Kids

November 19, 2014 at 10:43 nm 8 Kommentaar

happy

Iets wat my vreeslik pla is die ou Suid Afrikanertjies se gebruik van die woord kids. Wanneer dit die neiging geword het om kinders “kids” te noem, sal ek wragtig nie kan se nie. Ek weet egter een ding. Dit irriteer die stront in alle kleure uit my.

Iemand wie so graag spog met haar en haar gesin se suiwer gebruik van Afrikaans, verwys net ha haar spawn as kinders die res is kiddies. Ek het haar al gese dat ek geen boklammers het nie. Toe was die vrou vreeslik verbaas dat ‘n kid ‘n boklam is. Ek meen…. Elo?? Maar nou ja. Ek moenie skinder nie. Die gebruik staan my glad nie aan nie. hoekom wil ons alles wat ons sien en hoor na aap?

Ek weet op die stadium is daar een ander woord wat wat my ook vreeslik omkrap. Dis wanneer Afrikaanse mense my as “ANTI” aanspreek. Meestal is my reaksie op die titel ook summier “Anti se moer.”

Gedagte van die dag: Anti kids. Beslis. Maar pro kinders.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan, Uncategorized.

Gaan vra jou skoolfonds terug. Astrante >>>>>>>

8 Kommentaar Add your own

  • 1. ddupl3ss1s  |  November 20, 2014 om 4:50 vm

    Ag ek het hierdie blog wragtag nodig gehad.. ter versagting my oorle Ma het van ons 4 altyd as haar kuikens gepraat.. so teder.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  November 20, 2014 om 10:21 nm

      kuikens is sag en snoesig. Maar, ken jy vir boklam?

      Antwoord
  • 3. Klip  |  November 20, 2014 om 7:33 vm

    Olga ek stem 100% saam met jou. Dis die fo……n amerikaners se skuld. Al hierdie programme vir kids op TV , Maths for kids cooking for kids….ens . Die meeste jong getroude paartjies word die man genoem , my skapie……en die vrou my ou boklammetjie ……….en as die skoot klap en die ogies sit, dan is dit seker maar kiddies wat volg. Na so vyfjaar word pappa vark en hopelik word die kinders nie otjies nie

    Antwoord
    • 4. Olga  |  November 20, 2014 om 10:20 nm

      Suid Afrikaners dink mos dis die toppunt van glans om alles wat die donners Amerikaners doen te na-aap. Klomp breindood goed.

      Antwoord
  • 5. Spokie sny spoor  |  November 20, 2014 om 9:49 vm

    Hiehiehie! Goed gestel. Gelukkig hoor ek nie die woord ‘kids’ baie nie, myne is al groot. Maar sterkte met die … boklammers. (Glimlag)

    Antwoord
    • 6. Olga  |  November 20, 2014 om 10:03 nm

      Myne kon ook al almal hulle eie gehad het, Spokie, maar hulle is te lui dink ek. Hulle spaar verbete om ‘n klein mensie te kan bekostig. Teen die tyd dat hulle voel hulle kan ‘n ou mensietjie bekostig, sal hulle heelwaarskynlik reeds ‘n handdoek-swaaier nodig he.

      Antwoord
  • 7. Kameel  |  November 24, 2014 om 3:07 nm

    Om te sien hoe kinders vandag grootgemaak word is al klaar erg genoet. As my kleinkinders nou die “kids” is, is dit ook maar deel van al die dinge waaroor ek kopkrap.

    Antwoord
    • 8. Olga  |  November 24, 2014 om 5:33 nm

      Ai, kyk, ek se maar niks op die onderwerp nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: