Vreeslik.

Januarie 25, 2015 at 11:22 nm 10 Kommentaar

Besef julle die pedofiel wie te slapgat was om verantwoordelikheid vir sy dade te neem is al ‘n kwart eeu lank dood?

Hy het vroeg in sy lewe al gebots met die gereg. As ‘n seun was hy na ‘n verbeteringskool gestuur nadat hy ‘n kar gesteel het om van Kaapstad na Pretoria te ry waar sy sterwende moeder was. Ses jaar later was hy tot tronkstraf gevonnis vir diefstal. Negentien jaar later was hy tot vier jaar gevangenistraf gevonnis vir die ontvoering, aanranding en seksuele aanranding van ‘n 10 en 13 jarige dogters.

Hy is die man wie verdink was van die verdwyning vir ‘n string jong meisies tussen die ouderdomme van tien en sestien jaar. Daar het ‘n nege jarige dogter ook in die tyd verdwyn, maar haar verdwyning kon met hom en sy houvrou Joey Haarhoff verbind word nie. Ag, dit maak my sommer teneergedruk net om daaraan te dink. Kan julle nie voel hoe die ouers van die dogters moet voel? Die trauma wat hulle al deurgemaak het en steeds deurmaak. Ek dink nie ek sal hulle name noem nie.

Joey het vermoedelik die dogters weggelok en hulle het haar genoeg vertrou om saam met haar in motors te klim om nooit weer gesien te word nie. Hulle laaste slagoffer het daarin geslaag om haarself te bevry en te ontvlug. Die lafaard het sy minnares doodgeskiet en toe sy eie lewe geneem. Tog sal daar altyd gewonder word oor die lot van die vermiste dogters wat wel met hulle verbind kon word.

Die simpatie vir hulle ouers en die mense wie vir hulle lief was sal altyd in alle moederharte wees. Na sewe en twintig jaar sou die ouers al aanvaarding gevind het, maar verseker nie berusting nie. Wat ‘n verskriklike lot om ‘n ouer te tref.

Gedagte van die dag: Mag God hulle versterk, elke dag.

Advertisements

Entry filed under: Mense en hulle dinge.

Uitstappie Hond by die skool.

10 Kommentaar Add your own

  • 1. Laviga Heks  |  Januarie 26, 2015 om 6:42 vm

    Eenste!!!!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Januarie 26, 2015 om 5:51 nm

      Laviga! Laviga! Laviga!

      Antwoord
  • 3. Toortsie  |  Januarie 26, 2015 om 7:18 vm

    Oe, ek onthou nog daardie ry foto’s teen elke muur waar jy by ‘n plek instap. Vermis.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Januarie 26, 2015 om 5:52 nm

      Dis regtig hartverskeurend. Ek bid die ouers sterkte toe.

      Antwoord
  • 5. Xena Phoenix  |  Januarie 26, 2015 om 8:32 vm

    Ek sal natuurlik baie geld betaal om te weet wat van die meisies geword het. As hulle nog lewe is hulle in hulle 30’s. Waarskynlik te oud vir diegene wat hulle oorspronlik gekry het. Is hulle herverkoop, is hulle slawe of is hulle dalk al madams? Lewe hulle of is hulle dood? Het hulle al vergeet om te ontsnap?

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Januarie 26, 2015 om 5:56 nm

      As net een van hulle as volwassene opgeduik het, sou ek persoonlik gedink het daar is ‘n kans dat die ander nog lewe. het hulle dalk vergeet om te ontsnap? Kom ons hoop hulle onthou dan nog. Al is dit net een van die ouers, hoop ek hulle het nog die telefoon nommer wat die kind geken het. Maar helaas. Wat is die kanse?

      Antwoord
  • 7. carolredelinghuys@Losbek  |  Januarie 26, 2015 om 4:14 nm

    Dit sal seker vir ewig ‘n raaisel bly. As dit my kind was, sou ek dit nie kon verwerk nie!

    Antwoord
    • 8. Olga  |  Januarie 26, 2015 om 6:02 nm

      Ai, ai, ai. Dat die drek gaan staan en selfmoord pleeg het sonder om te sê.

      Antwoord
  • 9. Kameel  |  Januarie 26, 2015 om 7:38 nm

    Ek dink daardie nie weet nie moet baie erg vir die naby aan hulle wees. ‘n Mens vergeet nie jou kind nie.

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Januarie 26, 2015 om 11:21 nm

      Net so. Elke verjaardag iets kook waarvan sy/hy gehou het, haar /sy gunsteling kleur.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: