Toeka tokkel 6. Olga se onthou.

Februarie 4, 2015 at 12:09 nm 15 Kommentaar

toeka tokkel

Ek het by Grieters van Scrapy se uitdagings gehoor.

Ons het omtrent groot geword met die telefoon hierbo. As ek nou reg onthou, het die outjie se voorganger dieselfde gelyk. Ek en nig Google bly misverstaan mekaar nou op die issue. Maar ek dink pleks van ‘n nommerskyf, had dit net ‘n donkerrooi knop onder die gehoorstuk gehad. Die het jy dan, gehoorstuk teen die oor, gedruk om te hoor of die lyn in gebruik was.

Onthou, ek was nie ‘n plaaskind nie. Ek was ‘n stedeling. Jy het die knop gedruk en ingehou vir ‘n sekonde of twee om by die “sentrale” uit te kom. Onthou, alle nommers in daardie tyd het deur die sentrale gegaan. Maar in elk geval, dit was ook maar ‘n paar huishoudings per lyn. Dikwels was die “pieng” gehoor wat jou vertel het iemand het die knop gedruk vir “sentrale” dan het ons kinders die gehoorstuk opgetel en afgeluister.

Die bure wie die foon gebruik was 9 / 10 kere bewus van die feit dat hulle afgeluister was. Dan het hulle outomaties die name van die kinders wie se ouers op die deellyn was, begin noem. Ons kinders was seker maar destyds te eerlik om te jok, As jou naam genoem was, het jy geantwoord. Dan het die onderhandeling begin. So het my ouer sus in besit gekom van ou Piet. ‘n Hoenderhaan wat met net een oog deur die lewe gegaan het. Ek het ‘n versameling diertjies, uit die Frisco koffieblikke, bekom. Ek dink ek mag dalk nog een of twee van hulle hê. Maar nou gee ek my ouderdom liederlik weg.

Ewentwel, nog later het ons die telefone met die nommerskyf bekom. Maar steeds moes oproepe deur sentrale gegaan het. Wat ek nou kan onthou was dat ons 0 moes draai vir die sentrale wie dan jou oproep vir ‘n sekere tyd bespreek het, of jy moes maar geduldig gewag het totdat jou oproep deurgekom het. Ek dink amper die besprekery was net op langafstand oproepe van toepassing. Verder het ons 9 gedraai om die “tyd” te kry. He he he. Jy het nie kanse gevat met die persoon wie daar geantwoord het nie. Want, hy/sy het geweet waar jy woon, onthou.

As ons egter verby die “tiekie boks” geloop het, was dit ‘n perd van ‘n ander kleur. Dan het jy maklik 9 gedruk net omdat jy verveeld was. Natuurlik sou ons dan gestry het, want jy het mos geweet dat Giepie se akkuraatheid met die tyd, sy trots was. 😀 Helaas, die telefone met die nommerskywe het ook Ikabod oor die ooms en tannies van die “Sentrale” begin skryf. Want dit het die begin van individuele lyne ingebring.

Voordat jy geweet het waar jy was, was daar feitlik elke jaar of drie ‘n nuwe telefoonbeskikbaar. Maar daar het jy nou die foon uit Olga se kinderdae.

Gedagte van die dag: Ek moet my diertjies soek.

Entry filed under: Huiswerk.

Hoenderhol. Eskom rewards bosses for fine job

15 Kommentaar Add your own

  • 1. Laviga Heks  |  Februarie 4, 2015 om 1:14 nm

    Eenste

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Februarie 4, 2015 om 5:45 nm

      Whooop whoop. Viga, ek het al opgegee om te hoop om jou weer hier te sien.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Februarie 4, 2015 om 5:27 nm

    Jinne, Olga. Ek het nie geweet jy is so oud nie. 😉

    Dit is nogal interessant. Ek het hier en daar al ‘n plaaslyn teë gekom en net nog gelees van ‘n oproep bespreek. Geen wonder die Maasdorpse meisies moes maar skryf nie.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Februarie 4, 2015 om 5:47 nm

      Sjtttttt. Moet jy so hard vloek? Sien, skryf het ook sy nut gehad. Behalwe dat die pos toe nie so laks bedryf was soos nou nie. Ek het al ‘n maand en ‘n dag gelede ‘n brief Namibia toe gepos teen ‘n allermintige R38, 60 (of so iets). Die brief hike seker nog, dis nog nie daar nie.

      Antwoord
  • 5. Sparkle  |  Februarie 5, 2015 om 8:19 vm

    Ek sal baie g raag daai diertjies wil sien. Toe ek klein was het ons ook nog daai draaiskyf foon gehad, maar daai dae was daar nie meer ‘n kragsentrale nie. Ons huisfoon se nommer was 2453. Net dit. Ek onthou na elke draai slag van ‘n nommer kom jy die “gggtiktiktik” hoor van hoe die foon die nommer “soek”. Deesdae hoor mens maar min landlyn telefone tring-tring. In ons 7 huisie pophuisie straat hoor ek dit nooit.

    Antwoord
  • 6. Itzi  |  Februarie 5, 2015 om 8:39 vm

    Ek onthou ook die fone wat so gelyk het. Ek onthou die nommer nie, dit was mos later 1023 maar ons kon ook bel o, die regte tyd te kry.

    Antwoord
  • 7. scrapydotwo  |  Februarie 5, 2015 om 10:07 vm

    Dis te lekker dat jy deelgeneem het en oor die telefoon geskryf het. Na die swarte met die slinger het ons ook die gryse met die knop wat jy indruk gehad en daarna die een waar jy die skyf self draai met n sekere no vir die lyn en dan die nommer wat jy bel. Ek gaan gou jou skael insit by my lysie!

    Antwoord
  • 8. TOEKA-TOKKEL 7 : KLERE/MODE | scrapydotwo  |  Februarie 5, 2015 om 10:10 vm

    […] https://olgaseokseltjies.wordpress.com/2015/02/04/toeka-tokkel-olga-se-onthou/ Nog n inskrywing, dis die grys met maroon  telefoon se onthou […]

    Antwoord
  • 9. Kameel  |  Februarie 5, 2015 om 11:07 vm

    Aag ek het skoon van die 9 vir tyd vergeet. Jy onthou baie meer as ek van die telefone…. maar dan weer ek is van toeka, en die geheue nie meer sooooooo goed nie 🙂

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Februarie 5, 2015 om 11:15 vm

      🙂 Sally, ons het groot pret en groot pakslae gekry oor die telefoon kaperjolle. Te veel om te vergeet.

      Antwoord
      • 11. Kameel  |  Februarie 5, 2015 om 11:19 vm

        Dan was ek seker te soet 🙄 Ek onthou die verniet oproepe by die telefoonhokkie… iemand het die draad ‘n keep ingesny dan vryf jy dit teen “iets” kannie eers meer onthou teen wat nie, en voila!!! daar praat jy sonder om te betaal.

      • 12. Olga  |  Februarie 5, 2015 om 11:54 vm

        Terwyl ons in die sitkamer aanjaag met die telefoon, het ons vergeet ons ma”s en die buurtannies, op dieselfde deellyn gesels terwyl hulle wasgoed ophang. Ons het dikwels nog so geluister, dan het ons wyse Moedertjie ons op heterdaad betrap.

  • 13. Toortsie  |  Februarie 5, 2015 om 11:42 vm

    My ouma hulle het so ‘n foon gehad.
    Terloops, my skoonma en skoonpa het op verskillende dorpe by die sentrale gewerk, en het mekaar so op hierdie manier ontmoet. 🙂 Nou is ons bang vir internet “dates”, terwyl hulle al in die OU dae met vreemdelinge oor ‘n afstand gevry het!

    Antwoord
    • 14. Olga  |  Februarie 5, 2015 om 11:52 vm

      Wha ha ha ha ha.

      Antwoord
  • 15. coetzee2014  |  Februarie 6, 2015 om 5:51 vm

    Daardie model, was heeltemal te modern vir ons plaaslyn. Die ou houtkas model is later vervang deur so ‘n swarte.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: