Toeka tokkel 7. Modes.

Februarie 11, 2015 at 6:21 nm 10 Kommentaar

Wat kan Olga oor modes sê? Behalwe dat die hipsters en lowrider jeans my na my naai-masjien dryf. Om nie te praat van die Chinese gemors wat rokke en bloese genoem word nie. Ons het nog naaldwerk op laerskool gedoen. Was ‘n keuse vak op hoërskool. Maar ons het op laerskool ‘n naaldwerk juffrou gehad.  Regdeur tot st 5.   Ek het nou haar getroude van vergeet. Sy was ‘n juf De Kok voor dit. Ewentwel, sy het altyd ons meisies by name uitgeroep in die naaldwerk klas.  Sy sou dan aan jou uitgewys het dat jy ‘n modeslaaf is, ten koste van hoe jy lyk.   Sy het dan alreeds by die winkels jou mode boeboes op sig geneem. Sy sou die dogter die klere laat aantrek het en dan uitgewys wat alles volgends haar die klere ‘n blaps gemaak het. Dan het sy ook klere op sig geneem van wat die dogter, volgs haar eerder moes gedra het. Al was ons rebels, kon ek tog die wysheid van haar dade, insien en verstaan. Natuurlik het alle ouers nie daarvan gehou nie. Tog het haar raad my bygebly. Ek wil ook eers uit rigtings na myself kan kyk wanneer ek klere aanpas. Wat natuurlik nie moontlik is nie. Homer vind alles “mooi.” Kyk, as hy eers gesê het mooi, dan gaan trek ek uit en blaas die aftog. Anders gaan ek ook soos ‘n kersboom lyk. Be that as it may, if all else fails, is daar darem nog jeans en ‘n top vir back up. Gedagte van die dag: Ek is nou lus om my masjiene uit te pluk.,

Entry filed under: Huiswerk.

Stilte. Nie vanaand nie.

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Laviga Heks  |  Februarie 11, 2015 om 8:04 nm

    EENSTE

    Antwoord
  • 2. scrapydotwo  |  Februarie 11, 2015 om 8:45 nm

    Dardie laerskool naaldwerk het die basis vir jare se klere-maak verskaf. My ma het darem ook baie bygedra om n liefde vir naaldwerk te kweek. Baie dankie vir jou deelname aan Torka-Tokkel, ek waardeer dit

    Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Februarie 12, 2015 om 8:45 vm

    Ek vir een is baie bly dat ek nie naaldwerk op hoërskool moes doen nie. Toegegee, ek weet seker ook nie hoe om aan te trek nie. Sou dalk die klere lesse moes neem, solank dit nie enige maak ingesluit het nie.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Februarie 12, 2015 om 9:46 vm

      Dit was nie deel van die curriculum nie. Baie ouers het haar dit verkwalik. Maar brei en naaldwerk was wel deel van die curriculum.

      Antwoord
  • 5. Spokie sny spoor  |  Februarie 12, 2015 om 12:17 nm

    My ma en oudste sussie het tot trourokke gemaak! Die hele dag gesit en werk. Maar ek was meer vir buitekant – het eers gedog daars iets fout met my. Oulik geskryf Olga!

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Februarie 12, 2015 om 2:11 nm

      Ek is ook ‘n buite mens. Soek die son. wind, reën op my vel.

      Antwoord
  • 7. Kameel  |  Februarie 12, 2015 om 3:58 nm

    Ek het op stadium gekom dat ek wens iemand wil my nou aantrek, soos daardie juffrou van jou, sonder blapse. My skoondogter doen ‘n goeie werk, maar sy sit by die see en partykeer het ek haar dringend nodig. Ek is nie meer lus vir die gesukkel by die winkels nie….. made in China!!!

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Februarie 12, 2015 om 7:06 nm

      Wee jy, dan gaan ek om materiaal te koop, sal die verdomme olga dan wragtig in die buis afloer. Ja, ja, julle is reg. MADE IN F&^%$&* CHINA.

      Antwoord
  • 9. Toortsie  |  Februarie 14, 2015 om 1:02 nm

    Ja, Hipsters hou nie als binne wat binne gehou moet word nie.
    Ek het skoolnaaldwerk vreeslik geniet. Toe moes ek in standerd 7 kies tussen naaldwerk en boekhou. Sjoe! Moeilike keuse. Boekhou het gewen omdat ek gedink het my ma kan my maar ‘n bietjie leer. Wens ek kon albei doen!

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Februarie 14, 2015 om 4:05 nm

      Eh dit was die tyd van beperkte keuses. Ek moes ook in st 7 kies tussen naalwerk en boekhou. Natuurlik het boekhou ook gewen in my geval.

      Antwoord

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: