 nm

      Dis skelm. (Laat my dink aan ‘n proffie wie so paar jaar saam met ons ter plaatse kerk gegaan het, As sy noot te groot na sy sin was, het hy gerus vir hom kleingeld uit die kollektebord gehaal.

      Antwoord
  • 13. Lewies Mymer  |  Junie 9, 2015 om 3:28 nm

    Moersim, een van my favourite woorde. Hy sê sommer twee swetse in een.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: