Van sjleb gepraat…..

Desember 8, 2014 at 10:09 nm 6 Kommentaar

Sit die Olga mos so week of twee terug af Spar toe om te gaan krag koop. Die dame het die transaksie gedoen, my kaart geswipe en toe die rekenaarskerm na my gedraai. Die boodskap op die skerm het gelees “The user is blocked.” Toe ek gevra het vir my geld, ek het sms van die bank gekry om te toon hulle het R700 (wat ek gereken het ek sal nodig he vir kersgebak ook) geneem, het sy haar skouers opgetrek. Toe het die supervisor bygkom. My met groot genoee vertel ek moet my “service provider” kontak, hulle is net ‘n agent. Toe gevra of my munisipale rekening op datum is. Maar toe ek my geld terug vra, was ek weer met ‘n ophaal van haar skouers begroet.

4k. Ken julle nog nie vir Olga nie? Mensig, ek het toe vir haar gese ek gee nie om in hoeveel tale hulle kan skouers optrek nie, my geld wil ek terug he, nou. What do you know? Daar konfedereer hulle in Swabili en voor jy kon se jemblik, tel hulle R10, R5, en al wat ‘n ronde blink geldjie is af. “Ekskuus my! Is dit vir my? Vra ek ewe gedienstig. “Sorry Ma’am” kom die antwoord. Toe pluk ek my witbessie uit en klik klik klik gou ‘n paar keer. Toe gou die bestuurder nader gaan pluk en hom mooi laat verstaan wat sal nou die dag der dae gebeur as hulle dink ek gaan dit hoop optel en huis toe gaan.

Wel, teen die tyd dat ons by die kiosk aangekom het, het die dames al reg gestaan met drie R200 note en ‘n R100. Hulle leer gou.

Gedagte van die dag: Hoekom kom sulke klein klein jakkalsies altyd buite kantoor ure uit om te wei.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Wat ‘n sjleb. Die sjleb volbring. (Hopelik.)

6 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  Desember 8, 2014 om 11:00 nm

    Staan einste by Checkers in die ry on vir 2 items te betaal. Twee plekke voor my betaal met 200 noot en verdaag.. plek voor my betaal met 200 noot en verdaag myne word gelui 14.50 en ek gee my 50 rand noot en kry R150 te veel terug. Vra so ewe gemanierd is my kliengeld reg Kry ‘n nors yes of course terug Ek is direk drankwinkel toe om ietsie te koop om mee te vier

    Antwoord
    • 2. Spokie sny spoor  |  Desember 9, 2014 om 9:57 vm

      Hehehe – nou toe! Krismis is hier.

      Antwoord
    • 3. Toortsie  |  Desember 9, 2014 om 11:49 vm

      Ja wat, jy hét mos gevra of jou geld reg is! 🙂 Ek sal dalk meermale moet kyk of die bedrag wat hulle van my kredietkaart eis, reg is.

      Antwoord
    • 4. Olga  |  Desember 9, 2014 om 10:06 nm

      Lag te lekker. Goed so. jy het dit verdien.

      Antwoord
  • 5. Spokie sny spoor  |  Desember 9, 2014 om 9:56 vm

    Hiehiehie – ja nee, lyk my mens moet nie met Olga-kie sukkel nie. Maar ja, dis soms ‘n groot frustrasie …

    Antwoord
  • 6. Toortsie  |  Desember 9, 2014 om 11:50 vm

    Olga, jy’s REG.!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: