Die vet weet

Maart 8, 2015 at 10:15 nm 23 Kommentaar

Wat ‘n naweek. 4k. Ek weet nie wat gaan aan met mense nie. Die hele donnerse naweek het my naaste bure se brakke soos besetenes gekef. Eintlik Saterdag môre net na vier begin.

Daar is sowat ses keffertjies. Onder ander Worsies, Jack Russel en Maltese. Die een lot sal insit met ‘n skril blaf, dan wissel die ander dit af met tjanke. So het dit Saterdag heeldag ook aangegaan. Ek ken die mense nie. Ek weet net dit moet twee gesinne of egpare wees wat daar woon. Die een klomp bewoon die huis, die ander lot die woonstel. Saterdag aand het dit woes gegaan. Wanneer die hondjies die noot ingesit het, het die Alsations hoër op in die straat die noot uitgerek en die bullterriers in die volgende straat sou dan vir die afsluiting sorg. Gevolg deur die ander brakkies se plat getjank net om die aria heeltemal te voltooi. Natuurlik net tien minute later sou die hele proses herhaal word.

Teen eenuur was m moer al so skurf ek het by die deur uitgestorm om in die groentetuintjie te gaan staan en roep. So kan dit darem nie aangaan nie. Natuurlik het niemand geantwoord nie. Toe het ek die lang verestoffer en die flits kom gryp. Natuurlik was die flits dood. Toe moes ek maar die kans waag om die venster van die woonstel te breek as ek te hard sou klop. Tok tok tok met die stoffer se steel teen die venster, roep, klop weer. Sweet blue boggerawl. Ek neem aan die mense was weg vir die naweek. Toe loop ek in die ligpoel en klippe soek. Nada. Voel voel op die klam gras na klippe waar die ligskynsel nie val nie. Sweet blue fannie. Beste wat ek toe kry is ‘n hand vol botterbone in die yskas. Gooi, maar omdat dit lig is, trek dit nie waar ek dit wil hê nie. Toe het ek die kettie beetgekry. ‘n Paar bone het kort geval vir die dak maar blykbaar die honde getrek. Want toe was daar ook ‘n “chow” tussen hulle.

@#$% ^$&$ #$^%&$%!!!! Ek het dit oorweeg om die hek oop te maak en in die straat na klippe te gaan soek. Maar die dêm straatligte was dood. Ek was nie lus om daar op al vier rond te soek na klippe nie. Sondag het ek seker gemaak dat ek klippe in die straat opgetel het. Die blikslaers moes besef het waarvoor ei die klippe loop en soek, want hulle is tjoeps stil vanaand. Maar die houertjie klippe en die kettie het ereplek vanaand op die bedkassie.

Geniet die week.

Gedagte van die dag: Dis die reën wat die keffers stil hou vanaand. Ek beter gaan slaap voordat dit ophou.

Entry filed under: Bitch en Moan.

Mr Muscle Wie se skoene is dit?

23 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Maart 9, 2015 om 8:28 vm

    Goeie more Olga!. Kry vir jou n paintball geweer. Dit laat n hond baie vinnig hardloop en help ook om hom te genees van blaf. Hou net n paar paintballe vir die eienaar ook.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 9, 2015 om 8:36 vm

      😀 Kan beslis werk. Net, ek dink al is dit die honde wat blaf, is die eienaars skuldig. Maar o, sonde tog. Jy sien mos selde ‘n mens buitekant. Of hulle heeldag huis skoon maak (gebruik seker almal mr Muscle) of net eenvoudig heeldag voor die tv sit en vrek, weet ek regtig nie. Anders sal jy mos sien hoe bring ek my dae tussen die selle en die hof deur. Ek sal die boggers skiet dat hulle honde ‘n les kan leer.

      Antwoord
  • 3. Klip  |  Maart 9, 2015 om 8:28 vm

    A young Arab asks his father, “What is that weird hat you are wearing?”

    The father said, “Why, it’s a ‘Chechia’ because in the desert it protects our heads from the sun.”

    “And what is this type of clothing that you are wearing?” asked the young man.

    “It’s a ‘Djbellah’ because in the desert it is very hot and it protects the body,” said the father.

    The son asked, “And what about those ugly shoes on your feet?”

    His father replied, “These are ‘Babouches” which keep us from burning our feet in the desert.”

    “Then tell me,” added the boy.

    “Yes, my son?” replied the father.

    “Why are you wearing all this kak in Cape Town?”

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Maart 9, 2015 om 8:38 vm

      Wha ha ha ha ha. Wonder ek ook as ek die vroue met hulle swart gewade in Nelspruit, Hazyview en die watervalle sien.

      Antwoord
  • 5. Spokie sny spoor  |  Maart 9, 2015 om 9:40 vm

    Ai jinne! Maar dis mos ‘n irritasie, die keffertjies. KLink ook nie of die eienaars eers skaam kry of verantwoordelikheid wil neem nie.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Maart 9, 2015 om 10:14 vm

      ;lol: Om verantwoordelikheid te neem sal beteken hulle moet die lap los of hulle oë van die tv af wegskeur.

      Antwoord
  • 7. Sparkle  |  Maart 9, 2015 om 11:48 vm

    Nee kyk Olga, daar is net een van jou, doen so voort! Wat van waterbalonne? Het julle ouens daar nie ‘n “law inforcement” nie? Hier by ons sort hulle blaffers chop-chop uit!

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Maart 9, 2015 om 5:37 nm

      Die law enforcers sal te bang wees die honde blaf vir hulle. Vandag sê die honde eienaars “Ons kan nie help as die honde blaf as ons nie hier is nie.” Tjk.

      Antwoord
      • 9. Sparkle  |  Maart 10, 2015 om 8:47 vm

        Okey, dis lelik …maae ‘n klapper of twee gaan dalk hulle tjanke aftrap.

        Shame, die eintlik nie stoute honde nie, maar onverantwoordelike base. Ah nee ah!

  • 10. Klip  |  Maart 9, 2015 om 12:37 nm

    n Hond wat honger is blaf ook meer. ……………

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Maart 9, 2015 om 5:53 nm

      Dis ‘n feit.

      Antwoord
  • 12. Xena Phoenix  |  Maart 9, 2015 om 3:57 nm

    Voer hulle disprins. Dan los die keffertjie op en sien ‘n mens hulle nooit weer nie. 😉

    Antwoord
    • 13. Olga  |  Maart 9, 2015 om 5:37 nm

      Nou dis ‘n dêm goeie plan.

      Antwoord
  • 14. scrapydotwo  |  Maart 10, 2015 om 5:18 vm

    Sonne met die honne! So n honde gesang kan mens beslis teen die mure laat uitklim. Kannie verstaan dat mense so baie honde moet aanhou en dat hul dan nog buite alleen moet wees snags

    Antwoord
    • 15. Olga  |  Maart 10, 2015 om 8:40 vm

      Normaalweg is die bure se honde snags stil. Dis aan die anderkant waar die Jack Russel heeldag blaf. Maar as sy Mamma van die werk af kom, is hy binne by haar. Dit is gelukkig nie heelnag nie. Maar ai, van die res, kan mens ongelukkig nie dieselfde sê nie.

      Antwoord
      • 16. scrapydotwo  |  Maart 10, 2015 om 8:48 vm

        Aan my agterkant is daar n industriele gebied en een plek het honde wat plek oppas. Naweke as die honde alleen is blaf hulle aanhoudend en verwoed. Moet by se di sewe opgeskote groot honde. Moet eintlik dit aangee by munisipalitet

      • 17. Olga  |  Maart 10, 2015 om 2:55 nm

        Jy moet. Aangesien hulle die fabriek/ werkswinkel oppas, is dit onwaarskynlik dat hulle blaf omdat die mense nie daar is nie. Die arme goed is in alle waarskynlikheid sonder kos gelaat.

  • 18. Klip  |  Maart 10, 2015 om 4:54 nm

    Ek het vir my n steek baard brakkie by die SPCA gekry , by die veearts sy vier boonste voor tanne laat trek , n stukkie goud in een slagtand gesit , vir hom een van daai halsbande met spikes aangesit , en hom n mean tattoo op sy boud getattoeer. Nou blaf die honde net in die buurt as hy so se………blath blath blath…………

    Antwoord
    • 19. Olga  |  Maart 10, 2015 om 6:05 nm

      Ek moet dit met my Lieplapper doen. Sal hy dit geniet as al die ander honde na sy pype dans.

      Antwoord
  • 20. Kameel  |  Maart 11, 2015 om 5:22 nm

    Jy het my mos die raad gegee om klippe op die dak van die mense hier agter ons te gooi. Dit is teeldak…. sal nie werk nie. Neem toe die naweek ‘n handvol gruisklippe en gooi dit oor die muur want honde tjank al heel oggend. Toe kom die buurvrou vining uit en se ek moenie klippe gooi nie want dit val in die swembad. Hierdie honde sal ‘n mens sowaar teen die muur uitdrywe.

    Antwoord
    • 21. Olga  |  Maart 11, 2015 om 6:20 nm

      Het jy nie die buurvrou met nog ‘n hand vol gruis gegooi nie? Ek sou die kans met albei hande aangegryp het.

      Antwoord
      • 22. Kameel  |  Maart 11, 2015 om 6:21 nm

        Nee, net gevra sy moet haar honed stilhou.

  • 23. Klip  |  Maart 12, 2015 om 7:49 vm

    I was at the Unemployment Insurance Fund (UIF) office this morning to sign up my dog.
    The woman said, “Dogs are not eligible to draw benefits”.

    I argued that my dog is black, unemployed, idle, can’t speak English and has no clue who his dad is.
    She looked in her UIF Policy Book to see what it would take to qualify.

    He gets his first cheque on Friday.
    This is a great country!

    Antwoord

Lewer kommentaar op Olga Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter