Toeka tokkel baie:- Inryteaters.

April 14, 2015 at 8:07 nm 22 Kommentaar

Met die dat Vodadom my weer gesnoep het met sein, het ek amper die een van Scrapy ook gemis. &^** %$$## %^ dom donners.

Inryteaters was verseker op hulle dag net so gerieflik soos gesnyde brood. Beslis baie goedkoper as die fliek vir ‘n groot gesin soos ons. Ons het dikwels gaan fliek ook, maar as gesin het ons eerder gaan drive-in.

Ek onthou nog the pakkies skyfies wat jy by die inryteater gekoop het, was ‘n groter pakkie as die klein pakkies (40g?) in winkels en kafees maar kleiner as die destydse groot pakke (140g). Ek het sedert kinderdae ‘n swak vir kaas en uie skyfies gehad. My pa sou self vir ons gaan skyfies koop het tydens “Intermission.” Die kafeteria en toilette was gewoonlik gehuisves onder die reuse skerm, maar die ingange was altyd aan die agterkant sodat die ligte nie die fliekgangers sou pla nie. Voordat die film begin het, was die voor en agterkant van die geboue helder verlig.

Kyk as ons inry toe gegaan het, was die piekniek mandjie altyd gepak. My wyse Moedertjie het nie koeldrank gedrink nie en my Papa was ook maar lief vir sy koffie. Vir baie ander was ‘n besoek aan die inry ook sommer ‘n uiteet geleentheid. Maar natuurlik, dit was maar meestal hamburgers en hotdogs, popcorn en lekkergoed wat verkoop was. Dit was presies die soort kos wat ons uit eie vrye keuse nie geeet het nie. Kyk, my Wyse Moedertjie was Engels, maar sy het nooit die geleenteid om ‘n Afrikaanse fliek te kyk gemis nie. So het ons kennis gemaak met Dirkie Uys, Lelik is my offer, Beautiful people en Aanslag op Kariba. Sy sou Aanslag op Kabiba voorwaar tien keer meer geniet het as sy sou weet een van die karakters was ‘n Katolieke Padre.

Ek was destyds ook nie veel van ‘n fliekvlooi nie. As ek kon uit die saamgaan kon kom, moes my jonger en ouer suster saam met my tuisbly. Dikwels het hulle hulle dit laat welgeval. Dan moes ek natuurlik terugbetaal. Maar nou ja. Een hand was die ander en so kom albei skoon. Dikwels as jong meisie ook in die agterste ry, dog nie die agtersitplek opgeland. He he he. Tensy daar twee pare was. Self my kinders ‘n keer of ses geneem. Maar die gebruik het seker eerste in die platteland uitgesterf. ‘n Paar jaar gelede het Menlyn Mall in Pretoria nog ‘n funksionele inryteater op die dak gehad. Of dit nog daar is, weet ek nie. Ek was baie lanklaas daar.

Maar nou ja, toe kom tv en maak meer as die “Radiostar” dood.

Gedagte van die dag:

Advertisements

Entry filed under: Huiswerk.

Wilde dagga Vriendelikheid self

22 Kommentaar Add your own

  • 1. scrapydotwo  |  April 14, 2015 om 10:59 nm

    Dankie vir jou skrywe! Die liewe dienste wat so opgebogger is daar by julle is heel onplesierig. Ek is bly jul het darem inry toe gegaan om Afrikaanse prente te kyk. Was tog maar lekker die uitgaan daarheen. Menlyn se teater het doodgeloop!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  April 15, 2015 om 8:40 vm

      By die Menlyn-inry teater het hulle ou karre gehad wat jy kon huur om die fliek in te kyk.

      Antwoord
      • 3. scrapydotwo  |  April 15, 2015 om 9:13 vm

        Dis oulik. Het dit nie geweet nie. Weet wel terwyl my seun gestudeer het het hul die inry besoek(hy het n mini gehad, nou moet jy weet!)

      • 4. Olga  |  April 15, 2015 om 12:12 nm

        Vertrou ‘n student met ‘n Mini. Wil mos altyd ‘n rekord opstel. 😉

  • 5. Sparkle  |  April 15, 2015 om 11:17 vm

    Hier in Parow was hier glo by die “Sanlam\Parow” Mall ook ‘n inryfliek op die gebou se dak. Ek kan egter nie help om te wonder of die stad se ligte nie dalk kyk kwaliteit beinvloed het nie.

    In Bellville het ons nog ‘n regte “roadhouse” restaurant. Burger Fair. Ongelukkig is daar nou nie meisies op rolskaatse wat jou bedien nie, maar daar is nog die “skinkbord” wat jy aan jou venster kan vasknip. Jack Parow het sy “cooler as ekke” video daar verfilm. Hulle kos is oraaiterig (kry maar die Rennies reg) maar die melkskommels is hemels. Dalk moet ek weer eendag daar ‘n draaitjie gaan maak!

    Antwoord
    • 6. Olga  |  April 15, 2015 om 12:11 nm

      Die naaste wat ek deesdae aan ‘n “roadhouse” kom, is kfc se “drive through.” Moet maar daarvoor ook Rennies reghou. Ai, hoeveel kere het mens net nie met die ou skinkbord weggery nie? Of met die inry se blêrkassie nog oor die venster nie. Dan as jy die klap gehoor het, was dit maar trustoot en hoop niemand het gesien nie. 😀 Nou nou dink hulle jy wil steel. Was daar ooit in Suid Afrika meisies op rolskaatse?

      Antwoord
      • 7. Kameel  |  April 16, 2015 om 1:23 nm

        Daar was ‘n roadhouse waar hulle jou op rolskaatse bedien het…. maar dit is so lank terug dat ek nie kan dink waar dit was nie.

    • 8. Olga  |  April 16, 2015 om 2:47 nm

      Die Amerikaners het ook die rolskaatse ding gedoen. Ons weet mos hoe lief is Suid Afrikaners om Amerikaners te naboots. Maar dit kon pret gewees het.

      Antwoord
      • 9. Sparkle  |  April 16, 2015 om 5:37 nm

        Ek het gevra op facebook, almal “oe en aaaah” net oor die plek se melkskommels. Nevermind, kelders op rolskaatse. Olga ek sien hier by ons is die mense besig met ‘n buitelug bioskoop konsep. Gebruik ‘n wit opgeblaaste skerm wat amper soos ‘n springkasteel lyk. Die idee kan dalk in die somer werk, as die kaapse suidooster nie te sterk waai nie!

  • 10. Spokie sny spoor  |  April 15, 2015 om 3:13 nm

    Oulik geskryf. Hier by ons het al die inry-flieks toegemaak. Was 2. Selfs die inloop-flieks kry swaar en maak toe. Toe ons nou die dag ‘n fliek gaan kyk het by die Mall, was net ons 4 in die hele groot teater.

    TV en DSTV het oorgevat …

    Antwoord
    • 11. Olga  |  April 15, 2015 om 8:27 nm

      Saam met tv en dstv, het misdaad en vrees ook oorgeneem Spokie. Dit beheer ons lewens al die pad.

      Antwoord
      • 12. Sparkle  |  April 16, 2015 om 6:06 vm

        Ek het sommer op facebook ek gevra oor die rolskaatse. Ek onthou toe ek baie baie klein was, was daar iewerste in rolskaatsring waar mense al die rondte, al in die rondte geskaats het. Kan net nie mooi onthou waar dit was nie!

      • 13. Olga  |  April 16, 2015 om 10:04 vm

        Sover ek onthou, was dit op hulle eie soos ‘n tennisbaan. Rolskaats, ysskaats, dit was net nie vir my nie. 😀 Nog nooit goete aan my voete nodig gehad om te skaats nie.

  • 15. Kameel  |  April 16, 2015 om 1:25 nm

    Ek was gaande oor inry. Weet sowaar nie of dit soseer oor die flieke as oor die “vibe” by die inry gegaan het nie.

    Antwoord
  • 16. Klip  |  April 16, 2015 om 1:47 nm

    Bethal inry!!! as kind gesien hoe hy gebou word, fliek toegegaan, (en waar ek al my onskuld verloor het). Daar gewerk, skool vakansies , van die hek tot in die kafeteria. Kyk nog gereeld op google earth na die vervalle inry area en omgewing waar ek groot geword het

    Antwoord
    • 17. Olga  |  April 16, 2015 om 2:07 nm

      So sad Klip. Alles waaraan mens waarde heg, gaan tot niet. Jou onskuld verloor? Het jy daar gesteel? 🙄

      Antwoord
  • 18. Klip  |  April 16, 2015 om 3:59 nm

    Wel , ek het meer kos geeet as wat ek moes , toe ek in die kafeteria gewerk het . Ek het van my vriende ongesiens verniet laat ingaan toe ek by die hek gewerk het……………..en my vriendin se ma het die inry besit , so ons het gewoonlik op n sondag middag vir ons gaan choclates haal…..sal ons dit steel noem?.

    Antwoord
  • 19. Klip  |  April 16, 2015 om 4:01 nm

    Laat my aan Meatloaf se liedjie dink……………

    “Paradise By The Dashboard Light”

    [Boy:]
    I remember every little thing
    As if it happened only yesterday
    Parking by the lake
    And there was not another car in sight
    And I never had a girl
    Looking any better than you did
    And all the kids at school
    They were wishing they were me that night

    And now our bodies are, oh, so close and tight
    It never felt so good, it never felt so right
    And we’re glowing like the metal on the edge of a knife
    Glowing like the metal on the edge of a knife
    C’mon, hold on tight
    C’mon, hold on tight

    Though it’s cold and lonely in the deep dark night
    I can see paradise by the dashboard light….”

    Ok Ok die meisie in die liedjie wou eers trou……………..

    Antwoord
  • 20. Klip  |  April 16, 2015 om 4:30 nm

    By die inry teater was daar vir my die meeste “eerstes” in my lewe . Ons het so naby gebly dat n mens die groot screen ( van sinkplaat) kon sien , en op n stil aand die klank ook kon hoor.

    Antwoord
  • 21. Klip  |  April 16, 2015 om 5:46 nm

    Olga delete maar as dit te sensitief is

    Juffrou vra Jannie om sy eie gedig voor te lees.

    Jannie: “Ek staan op die wal van Kaap Aghulas, die water plots so teen my ballas.”
    Juffrou: “Ekskuus?”

    Jannie: “Ek staan op die wal van Kaap Aghulas, die water plots so teen my ballas.”
    Juffrou: “Jou onbeskofte klein donner, prinsipaal toe met jou!!!”

    By die prinsipaal aangekom sê juffrou: “Sê gou vir meneer daai gediggie van jou.”

    Jannie: “Ek staan op die wal van Kaap Aghulas, die water plots so teen my knieë.”
    Juffrou: “Dis nie wat jy vroeër gesê het nie.”
    Jannie: “Vroeër was dit high-tide juffrou”

    Antwoord
    • 22. Olga  |  April 16, 2015 om 8:01 nm

      😆 is mos Olga.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: