Astrante >>>>>>>

November 21, 2014 at 6:23 vm 8 Kommentaar

Verlede week graffel ek so bietjie in die tuin. Baie bly om te sien hoe twee van die roosbome wat ek geplant het nadat ons ingetrek het, vol bloeisels is. Volgende hoor ek net slae teen die muur en stemme wat buite skree. Ek het orent gebeur (die verkeerde kniee onthou?) en hek toe gestrompel.

Hells bells! Volgende oomblik vlieg ‘n verwoede by reg voor my gesig verby en vlieg hom te pletter teen die waskamer se ruit. Ek hoor die geluid van glas wat splinter terwyl ek die roooiwarm pyn teen my oor voel. Donner het my gepiets. Maar logika se, “by se moer” terwyl ek na die ster in die venster kyk. By het nie wat dit vat om ‘n venster te breek nie. Ek het gevryf aan die warm pyn teen my oor en was spyt dis nie seeskulpe soos my wyse Moedertjie altoos gese het dit is nie. Die bloed op my vingers gekyk en die hek oopgepluk. Staan die vier kindertjies (Noem die goed sommer kids) en bler op mekaar. Twee links van die hek, twee regs. Ek vra toe wat gaan aan. Die groter kind, ‘n seun aan die linkerkant se “Its dem. Dei biet jor dawgs.”

Beat se moer dink ek hulle het true to form klipgegooi. “Where do you live” vra ek. Geen antwoord. “Where do your parents work” weer geen antwoord. Ek het toe na die twee regs van die hek gekyk. Ari, seker so vyf, ses jaar oud. “Why did you beat my dogs?” Vra ek, goed warm onder, nee, teen die oor. Sal die klein maergat sy gesig trek dat dit lyk of sy gesig so ‘n bolletjie dertig centimeters agter sy neus maak en sis. “Dei make a noise.”

(*&% $#^@ ()%&^@!!!!!!!!!!! Dit was nie eers my honde wat geblaf het nie. Toe vertel ek hulle mooi beleef as hulle weer kom Soweto Soweto met my honde speel, gaan ek die hek oopmaak dat die “dawgs” hulle kan biet. Kleins mikmoer se gesig het weer van sy neus af weggetrek toe draai ek maar om en pluk die hek wyd oop en se “Gaan vir die keel.” Toe begin ou Lapman heel tydig te grom. Maar kyk, toe maak die vier gatskoon dat jy amper die teer kon ruik.

Daar wil Homer sy hol skeur en vra wat sou Lapman met hulle gemaak het? Hulle dood gelek het? Maar ek dink steeds as hy al laggend op hulle afgestorm het, sou hulle nooit geglo het hy wil net speel nie. Hulls sou self aangeneem het hy kom vir die keel.

Alweer Vrydag. Geniet die naweek en bly veilig.

Gedagte van die dag: Net ‘n bietjie geduld.

Advertisements

Entry filed under: Diere Maniere.

Kids Woorde

8 Kommentaar Add your own

  • 1. vvuureoc  |  November 21, 2014 om 6:45 vm

    Mense oorkant die straat het so ‘n monster gehad gelyk soos ‘n kruising tussen St Bernard en Boerboel Hy was die goedigheid vanself. Smoors as ek met die fiets skool toe daar verby se hy WAFFF! en en skree ek dag Toffie dan werk die tamaai stert. Maar een Sondag dwaal daar ‘n Volla vol tieners der die straat of soek na moelikheid gooi klippe op dakke en tart honde deur heinings. Of hulle Toffie raakgegooi het weet ek nie Maar hy storm die vier voet heining met ‘n geluid wat na donderweer klink, Volla trek weg maar Toffie kry die deurknip beet en kuk hom heelhuids uit die deur uit.!! Dit het die oom ‘n halfuur geneem om vir Toffie bedaar en weer in die werf te kry maar die knip is as trofee aan sy kas vasgeskroef.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 21, 2014 om 9:41 nm

      Goed so Toffie. Ek hoop die spul &*^%) het lekker geskrik.

      Antwoord
  • 3. Toortsie  |  November 21, 2014 om 9:51 vm

    Eers Olga se storie. πŸ™‚ Ja, doodlek sou dit dalk wees, maar die kinders sal dit onthou. Hoop nie hulle kom terg hom nou nie.
    Vvuureoc se storie: Well done, Toffie.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  November 21, 2014 om 9:44 nm

      So ver, loop hulle ‘n wye draai.

      Antwoord
  • 5. Spokie sny spoor  |  November 21, 2014 om 10:20 vm

    Hahaha – jy kan my lekker laat lag. Wil net sΓͺ, ongeag die ware storielyn, jy kan blerrie oulik skryf. Nou glimlag ek my Vrydag vol in die gesig. I like, I like.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  November 21, 2014 om 9:45 nm

      πŸ˜‰

      Antwoord
  • 7. Kameel  |  November 24, 2014 om 3:15 nm

    Olga daar gebeur darem die eienaardigste goed met jou. Hoop die oor is beter…. en die gemoed ook. Sommer so tong in die kies; dink jy daardie kinders loop nou ‘n wye draai omrede Lapman…. of Lapman se eienares?

    Antwoord
    • 8. Olga  |  November 24, 2014 om 5:32 nm

      Lol, was maar net ‘n klein snytjie op die oor. Ek het hulle ander dag gesien, stap omtrent teen die heining van die huis aan die anderkant van die pad. Maar ek het agtergekom ‘n regte egte sangoma wie ons ken van jare gelede toe die anderkant van die pad nog die anderkant van die pad was, woon ‘n paar huise bokant my. Ek wil hom nooi vir tee. Jy ken die mense se bygelowigheid. Ek is seker hulle hoef hom net te sien om wyer draaie om die huis, die hond en die miesies te loop. πŸ˜‰

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: