Die Filistyne

Januarie 12, 2015 at 9:30 vm 15 Kommentaar

ete

Gister kom die uwe toe mos terug. Sien ek het saam met Ousus terug gegaan Pretoria toe en ‘n heerlike week saam met haar deur gebring. Waar ek onder andere getrakteer was met ‘n heerlike maaltyd op my verouderingsdag.

Maar soos ons mos almal weet, kom alle goeie dinge mos maar gou gou tot ‘n einde. Voordat ek mooi geweet het waar ek was, het Homer se wit bakkie in haar oprit gestop om my te kom haal. Nee! Nee! Ek het mog nie my rybewys verloor nie. Ook nie die Fordjie geparkeer en vergeet waar nie. Het maar net op uitnodiging in haar kar (word ander Ford’s karre genoem?) gespring en saam gegaan.

Iedergeval, vanmore word ek mos wakker en besef ek is omsingel. Mensekinders! Dit dreun en stamp en gaan tekere hier om my. Toe besluit ek “te hel hiermee. Julle gaan my nie sonder ‘n fight oorrompel nie!” Ek besluit ek gaan opspring met my stokkie of ten minste my breipen in die hand. Die hordes gaan my nie net so vat nie! Nee a! Eisj! Daar trek die ou flessie oor die vloer. Ek het net breipen en kleingeld hoor spat. Gelukkig was daar nie ‘n koos voor my bed nie. Anders sou ek die gemors ook nog moes skoonmaak. Want toe het ek besef indien my SPRING saamgetrek het, het ek dit nog nie opgespoor nie.

Gelukkig het ek toe ek vertikaal verkeer, darem besef dat dit net die munisipale werkers is wat tipies tekere gaan omdat dit hulle eerste dag terug by die werk is.

Gedagte van die dag: Mag die nuwe werksjaar vir een en almal voorspoedig, gelukkig en veilig wees.

Advertisements

Entry filed under: Mense en hulle dinge, Uncategorized.

Voorspoeddige 2015 Wie hou nog vol???

15 Kommentaar Add your own

  • 1. Spokie sny spoor  |  Januarie 12, 2015 om 10:35 vm

    Ek hou van die woord: “verouderingsdag.” Sjoe, amper gedog die filistyne het jou omsingel. Bly alles is reg. Voorspoed en veilig wees vir jou ook.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Januarie 12, 2015 om 10:39 vm

      😉 Hoekom kan ek nie meer op jou blog kom nie????

      Antwoord
      • 3. Spokie sny spoor  |  Januarie 13, 2015 om 9:04 vm

        Laat weet maar as daar nog ‘n probleem is … Tks!!

  • 4. Kameel  |  Januarie 12, 2015 om 8:43 nm

    Nou maar baie geluk met die veroudering 🙂 Mag dit vir jou ‘n geseënde jaar wees Olga. Weet nou nie wat jy met die breipen teen die hordes uitgerig sou kry nie…. maar daar kannie van jou gesê word jy het net gaan lê nie.

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Januarie 12, 2015 om 10:44 nm

      My kinders wil hulle holle skeer oor die 7.5mm breinaald in die flessie voor my bed. hoe gaan dit Sally?

      Antwoord
  • 6. Toortsie  |  Januarie 13, 2015 om 9:04 vm

    Ja, Olga, saam met jou bly oor Koos!
    Die lotte by die munisipaliteit. Is hulle BLY hulle kan weer werk?

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Januarie 13, 2015 om 1:52 nm

      Ek dink eerder hulle het alreeds “demands”gemaak. Mensig! dit was ‘n hengse lawaai.

      Antwoord
  • 8. Klip  |  Januarie 13, 2015 om 12:41 nm

    Laat verjaardagwense!!!!
    Baie geluk met jou verjaarsdag, alles wat mooi is vir jou en jou geliefdes

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Januarie 13, 2015 om 1:51 nm

      Dankie Klip. vir jou en joune ook.

      Antwoord
  • 10. Klip  |  Januarie 13, 2015 om 12:42 nm

    Gatiep staan buite voor ‘n kafee en sien in die venster hoedat die hoenders binne lekker bruin gebraai word.

    Hy is baie honger en toe die eienaar sy rug vir ‘n oomblik draai, steel hy ‘n hoender. Voordat hy die kafee kan verlaat haal die eienaar hom in.

    Die eienaar besef hy kan nie hierdie hoender meer verkoop nie, maar wil nogtans Gatiep ‘n les leer sodat hy nooit weer sal waag om in sy kafee te kom steel nie.

    Hy sê vir die Gatiep: ‘Alles wat jy met die hoender gaan aanvang, gaan ek aan jou doen. Breek jy n vlerkie af, dan breek ek jou arm en as jy n boudjie afbreek, dan breek ek jou been!’

    Gatiep staan so vir ‘n oomblik die eienaar en aanstaar.

    Hy vat sy wysvinger druk dit in die hoender se agterent op, trek dit uit en lek dit af.
    Die eienaar kyk hom aan en sê toe: ‘Vat daai bleddie hoender en maak dat jy uit my d*####se winkel kom!”

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Januarie 13, 2015 om 1:53 nm

      Slim vent, die Gatiep. 😉

      Antwoord
  • 12. pienkpantoffels  |  Januarie 13, 2015 om 2:30 nm

    Ja, Sondag het hulle dou voor dag die sypaadjies begin sny hier. Ek het dit maar gevat … want ai, as hulle besluit om die dag te werk, dan moet mens hulle nie steur nie, want dit gebeur so selde!

    Antwoord
    • 13. Olga  |  Januarie 13, 2015 om 2:56 nm

      Presies. Al beteken dit daar word twintig werkers afgelaai en net twee werk op enige tyd. Sowat van geldmors was nooit in die NP se tyd gesien nie.

      Antwoord
  • 14. Klip  |  Januarie 13, 2015 om 4:26 nm

    Sondag tyd = X2

    Antwoord
    • 15. Olga  |  Januarie 13, 2015 om 8:56 nm

      Leker.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: