hoe sal ons weet?

Oktober 1, 2014 at 12:03 vm 4 Kommentaar

Ja die lewe vandag is swaar vir baie van ons. Mense wie opgegee het op die hoop om ooit werk te kry. Ander mense wie net eenvoudig werkloos is, omdat dit te veel moeite is om te werk. Nog ander wie nie sal werk nie bloot net omdat hulle in elk geval gaan kry.

Hoe sal ons weet wat in hulle lewens gebeur het? Ek het altyd raas gekry van my kinders as ek in die stad by hulle gekuier het en vir daardie een bedelaar, wie alleen was, nie omring deur ander wie dadelik aangehardloop gekom het as hulle gesien het daar word uitgedeel nie, ‘n geldjie gegee. Wat ek interessant vind is hoeveel van hulle al jare lank op dieselfde plek bedel.

Kon hulle regtig in die drie vier jaar geen werk gevind het nie? Hulle is dan altyd daar.

Ai, ‘n mens hoor so baie stories. Ek was onlangs tydens ‘n kuier in die stad by ‘n nuwe mall wat naby ‘n swart woonbuurt oopgemaak het. Toe ons geparkeer het, het ‘n jong knaap aangestap gekom en gevra of hy my Fordjie kon was. Ek lig my hoed vir sulke jongmense. Hy kon ook bakhand by die verkeerslig buite die mall gaan staan het om op “white guilt” te aas. Maar hy het anders besluit. Hy en sy makkers het ‘n goeie job gedoen en daar het absoluut niks, nie eers die “fooitjie” R2de en R5de weggeraak nie.

Gedagte van die dag: Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n uitweg.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

Die bakhand kultuur. Bitter blue.

4 Kommentaar Add your own

  • 1. malmanie  |  Oktober 2, 2014 om 11:29 vm

    ja perty mense wil voel hulle kan vir hulle self sorg. perty mense bedel want hulle glo die lewe skuld hulle en ander steel want hulle kan.

    Antwoord
  • 2. Klip  |  Oktober 4, 2014 om 7:44 vm

    Hy :Uiteindelik, ek het so lank hiervoor gewag!
    Sy :Wil jy hê dat ek ooit moet weggaan?
    Hy :NEE!
    Sy :Hou jy van my?
    Hy :Natuurlik!
    Sy :Het jy my al ooit bedrieg?
    Hy :NEE. hoekom vra jy my?
    Sy :Wil jy my soen?
    Hy :Elke keer as ek die kans kry!
    Sy Sal jy my ooit vloek?
    Hy : is jy gek?
    Sy :Kan ek jou vertrou?
    Hy :ja my liefie..
    Sy :My skat! (na 30 jaar se huwelik: lees dit nou van onder na bo)

    Antwoord
  • 3. Klip  |  Oktober 8, 2014 om 4:33 nm

    Back in the Good Old Days, when Dudley Fudpucker was whooping it up in college, he was standing at a bar one evening, when a lady of enticing appearance approached him and suggested that they have a drink.

    Dudley said, “Well, I’m no John D. Rockefeller, but I’ll buy.”

    After developing a slight buzz, she suggested a dance.

    Dudley smiled and said, “I’m no Fred Astaire, but I’ll give it a whirl.”

    Later, she suggested that they go up to her room.

    “I’m no Cary Grant,” replied Dudley, “but I’ll follow you up there.”

    They leave and go to the lady’s apartment. They have another drink, then do what had been on their minds all evening, anyway.

    Afterward, the lady says, “What about some money?”

    Dudley shot back, “Well, I’m no gigolo, but I’ll take it!”

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Oktober 8, 2014 om 10:00 nm

      Way to go. 😆

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: