Toeka tokkel Huisies.

Mei 6, 2015 at 10:37 nm 7 Kommentaar

Scrapy, daag ons om te mymer oor huise. Moet die noodwendig ‘n huis wees wat ons gekoop het? My kniee pyn nog te veel om te praat oor die een.

this ole house

Destyds, nadat ek en Homer getroud is, het ons in ‘n drievertrek huisie ingetrek. Met ‘n buite gemakkie. Glo dit of nie. Die vloer was nie te goed nie, die dak het gelek, die bad was uitgehaal vir die beeste in die “boonste kamp” om water uit te suip. Maar nou ja, dis niks wat ‘n paar skroewe, moere en bekers vol koffie nie kon regmaak nie. Dit was mos natuurlik in die tyd wat Olga nog oortuig was dat die vreugde wat ‘n ou wyntjie verskaf reguit na jou middel gaan terwyl jou kop helder gebly het.

Tog voordat daar te veel water in die see geloop het, was die huisie leefbaar, die bad en toilet reg, sonder enige lekke en die vloere almal bedek met blou matte en blou “Novilon” in die kombuis, sonder dat enige iemand meer vrees gehad het om deur te trap nie. Dit was natuurlik in die tyd dat dit moeilik was om Homer in enige iets anders as blou te sien. Goeie genade! Soms wat dit ‘n nagmerrie as al wat leef en beef kom skuiling en sommer geselskap, of bietjie vertroosting, of net ‘n beker koffie kom soek het.

Maar helaas. Al te gou het ons uitgewyk en groener weivelde gaan soek. Ons het altyd onthou waar ons vandaan gekom het, maar nooit weer terug gekyk nie. Swaer Jacob was egter heel tevrede om blou bevloerde huisie te kon “erf” en het heel gelukkig ‘n paar jaar daar deurgebring.

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Klok in. Klok in …. vervolg.

7 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydotwo  |  Mei 7, 2015 om 6:52 vm

    Lekker man! Dis sulke dinge wat n mens nie vergeet nie omdat dit spesiaal is. Dankie vir jou bydrae, gaan dit gou by nuwe pos plak!

    Antwoord
  • 3. HesterLeyNel  |  Mei 7, 2015 om 7:55 vm

    Daai lyk nou na ‘n huisie met karakter, so windmakerig op se eie, en my man kreun van jaloesie oor die buite-gemakkie.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Mei 7, 2015 om 9:45 vm

      Daai ongemakkie was nie plesierig in die winter nie. Die Koos ding doen dit geheel en al nie vir my nie. šŸ˜‰

      Antwoord
      • 5. HesterLeyNel  |  Mei 7, 2015 om 1:10 nm

        Ja nee, winter kan daar dalk ‘n koue luggie trek oor baie gevoelige liggaamsdele.

      • 6. Olga  |  Mei 7, 2015 om 3:19 nm

        šŸ˜† Jy is so reg.

  • 7. Kameel  |  Mei 11, 2015 om 5:03 nm

    Ag Olga, ek lief daardie huisie….. lyk asof hy stories kan vertel.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: