Die hond sal nie weer skool gaan nie.

Januarie 29, 2015 at 12:20 nm 13 Kommentaar

Wel, die storie speel nou nog af, maar ek sal update sover dit gaan. Aangesien Sparkle graag die verloop wil weet.

Ouma het my vanmore gebbm. Die hond, ras, kleur en ouderdom is nog steeds onbekend. Maar Grieters was reg dit is ‘n “tuis” skool. Op ‘n plot. Buite die stad. Op dieselfde plot huur ‘n “oom” ‘n huis. Die skuldige hond behoort behoort aan die oom. Die oom het maar gister besluit om die hond uit te sit aangesien ‘n hond wat eenkeer kind gebyt het, dit weer sal doen. Die skool het ook alle mediese koste sover betaal. Maar…. Die seuntjie is opsoek na ‘n nuwe skool. Die ouers voel glo hulle kan die skool nie vertrou om hulle kind veilig te hou nie.

Nou kyk, die Olga is mos ook ‘n komplot teoretikus. in die storie lees ek soos volg: “Die hond sal nooit weer by die skool gesien word nie, want die eienaar het nou streng opdrag gekry om nie weer die hond saam te bring skool toe nie. Die seuntjie is egter gevra om die skool te verlaat op voorwaarde dat alle mediese kostes gedek sal word. hy was mos gewaarsku maar omdat hy ‘n normale skepsel van ons Hemelse Vader is, het hy vergeet en sy handjie uitgesteek om die hond te streel. Die hond het gehap. Aangesien die seuntjie nou na ‘n ander skool sal gaan, sal dit veilig wees as die happer steeds tussen die kinders nesskop terwyl sy mamma werk.”

So werk dit ten goede uit en niemand sal weet die oom het in elk geval jare laas ‘n hond gehad nie. Maar nou ja, julle weet mos al teen die tyd die Olga sien ‘n komplot in iedere en elke situasie.

Gedagte van die dag: Vind dit vreemd dat die skool betaal het en nie die oom maak betaal het nie.

Advertisements

Entry filed under: Volgens my.

Hond by die skool. Sê nou!

13 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Januarie 29, 2015 om 12:35 nm

    EERSTE!!!!!!

    Antwoord
  • 2. Xena Phoenix  |  Januarie 29, 2015 om 12:38 nm

    Ek vind dit ook interessant dat die skool die mediese onkostes gaan dra. Gewoonlik vat hulle mos jou geld en gee dan ‘n vrywaringsvorm om die skool teen sulke uitgawes te beskerm. As ek nou reg kan onthou van my skooldae: as die skool jou dokter toe gesleep het vir een of ander rede, is die rekening aan die ouers gestuur. Dit is een van die redes hoekom die mediese fonds besonderhede op rekord gehou word.

    Ek wonder of die skool geregistreer is?

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Januarie 29, 2015 om 1:22 nm

      Sal nie kan sê of hulle geregistreer is nie. Maar ek is bly dis nie net ek wat ‘n toesmeerdery sien nie.

      Antwoord
  • 4. Sparkle  |  Januarie 29, 2015 om 12:47 nm

    Dankie vir die opvolg Olga. Wonder of die “oom” nie dalk pa of skoonpa is nie. Ek is ‘n groot diereliefhebber maar ek glo dat jy ‘n hond weg hou van kinders af. Nie net vir die kinders se onthalwe nie maar vir die hond ook. Te te prate eers oor die kattekinders, hulle kan mens lelike hale krap.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Januarie 29, 2015 om 1:24 nm

      Ek sal ook eerder my honde weghou. Of beter nog, leer dat my honde wegbly van kinders af, al moet hulle kom beskerming soek in my skaduwee. Ek dink jy mag dalk reg wees met die pa of skoonpa. Ek sou nie ‘n toevalliged huurder se verantwoordelikheid gedra het nie.

      Antwoord
  • 6. Sparkle  |  Januarie 29, 2015 om 12:52 nm

    As ek ook mag byvoeg, gewoonlik is tuisskole net vir die gesin se kinders, dis nogals vreemd dat ‘n buiteperdtjie ook saam leer.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Januarie 29, 2015 om 1:25 nm

      Daar is baie ander kinders. ‘n Paar klassies is ingerig. In alle waarskynlikheid as ‘n kleuterskool geregistreer.

      Antwoord
    • 8. Xena Phoenix  |  Januarie 29, 2015 om 1:28 nm

      “Tuis” skool – soos iemand wat ‘n kleuterskool by hulle huis het. Ek het nie tuisonderrig bedoel nie. 😉

      Antwoord
  • 9. Klip  |  Januarie 29, 2015 om 1:04 nm

    VYFDE!!!!

    Antwoord
  • 10. Klip  |  Januarie 29, 2015 om 1:06 nm

    Hoort “ooms” ook by kleuterskole???? Dink ek nou aan die inskrywing “Vreeslik”.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Januarie 29, 2015 om 1:27 nm

      Die hond het seker oor of onder deur die draad gekruip. Jy weet mos. Daarom dat hy uitgesit is.

      Antwoord
  • 12. Spokie sny spoor  |  Januarie 29, 2015 om 4:52 nm

    Ai, dis maar ‘n storie. Dankie die opvolg…

    Antwoord
  • 13. carolredelinghuys@Losbek  |  Januarie 29, 2015 om 6:05 nm

    Dis omtrent ‘n vreemde storie…

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: