My hart bloei

Mei 14, 2015 at 10:43 nm 9 Kommentaar

Eenkeer, jare gelede, het my wyse Moedertjie my vertel van ‘n berig wat sy op die lughawe in ‘n koerant gelees het. Van die dame wie toe al iets soos twintig jaar na haar dogters gesoek het. So ‘n ruk gelede vra my sussie: “Kan jy onthou van die vrou van wie Mum ons vertel het wie al jare lank na haar kinders soek?” Natuurlik het ek onthou, maar ek kon nie my kop op ‘n blok sit oor die name nie.

Maar saam met die herinnering het die pyn ook gekom wat ek toe, ook al meer as ‘n dekade gelede gevoel het vir die mamma en haar kleuterdogtertjies. Verbeel jou die vrees, die angs, die nagmerrie waardeur sy moes gegaan het toe sy besef het haar kinders is weg. My sussie het toe genoem dat die vrou se soektog na haar kinders weer in die koerant is. Sy het vir my die berig gestuur. Ek het gaan uitwerk en die tydsverloop het vir my reg gelyk. Dit moet dieselfde vrou wees van wie my Moedertjie ons vertel het. Sederdien volg ek die storie en bid daagliks vir die vrou en haar dogters. Hulle weet na al die jare seker nie eers meer dat hulle ‘n ander mamma gehad het as die een by wie hulle groot geword het nie.

lily

Sy het onlangs die boodskappie vir haar dogters op fb gesit. Toe het ek weer so gewens vir ‘n fietspomp vir ‘n hart soos die Merrie het. Kyk, ek kon dit nie eers vroeer met julle gedeel het nie, so seer het dit gemaak. Ek dink as ek so na die woorde kyk dat dit tussen warm trane deur getik was. Na al die jare soek sy steeds en bloei vir haar kinders. Sy verdien om met haar dogters herenig te word. Sy het nooit hande opgegooi en oorgegee nie. Elke leidraad deur die jare was opgevolg. Ek kan net dink wat die resultate van nog ‘n vrugtelose soektog aan haar moes gedoen het.

“Goeiie more Angela en sharonna. Niewe dag niewe dinge. Niewe hoop n toekoms wat op. Ons wag mamma hoop dat julle in hieri dag. Net mooi dinge sal ervaar en as julle gesinnetjies het mag die seen. Van die Here op julle rus mamma sal altyd vir julle wag en dat mamma se liefde nooit vir julle sal vervlou nie Mamma mis vir julle geweldig Dit is nou agt en dertig jaar wat ek op julle wag en my liefde en verlange raak erger mamma sal nooit en sal kan nooit van julle kan vergeet nie Want julle is deel van my liggaam en my liggaam smag na julle al is julle ook al moeders vandag bly julle my kindertjies wat ek laaste gesien het as vier en drie mooidag my kinders Van julle onvergeetlikke moeder mamma lilly”

Uit die diepte van my hart bid ek dat haar kinders gevind sal word.

Gedagte van die dag: Vader U genade is groot, bedek Lilly ook daarmee.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

As die lus deurhang So sklielik.

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Sparkle  |  Mei 15, 2015 om 8:33 vm

    Sjoe. Dis nogals erg. Weet jy hoe die kinders weggeraak het Olga?

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Mei 15, 2015 om 4:43 nm

      Ek het gaan oplees. Die gesinnetjie het blykbaar noustrop getrek. Toe het die mamma die kindertjies na haar skoonma op Luderitz laat gaan. Daar sou hulle darem verseker kon wees van ‘n dak oor hul koppe en kossies in die lyf. (Ek lig my hoed vir haar.) Sy het in ‘n winkel gewerk. Toe pappa die kinders moes gaan haal, het hulle net van die gesig van die aarde af verdwyn. Eers was gesê dat hy en die dogtertjies gaan stap het, toe nie weer teruggekom het nie. Weke later was hulle klere by ‘n bodemlose kwarrie (?) gevind. Toe geen lyke gevind word nie, toe het hy gaan roei met die dogters. Iets wat hy nog nooit tevore gedoen het nie. Geen taal nog tyding is ooit weer van hulle gehoor nie. Geen opdrifsels uit die see, geen lyke of self net ‘n ledemaat was ooit weer gesien nie. Sy het begin onraad vermoed toe sy agtergekom het, dat sy die enigste treurende was. Veral nadat sy die eerste jaar na hulle verdwyning foto’s in ‘n koerant geplaas het en iemand die koerant laat weet het die man in die foto het in Des 1977 (Ek praat nou onder korreksie,) maar dit was maand na sy verdwyning, sigarette (soort wat pappa gerook het) en lekkergoed in sy kafee in of Keetmanshoop of Upington gekoop. Die mamma soek sederdien onverpoosd.

      Antwoord
  • 3. Klip  |  Mei 15, 2015 om 4:03 nm

    Dis baie hartseer.

    Antwoord
  • 4. Kameel  |  Mei 16, 2015 om 6:33 nm

    Dat ek nou op die dag twee sulke gevalle moet lees. Het vroeër van die dogtertjie wat uit haar bed verdwyn het terwyl hulle op vakansie in Portugal was, gelees. Dink sy is nou agt jaar weg. Net gedink hoe vreeslik dit moet wees om nie te weet wat van jou kind geword het nie…. en hier lees ek sommer van twee dogtertjies wat van aardbol af verdwyn het. Ek glo vir geen oomblik ‘n ma sal tot rus kan kom nie.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Mei 16, 2015 om 6:57 nm

      Die ou dogtertjie wie in Portugal verdwyn het is Madeleine, indien ek dit nie mis het nie? Nog n hartseer storie. Die ouers was mos ook onder verdenking?

      Antwoord
      • 6. Kameel  |  Mei 16, 2015 om 7:00 nm

        Ja, dit is sy.en haar ouers was onder verdenking. Het die hele stuk vandag op google gelees. Daar word blykbaar nogsteeds na haar gesoek. Dit is so hartseer.

      • 7. Olga  |  Mei 17, 2015 om 5:12 nm

        ‘n Lot wat geen mens verdien nie. Regtig, as die ouers / ma / pa te kort skiet, neem die kinders, maar laat hulle altyd weet waar die kinders is. Madeleine se suster was gelos. Laat mens regtig wonder wat daar gebeur het.

  • 8. Klip  |  Mei 18, 2015 om 10:44 vm

    Deur Leon van der Vyver Donderdag 14 Mei 2015 09:38

    Hierdie maand word ek 18. Wetlik word ek nou ’n grootmens en effektief ’n man. Daar is soveel hartseer in die wêreld, dinge wat jou hart laat ineenkrimp. Te veel hiervan word deur mans, oud en jonk, veroorsaak. Ek sien soveel meisies en vroue met diep seer is in hul hart as gevolg van wat ouens of mans aan hulle gedoen het. Goed wat hulle nooit verdien het nie. En dit is nie reg nie.
    GEE DIÉ BRIEF AAN JOU SEUN, PA, OU OF BROER – WAT MOET BESEF DAAR IS ’N MANIER OM AS MAN OP TE TREE.

    Om ’n vrou te laat huil deur jou woorde of dade maak jou nie ’n man nie. Om jou vrou te verneuk, maak jou nie ’n man nie. Om ’n vrou se hart te breek maak jou nie ’n man nie. Om jou hand vir ’n vrou te lig maak jou nie ’n man nie. Om ’n vrou af te breek maak jou nie ’n man nie. Dit maak jou ’n pateet, en jy verdien dan nie om ’n man genoem te word nie.

    WAT MAAK JOU DAN ’N MAN?
    Om ’n vrou te respekteer. Om haar vertroue, een van haar kosbaarste besittings, te wen en dit nooit te verbreek nie. Om haar te laat glimlag. Om na haar te luister, werklik te luister en haar nie te oordeel nie. Om tyd te maak vir die oomblikke wanneer sy jou nodig het. Om haar met woorde gerus te stel of haar net vas te hou. Om enigiets te doen, maak nie saak wat dit van jou verg nie, sodat sy nie seerkry nie.

    Om haar by te staan teen die harde wêreld daarbuite. Om haar veilig te laat voel. Om haar geluk voor enigiets anders, selfs jou eie geluk, te plaas. Om haar te ondersteun, haar op te bou in alles wat sy doen. Om trots te wees op haar en alles wat sy doen. Om jammer te sê as jy verkeerd was. Om te besef hoe kosbaar sy is en haar só te behandel. Dít maak van jou ’n man.

    Jy doen dit nie vir eer nie. Jy doen dit nie omdat vroue swak is nie – hulle is net so sterk soos mans. Jy doen dit omdat jy verstaan dat om ’n man te wees, beteken jy moet opstaan vir wat reg is en dat jy elke meisie of vrou, maak nie saak wie dit is nie, moet respekteer.

    Jy doen dit omdat dit is hoe jy wil hê jou ma of suster behandel moet word. Jy doen dit omdat die wêreld nie nog vroue met ’n stukkende hart nodig het nie.
    Die wêreld het meer mans nodig. Wees daarom een.

    *Leon is in gr. 12 aan Woodridge College in PE.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Mei 18, 2015 om 10:28 nm

      Dankie Klip as alle mans hiervolgens handel, wow, wat ‘n plesier sal die lewe nie wees nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: