Hond by die skool.

Januarie 28, 2015 at 12:02 vm 17 Kommentaar

‘n Vriendin het my vanmore gebel. Duidelik ontsteld. Haar vier jarige kleinseun is in die kleuterskool. Die skool het haar dogter gebel en meegedeel dat die seun deur ‘n hond gebyt is.

Die beller het haar on verskoning gevra dat die hond die kind gebyt het. “Maar die kind het geweet hy moes nie naby die hond gaan nie.” Askies? Hoekom stuur ‘n mens ‘n kind skool toe? Ekskuus. Hoekom stuur ‘n ma haar kleuter na ‘n kleuterskool ook bekend as bewaarskool? Hoe regverdig die hoof/ onderwyser / eienaar ‘n hond by die skool? Hoe trek jy jou skouers op en sê “Ek het jammer gesê maar die kind het geweet hy moes nie naby die hond gaan nie.”

Die wet soos ons dit geken het onder die NP regering het gestipuleer dat geen hond in die openbaar sal wees tensy dit aan ‘n leiband is nie. Met dien verstande die leiband sou die hond vashou en ‘n verantwoordelike persoon sou die ander punt vashou. Nou ek weet nie, dalk is ek verkeerd, maar wat is meer openbaar as ‘n skool? Hoe regverdig jy jou hond by jou werkplek, ‘n plek waar kleuters bewaar word? Hoe neem jy ‘n hond skool toe en verwag ‘n kleuter sal nie die hond wil vryf nie, want die kleuter was vertel om weg van die hond te bly. Dan sê jy net “Ek is jammer die hond het jou kind gebyt maar hy het geweet hy moenie naby die hond gaan nie.”

Wat as dit ‘n kruipende baba was? Wat doen mens in die geval? Is dit genoeg net om jou kind na ‘n ander skool te neem en nie om te gee sou die hond ‘n volgende kind byt nie? Na my beskeie mening moet die eienaar van die hond sommer geskiet word. Die hond was nie vertel om van die kinders weg te bly nie. DIE ONUS WAS OP DIE EIENAAR VAN DIE HOND OM TE VERSEKER DAT DIE HOND NIEMAND KON SEERMAAK NIE. ‘n Hond hoort nie by ‘n skool nie.

Gedagte van die dag: Ek hoop die ouers het ‘n klag gaan lê by die SAPD.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Vreeslik. Die hond sal nie weer skool gaan nie.

17 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Januarie 28, 2015 om 4:26 vm

    In Kimberley was ‘n bewaarskool en nasorgsentrum wat ‘n reuse deense hond gehad het. Hy kon duidelik onderskei tussen ondersoek en afknoei. Het gereeld die ontwikkelende boelies blou geknyp en net een keer was gewoonlik nodig. Hy het egter ‘n ontsnapplek gehad. As die wereld te iriterend raak het hy by sy ma {die bestuurder) gaan wegkruip

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Januarie 28, 2015 om 7:53 nm

      Dit kan ek verstaan. Ek het ‘n Dalmation gehad, lank terug en ver weg. Sy was twee jaar oud toe Ousus gebore was. Ek weet almal sweer hoog en laag hoe lieftallig Dalmations met kinders is. My Liza het kinders geduld, maar dis hoe ver dit gegaan het. Het altyd as daar mense met kinders was, of as my skapies te veel vir haar geraak het kom skuiling soek. In Moek se skaduwee. Hierdie kind moes egter drie steke kry.

      Antwoord
  • 3. Sparkle  |  Januarie 28, 2015 om 8:24 vm

    Ek sal graag die einde van hierdie storie wil hoor. Naby my huis is hier ook ‘n speelskooltjie waarvan die eienaars 3 maltese poedels het. My hare reis so bietjie as ek dink aan wat die gevolge kan wees as iemand ‘n boerboel of ‘n pitbull as troeteldier by so instansie aanhou.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Januarie 28, 2015 om 7:57 nm

      Maltese is slim honde hoor. Ek het deur twee van hulle (Ousus sn) respek vir die haarbolle gekry. Ek weet nie watse hond dit is nie. Maar natuurlik, niemand het die hond tevore gesien nie. Maar, wie duld ‘n vreemde hond by ‘n kleuterskool?

      Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  Januarie 28, 2015 om 8:55 vm

    Ek raai sommer dat dit ‘n kleuterskool by iemand se huis is. ‘n Euwel wat wortel en tak uitgeroei moet word. Dit is gewoonlik die kleuterskole by iemand se huis wat die koerante haal.

    Ek onthou hoe een van die onderwyseresse op laerskool gereeld haar hond skool toe gebring het. Sy was die juffrou in die spesiale klas. Toegegee, daardie hond het waarskynlik meer opleiding as van die ander onderwysers gehad. Die hond het ook gereeld saam met haar man hoërskool toe gegaan. Dit was ook nie die enigste hond saam met ons op hoërskool nie. 😉

    Ek dink die verskil was dat die honde nie aggressief was nie. Daar was geen waarskuwing nodig nie. Maar as jy kleintjies onder jou sorg het (veral as jy betaling vir die sorg kry), is jy verantwoordelik vir hulle veiligheid.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Januarie 28, 2015 om 7:59 nm

      Ek het nie daaraan gedink om te vra waar die skool is nie. Sal bietjie uitvind. Kinders is soos goudvissies en ‘n “soet” kind is siek. Mens hou nie happerige hond aan waar kinders is nie.

      Antwoord
  • 7. ddupl3ss1s  |  Januarie 28, 2015 om 9:40 vm

    Lank terug het ek van ‘n GP gebruik gemaak wat sy spreekkamer by hul huis gehad het, as jy sitplek soek het die hond op spesifieke bank gelê – as hy nie daar was nie en jy soek dalk naaste sitplek is daar vir jou vertel ..nee dit is die hond se sitplek ..dit was nie vir my aanvaarbaar in ‘n spreekkamer nie, en daar was poue en die het vir jou deur die venster in die ondersoekkamer, met hul ogies gekyk en soms ten hemele geskree .. so asof jy moet weet jou ellende is geboek .. ek kon in alle liefde dit nie hanteer as die dr met die pou gesels nie, so voordat jy ‘n beurt kry van maak oop jou mond se aaaa..maar dit maak die lewe interessant, ek is darem nie gebyt al is ek op geskree,,

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Januarie 28, 2015 om 8:03 nm

      Pou se skree kan reeds deur murg en been sny. In ons hometown was dit soms nodig om op ‘n Sondag middag gou ‘n kind na die dr se huis te moes neem. Sy eie honde was in die agterplaas. Sy ma se hond sou eerder kom groet. Groot uitgegroeide Alsation. Dan het hy (dr) ons altyd by die kar kom haal en gesê moenie worry oor Adolph nie, hy is net ‘ n puppy. Hy het ‘n “puppy” gebly tot hy van ouderdom dood is.

      Antwoord
  • 9. Klip  |  Januarie 28, 2015 om 12:32 nm

    Ben Babs en familie het ook mos so n ou , orige oumatjie gehad met n flokken hondjie in haar arms orals waar sy gegaan het .

    Ek is baie lief vir honde , maar hulle plek is buite .

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Januarie 28, 2015 om 8:05 nm

      Lol, ek onthou die ou swart gevaartetjie. Met dun nekke en maer pote. Ai, my honde is welkom in die huis. My klein Noenoetjies ken lankal nie meer van buite slaap nie. Maar sy ken darem ook haar plek. Dis nie op Moek se bed of meubels nie.

      Antwoord
      • 11. Klip  |  Januarie 29, 2015 om 7:32 vm

        My een vriend se vrou is n hond “hoarder” of wat noem n mens dit? , al wat n wees hond is eindig by hulle op. Nou die dag see toe , drie van hulle moes saamgaan. Hy het my ook vertel dat hulle in die huis slaap en hoe dit voel om in n spons spyker te trap , in die donker. Ander vriend se honde is so oorgewig en vol arthritis, dat ek dit nie kan aanskou nie.( moet ook byse, hyself weeg 160kg). Wat maak n mens as jou hond sy verval datum bereik het?? .

      • 12. Olga  |  Januarie 29, 2015 om 12:06 nm

        Ai Klip dis so hartseer. Miskien moet ek tog verder met julle deel. Maar sponsspykers in die huis is ‘n baie rare verskynsel in die Olga se huis.

  • 13. Kameel  |  Januarie 28, 2015 om 3:12 nm

    Nou laat dit my dink aan ‘n ander storie (ware gebeurtenis) met ‘n seuntjie en ‘n hond by die kleuterskool wat ‘n pragtige einde gehad het. Maar nie alle stories het so ‘n mooi einde nie. Dink ook nie dit is so slim om ‘n hond aan te hou waar kinders opgepas word nie.

    Antwoord
    • 14. Olga  |  Januarie 28, 2015 om 8:18 nm

      Kinders, veral jong kinders is net so onvoorspelbaar soos honde. Gn mens kan weet wat hulle volgende gaan doen wat teenstrydig met hulle normale gedrag is nie.

      Antwoord
  • 15. Klip  |  Januarie 28, 2015 om 3:42 nm

    Gatiep en Maraai staan wag vir die bus.
    Trok kom verby gelaai met rolle gras.
    Maraai: Sien djy – dis hoe ryk mense leef!
    Gatiep: Hoe?
    Maraai: Hulle stuur hulle lawn weg om gesny te word!!!

    Antwoord
  • 17. Spokie sny spoor  |  Januarie 29, 2015 om 2:46 nm

    Sjoe – ja nee, hulle behoort die enviroment waar die kinders beweeg ten minste veilig te hou … Stem saam.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: