Neem my terug.

Desember 17, 2014 at 11:39 nm 9 Kommentaar

Meestal as ek dit buite my huis waag, voel ek lus om te sing “O, neem my terug na die ou Transvaal, daar waar daar wette was.” Almal en sy maat (my Noolste Nolie inkluis) ry mos nou monster bakkies want Äi tog, die paaie is te vrot vir ‘n gewone kar of gewone bakkie.” Be that as it may. Maar wat my afpis is die feit dat daar geen reels vir hulle is nie.

pluk hulle mamoerse groot deure oop, sommer hier teen my ou Fordjie dan maak die duik of krap wat hulle aan my Fordjie (en jou karretjie) maak mos geen snars se verskil nie. Waar is die dae toe die NP regering se spietkops gesorg het dat die monster voertuie en kombi’s beperk was tot die agterste rye van die parkeerterrein? Die dae toe die spietkops nog ‘n parkeerterrein sou patrolleer aangesien wette daar ook van toepassing was.

eier

‘n Paar maande gelede het die eienaar van die gebou waar Spar gehuisves word, die parkeerterrein, waar die plaveisel stene opgelig en uitgelig was, die parkeerterrein begin herstel. Goodness gracious, voor jy weet,was die parkeerterrein met minstens 40% ingekort, vir geen rede wat die uwe kan sien nie. So parkering is vinnig besig om ‘n probleem te word.

Ewentwel. Ek moes vanmore dorp toe gegaan het. Omdat dit gereen het, moes ek maar die Fordjie inspan. Uit Spar gekom, het ek gemerk dat ‘n aantal manne narstig aan spartel was met ‘n sleepwaentjie. Teen die tyd dat my inkopies in die kattebak gebere was, was die geveg al verby. Die manne het die sleepwaentjie fisies opgetel en staan gemaak agter die bakkie. Toe beslaan die hele freakshow net mooi drie parkeervakke in ‘n alreeds vol terrein. Goeiste! Kon die eiers nie gedink het en elders, soos in die straat voor die parkeerterrein gaan parkeer het nie?

Wragtig, waar die komedie (of verdomde tragedie) gaan eindig, sal net die ANC weet.

Gedagte van die dag: Net ‘n bietjie sonskyn.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan, Uncategorized.

Aai Olga aai. Geseende Kersfees.

9 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Desember 18, 2014 om 8:15 vm

    Het jy nie gehoor dat al hierdie dinge die apartheidjare se skuld is nie. 🙂

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Desember 18, 2014 om 11:29 nm

      Ek glo ook dit is Sally. NET, desjare was9/10 van die bestuurders van die landsgebonde skepe swart. Vandag is hulle wit.

      Antwoord
  • 3. Xena Phoenix  |  Desember 18, 2014 om 9:54 vm

    Ek verpes die groot bakkies en SUVs. Dit is nag om langs een te parkeer en ‘n nagmerrie om die parkering te verlaat as jy langs een staan. Boonop dink die drolle wat hulle hule ry dat die pad aan hulle behoort. Dit is mos jou (die bestuurder van ‘n kar) se skuld dat die bane te nou vir hulle waens is. Hulle houding is mos: “My bakkie is groot – JY sal stop vir my.”

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Desember 18, 2014 om 11:27 nm

      Dit maak my so lus om my rollie my konstante metgesel te maak. /ek is mos so groot soos enige van hulle as ek ‘n vuis vol .38 special het.

      Antwoord
  • 5. Klip  |  Desember 19, 2014 om 7:45 nm

    Die meeste drolle wat die bakkies en SUV’s ry en sleepwaentjies sleep kan nie agteruit ry nie. ( ek inkluis )

    Antwoord
  • 6. Klip  |  Desember 19, 2014 om 8:30 nm

    Iemand het hierdie staaltjie op Facebook gedeel:
    ________________________________________
    Ek was diè week in Upington. Sien toe die twee oumense stap rus-rus vanaf die taxi-staanplek, rigting Pabalelo.
    Ek het hulle drie keer gesien. Seker na so 3 ure nadat ek hulle die eerste keer gesien stap het, loop ek hulle weer raak by die sportgronde naby Spar waar hulle tweetjies in die hitte onder ‘n skaduboom rus.
    Stop by hulle en ou Andries vertel my hy is 70 jaar oud en kom van die kliniek af, want hulle soek “papiere” by hom om sy pensioen te kan betaal.
    Vra toe waarheen hulle stap, sê hy: “Oubie, ons gaan nou Pabaleleo toe.”
    “Hoe vêr?” vra ek.
    “Nee wat, Oubie net so 1 km.
    “Kan ek julle maar weg bring nie?, “vra ek. Hy antwoord: “Nee wat, Oubie – jy sal (beduie vreeslik) dóér moet omry en dit sal jou tyd mors – ons sal stap”
    “Het julle al ietsie geëet vandag?”, vra ek.
    “Nog nie, Oubie.”
    Sarah sê toe sy het dié oggend gwarra-goedjies uitgehaal en hulle gaan dit netnou kook. (vreeslik opgewonde)
    Ek krap in my beursie en kry n paar R10-note en n paar R20-note en haal ‘n 2-liter Coke agter die sitplek uit, gee dit vir die twee en Andries sê: “Sarah die Here het ons vandag wéér nie vergeet nie.”
    As ek n R1000 in beursie gehad het, sou het ek dit ook vir hulle gegee het.
    Toe vra of ek ‘n foto van hulle kan neem en Andries sê : “Hoe kan ons nié vir die engel van die Here ‘n foto gee nie?” Die Here wil seker sien hoe ons lyk.”
    Toe die kamera klik” lig hy sy hande en sê “Dankie, Here!”
    Dit was een van die besonderste oomblikke in my lewe. Ek het soveel om voor dankbaar te wees!
    Dankie, Here!

    ________________________________________
    Baie kosbaar! Ons is só geneig om – onder die druk van eiewaarde en onder die sluier van vooroordele – dikwels daardie momente mis te kyk waar ons waarlik vir God ‘n engel van sy barmhartigheid kan wees.
    Ware liefde maak gebroke dinge heel.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Desember 22, 2014 om 11:49 nm

      Dis inderdaad so Klip. Dankie vir die deel van die staaltjie.

      Antwoord
  • 8. Klip  |  Desember 25, 2014 om 3:54 nm

    Geseende Kersfees !!

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Desember 26, 2014 om 8:51 vm

      Dankie Klip. Geseende (laat) kerswense vir jou en joune ook.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: