Die kudde

Maart 1, 2015 at 11:01 nm 13 Kommentaar

Ek het onlangs by ‘n vereninging aangesluit. Die gewese voorsitter van die vereniging, was ook die streeks voorsitter vir etlike jare. Maar ook daar, was haar ampstermyn verstreke.

Maar voordat ek nou draaie gaan loop, ek dink ons is maar basies almal kudde, trop, parlementslede. (He he he.) Nie daardie parlement nie. Of miskien juis. Waar ons gelei word, sal ons volg. Wat die leier doen, volg ons maar slaafs na. Kyk byvoorbeeld in die kerk, as die voorsinger in ‘n hoë stem insit, dan volg ons almal op ‘n hoë noot, of jou stem nou deurslaan of nie. Maar in elk geval, telkens as die voorsitter aan die woord is, onderbreek die gewese voorsitter/streeksvoorsitter haar. Dan hang almal aan haar lippe.

Toe aan die einde van die aand, met die afsluiting, vertel die voorsitter ons dat dit weer tyd is vir die maandelikse streeksvergadering. Weer spring die gewese voorvrou op en noem name sodat die “nuwe dames” ook sal weet wie die komiteelede is. Sy vra met wie se kar daar gery gaan word en kondig dan ook aan solank sy kan “bestuur” want sy het tog ‘n broertjie dood aan saamry met ‘n ander bestuurder as sy self.

Be that as it may. Toe kondig sy sommer die maand se projek aan ook. Kom ons sê maar dis bedsokkies. Sy lees sommer soos sy daar staan die patroon ook uit haar leêr. Die ander skryf, maar ek kan mos bedsokkies brei. Die prent wat sy opgehou het, ken ek. Ek brei dit al meer as dertig jaar. Hoe verder die vrou praat hoe meer weet ek sy praat absolute stront. Aan die einde van die aankondigings, doen sy sommer die afsluit gebed en seil baie majestueus by die deur uit. Die volgende dag ontmoet ek een van die dames by die wolwinkel. Sy wou weet of ek al begin brei het. Ek wys toe ek het mos nou net die wol gekoop. Ek het toe gevra of sy dink die patroon is reg? Ja, as Tina ‘n patroon gegee het, word dit “net so” gedoen of glad nie. Ek besluit in elk geval te hel daarmee, ek doen wat ek weet reg is.

Toe ons die laaste keer daar was, sit almal met een voltooide bedsokkie. Groot genoeg om ‘n hele baba in te sit. Die Olga sit egter daar met ‘n perfekte paar sokkies.

Gedagte van die dag: Dit was sommer die einde van Olga se lidmaatskap ook. Eie besluit. Ek is seker maar die losbol.

Geniet die week. Bly veilig.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Troef jou Klip? Weer mymering

13 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Maart 2, 2015 om 7:35 vm

    Skoonma het nou na derjare haar lidmaatskap an die VLV opgesê. Sy sê die ouderdom het haar ingehaal.

    Ekke was nog net lid van ‘n kerk en die het ek ook nou opgegee. Die fout is meestal myne want ek kan glad nie onlogiese gewoontes of onpraktiese reels navolg nie. As ek verdrink sal jy my seker stroom-op kry.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 2, 2015 om 1:13 nm

      Dalk moet ek probeer uitvind of hier ‘n tak van die vlu is. Maar behalwe vir bosbou, gaan hier mos nie landbou aan nie.

      Antwoord
  • 3. Spokie sny spoor  |  Maart 2, 2015 om 9:22 vm

    Moet sê, ek kry nogal die huidige voorsitter hier jammer, ek meen, sy moet die intjip van die vorige een ‘hanteer. Kannie lekker wees.

    Ek glo ‘stroom-op’ ouens is nodig. Soms bring hul die boot weer terug in die hoofstroom waar dinge vir die toekoms beter is …

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Maart 2, 2015 om 1:15 nm

      Ek is nie ‘n leier nie, ook nie ‘n volger nie, maar ek sien myself as ‘n doener.

      Antwoord
      • 5. Spokie sny spoor  |  Maart 2, 2015 om 3:47 nm

        Aaa – interessant Olga. Die wêreld het meer doeners nodig en minder ga… stoelsitters.

      • 6. Olga  |  Maart 3, 2015 om 8:34 vm

        Hie hie hie. 🙂

  • 7. Xena Phoenix  |  Maart 2, 2015 om 9:40 vm

    Mens kry net lyke stroomaf.

    Olga, weet jy dan nie dit is seer om verder te dink as wat jou neus lank is nie?

    Mense wat bedank het, moet hulle ry finaal kry. Nie ‘n back seat driver word nie.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Maart 2, 2015 om 1:12 nm

      lag te lekker. Was nie bedank nie, die mens se termyne was net uitgedien. Of die rakleeftyd was om, so iets.

      Antwoord
  • 9. Klip  |  Maart 2, 2015 om 7:22 nm

    Het ook gehoor van n klomp aunties wat n patroon van bosbou gekry het , maar almal het toe maar besluit op n brazilian…………..

    Antwoord
  • 10. Klip  |  Maart 2, 2015 om 9:42 nm

    Stig ek ook mos my eie klub . Ons is reeds drie lede . Me, myself and I . Me is voorsitter maar die ander twee lede bly my interrupt……….nou wil ek afstig. Mev Klip se my ek moetr n voet dokter gaan sien want my voete neuk my kop rond

    Antwoord
  • 11. Klip  |  Maart 2, 2015 om 9:46 nm

    Sien ook gereeld fotos van die tannies van verskillende VLU takke hier in ons dorp………….ek dog hier is net steenkool myne.
    Seker maar as jy n bonzai aan die groei kry kan jy by die VLU aansluit

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Maart 3, 2015 om 8:37 vm

      Dalk het hulle khakibos bonzai’s geword? Weet jy khakibos is few and far between in ons wereld. Maar hier floreer die pêrepisbos. Ek wonder of dit sal kwalifiseer?

      Antwoord
    • 13. Olga  |  Maart 3, 2015 om 8:38 vm

      Oeee, skuus! Was veronderstel om te sê die perde(snuif)bos.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: