Hiers ek weer, hiers ek weer…..

April 22, 2015 at 10:59 nm 12 Kommentaar

afkom

Eisj, my gunsteling oom het my vanmore gebel. Juis toe ons weer in die kloue van duisternis genestel was. Wel, gelukkig was dit darem daglig, maar steeds, alles was af. Ai, ek voel sommer lus om te vloek. Ewentwel, van 6:oo tot 13:30 het die duisternis geduur. Hulle was glo besig met “Powa Upgrades.” Meen seker net dat hulle weer ‘n manier gevind het om ons verder te bedonner. Kan julle glo toe dit 18:00 word, klik! Af is die ^&%$# v*&#@ krag tot 20:00. As dit nou nie genoeg is om my hare taai te maak nie, wat is?

afkom1

Elk geval, my oom is toe vreeslik ontsteld. Hy vertel my toe dat Afkom nou net fase 5 beurtkrag aangekondig het. Goeie genade. Wat de dinges sal dit behels? Toe vertel hy my dat hulle gaan wanneer die krag af is volgende keer, van huis tot huis gaan en die kerse doodblaas, die vuurhoutjies natpis en alle flitse se batterye uithaal. 4kers.

Gedagte van die dag: Ek wag vir hulle met my skokstok. 👿

Advertisements

Entry filed under: geleen.

Apartheid is dood….. Klip, Troef of truce????

12 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  April 23, 2015 om 5:05 vm

    Die slag wat hy 18:00 af is het my net so !@#$% laat voel.

    Ek sal as ek klaar is nie van hulle afhangklik wees nie solank daar 20% wind en 50% sonskyn is. Teen hulle huidige tariewe en my verbruik behoort my installasie (sonselle, windlaaier en diesel generator) so oor 30 maande homself te betaal het .

    *
    Okkie

    Antwoord
    • 2. Olga  |  April 23, 2015 om 5:46 nm

      As meer mense dit doen en die wetters sit net met die freeloaders, sal dit hulle eie dêm skuld wees.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  April 23, 2015 om 7:56 vm

    Ten minste begin jou kerse nie hulleself aansteek nie.

    Dit is belaglik dat ESKOM hiermee kan wegkom.

    Antwoord
  • 4. scrapydotwo  |  April 23, 2015 om 9:48 vm

    Hoe doen hul dit? Of te wel hoe doen hul dit nie? Dis vir my onverstaanbaar dat daar nie vooruitgang kan wees nie. Ek beter stil bly netnou sny hul alles af en wat dan?

    Antwoord
    • 5. Olga  |  April 23, 2015 om 5:49 nm

      Terwyl elke derde swartmens ingestop word op ander se onkoste, kan daar nie voortuitgang wees nie Scrapy. Die betaling wat hulle wel kry, gaan mos vir 1000% verhogings en vet weet watse bonusse.

      Antwoord
  • 6. Klip  |  April 23, 2015 om 4:58 nm

    Sjoe ek wens ek kon my storie vertel hoe dit voel om op hierdie bus te ry

    Antwoord
    • 7. Olga  |  April 23, 2015 om 5:50 nm

      Doen asseblief, epos dit vir my of die Merrie om te post.

      Antwoord
  • 8. Klip  |  April 23, 2015 om 5:00 nm

    Beurtkrag?? , as jy krag het is dit nie jou beurt nie.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  April 23, 2015 om 5:50 nm

      Net nie jou beurt om in die donker te wees nie. Feit soos ‘n perd. 😉

      Antwoord
  • 10. Klip  |  April 28, 2015 om 12:19 vm

    What is payday?
    The day when:

    Everybody wakes up with a song,
    Everybody goes to work in their cars,
    Fills up their tanks like it’s an everyday thing (but R400, not completely full)
    Everybody sings along to music in their cars,
    Nobody packs lunch,
    Breakfast changes from Weet-Bix to Wimpy,
    Items are bought oblivious of debt pending,
    Nando’s and Debonairs for supper,
    Mense phone somma instead of messaging,
    Avon is paid for and the new order is immediately placed in,
    The geyser is somma left On all day,
    The dogs and cats even eat luxuries,
    The car guard finally gets a tip,
    The guy by the robot also gets a Mandela note,
    Pacific becomes Stuyvesant,
    Hare word soma gedoen by die salon!
    Husbands are now nicknamed from “jou rubbish” to “my luvy”.
    Kids are called “mummy se engels” instead of “ondankbare gatte”…
    Sugar been borrowed gets replaced with a Full kg and a smile.

    And all this happens only once a month!

    Antwoord
    • 11. Olga  |  April 29, 2015 om 11:16 nm

      Whoop whoop!!!!!!!!

      Antwoord
      • 12. Olga  |  April 29, 2015 om 11:17 nm

        Ai, ek kry mos nie pay nie. Waar is die weetbix???

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: