Etiket.

Maart 16, 2015 at 10:22 nm 13 Kommentaar

etiket1

Mense stuur hulle kinders universiteit toe en verwag dat jy ‘n netjies pakket gaan terug kry.

Nee, nee! Vandag wil ek nie kak en kerm oor die uitverkorenes se eise om universiteit geleerdheid te hê nie. Eerder oor die gegradueerdes se verwaandheid. Mens sou verwag dat die duur opleiding darem ‘n les of twee oor etiket sal insluit. Watwo. Die goed wil bel en dan verloop die gesprek soos volg.: “Olga, dis dr High and Mighty hier.” Natuurlik maak dit dadelik Olga se ruggraat styf. “Ekskuus?” Sal ek dan vra terwyl ek dink “Poephol, ek het ook ‘n titel. Dan antwoord hy: “Wie praat nou?” Dan sal ek my titel ook gebruik. “Mev. Oksel.” Sy hoogmoedige moer.

Het my vandag so vervies die plaaslike drol wie oom Ridder gebel het. Jy en jou en Ridder voor en agter. Oom Ridder is ouer as dr Drol se pa. Het hulle geen maniere nie? Neem hy nou maar aan sy geleerdheid maak hom verhewe bo ons almal? Plaas van gaan hulle sommer terug skool toe om goeie maniere te leer. Maar nee, wag, goeie maniere het mos saam met die NP van die mêp af verdwyn.

etiket

Ek moet tog my ore oophou, hoor of sy vrou haarself voorstel as “Mev Dr Drol.” Sy reken mos buitendien dat die gemeenskap hom behoort te dien. Ekskuus? Was my eerste reaksie. Toe sê sy “O, ek het myself verkeerd uitgedruk. Hy is die enigste dr op die dorp. Maar dink jy iemand sal vir hom ‘n bossie wortels of ‘n pakkie koeksisters of ‘n bakseltjie beskuit bring?” Waarop ek geantwoord het, “Dink daaroor.” Sy pasiënte moet van die eerste tot die laaste Stilpain pilletjie betaal, so as hy wortels, beskuit of koeksisters wil hê, kan hy dit bestel en betaal. Nes die res van ons.” ‘n Graad of twee maak nie almal met wie jy in aanraking kom, jou onderdane nie. Jou geleerdheid behoort jou eerder wyser te maak. Die Engelse het ‘n mooi naam daarvoor hulle noem dit “Common Courtesy.” Gaan neem lesse.

Buitendien, hulle behoort ook te weet hy is nie meer die enigste dr op die dorp nie. Die ander een noem almal Meneer, Mevrou en of Mejuffrou. Sy verwag ook nie die gemeenskap moet haar dien nie. Of koeksisters, beskuit of wortels aandra nie.

Gedagte van die dag: As ek al voorheen hieroor gekerm het, ekskuus.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Kinders was nog kinders – Ruben Lennox Seisoene.

13 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Maart 17, 2015 om 8:18 vm

    Eerste . . . Mevrou Oksel.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 17, 2015 om 8:26 vm

      Jy beter Mej Merrie.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Maart 17, 2015 om 8:35 vm

    In Gauteng vee die meeste mense hulle af aan titels. Daar is natuurlik so baie in omloop, dat dit niks snaaks is nie. Terloops, nie almal met ‘n graad het ‘n outomatiese titel ook nie.

    Netso is ‘n dokter se vrou niks om oor opgewonde te raak nie. Vrouens verdien deesdae met hulle eie prestasies roem, nie met wie hulle getrou het nie. Sy lewe in ‘n fantasie wêreld wat sal verbrokkel as sy uit haar dammetjie gepluk word. Duidelik het sy niks uit eie reg bereik nie.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Maart 17, 2015 om 11:20 vm

      Hoe lekker lag ek nou.

      Antwoord
    • 5. Toortsie  |  Maart 17, 2015 om 12:44 nm

      Net ter interessantheid… Ek het mos 2 titels… Vasgegroei aan my lyf… 😉

      Antwoord
      • 6. Olga  |  Maart 17, 2015 om 5:09 nm

        Vertel, vertel?

      • 7. Toortsie  |  Maart 17, 2015 om 5:13 nm

        Oeeee hoe swaarder ek weeg hoe swaarder weeg die tietels ook. 🙂

      • 8. Olga  |  Maart 17, 2015 om 8:21 nm

        Ag maar jy het mos al sulke banting inhamme aan die gewig gemaak. 😀

  • 9. Toortsie  |  Maart 17, 2015 om 12:43 nm

    Sjoe! So sy VERWAG dat die karmenaatjies vir haar aangedra gaan word? Jo jo jo…

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Maart 17, 2015 om 5:10 nm

      Die “ingeligtes” of is dit die “verligtes” is net soms so vyftig jaar na hulle tyd.

      Antwoord
  • 11. Sparkle  |  Maart 17, 2015 om 11:18 nm

    Nee jinne Olga, ek sal daai windlawaai nou glad nie ondersteun nie.

    Uit persoonlike ondervinding het ek geleer dis die gene wat voel hul moet nog hulself bewys, wie so upstears raak. Mense wie lank in ‘n bedryf is en uitstekend is weet hul hoe nie hulself te bewys of aanstellerig te wees nie.

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Maart 18, 2015 om 10:10 vm

      Hoe slaan jy nou die spyker op sy kop hoor.

      Antwoord
  • 13. Kameel  |  Maart 18, 2015 om 1:55 nm

    Dit laat my hare ook regop staan.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: