Wie doen dit?

Julie 22, 2014 at 11:59 nm 11 Kommentaar

“4-jarige het om hulp gesmeek toe kapers wegry

Gepubliseer: Maandag, 2014/07/21
Taegrin Morris (4) van Delmore Park, Boksburg

JOHANNESBURG. – Die vierjarige seuntjie wat in ‘n kapingsdrama Saterdag dood is, is vir 10 kilometer ver langs ’n motor gesleep terwyl hy vir sy ma geskreeu het om om te help.

“Mamma! Help my, asseblief! Mamma, asseblief help my!” het hy geskree toe die twee kapers met motor weggery het.

Klein Taegrin Morris van Delmore Park, Boksburg, was reeds dood toe sy pa, Elvin Morris, later op sy erg verminkte lyfie afgekom het waar die kapers hom net so in die teerpad gelos het.

“Sy bene en arms was gebreek en sy kop was heeltemal omgedraai,” het ’n bedroefde Elvin Morris gister by hul huis vertel.

Taegrin se ma, Chantel, het Saterdag met hom en sy sussie, Erin (8), by hul ouma in Reigerpark, enkele kilometers weg, gaan kuier.

Omstreeks 19:30 het hulle met hul wit Golf 7 GTI daar weggery.

“Ek wou hulle McDonald’s toe vat voordat ons huis toe sou gaan. Ek het vir hulle gesê ek gaan hulle bederf.

“Terwyl ek vir Erin en Taegrin met hul veiligheidsgordels vasgemaak het, het daar ’n man by die deur van die motor verskyn,” het Chantel gesê.

Sy het aanvanklik gedink dit is haar nefie wat na die motor gekom het om totsiens te sê.

Toe sy omdraai toe staan daar ‘n man met ‘n vuurwapen op haar gerig. Hy het vir haar gesê om weg te kom van die motor af. Erin het haar veiligheidsgordel losgemaak en uit die motor geklim.

“Ek het vir hulle gesê hulle kan my motor en my selfoon en alles vat, maar hulle moet net my kinders los,” het Chantel, huilend vertel.

Dit is tie dat sy probeer het om Taegrin se veiligheidsgordel betyds los te kry en het aan sy lyf vasgeklou toe die gewapende rowers begin wegry het.

“Ek het hulle gesmeek om vir Taegrin te los, want hy het vasgesit.”

Taegrin het in die veiligheidsgordel verstrengel geraak en is uit sy ma se arms geruk toe die kapers weggejaag het.

“Ek het agterna gehardloop, maar ek kon nie my kind red nie,” het Chantel huilend gesê.

“Hy het heeltyd vir my geskreeu om hom te help.”

Rachel Kok, Chantel se tannie, het in die straat gestaan ten tyde van die kaping en het gesien hoe Taegrin se kop teen die randsteen stamp toe die kapers om die draai jaag.

Elvin Morris, Taegrin se pa, het na die toneel gegaan nadat iemand hom gebel het om te sê hulle het Taegrin gekry.

Kol. Khensani Magoai, ’n polisiewoordvoerder, het gesê ’n saak van moord en kaping word ondersoek. Geen verdagtes is tot dusver vasgetrek nie, het sy bygevoeg.

SAPS ondersoek tans twee kapings waarin kinders betrokke was. In Bronkhorstspruit soek die polisie na ‘n 5-jarige seuntjie wat sedert Dinsdag vermis is na hy en sy pa gehijack was. -TimesLive”

Wie doen sulke dinge? Of is die beter vraag eerder WAT doen sulke dinge? Mens kan hulle nie wees nie. Menslikheid is immers wat mense van ons maak. Ari gedorie, hulle kon die ma darem net die minuut of twee gegun het om haar seuntjie los te maak. Ek dink die tweede seun was gevind. Waar gaan dit eindig? ‘n Geharde polisieman het op tv nuus gese die geval van Taegrin was een van die ergste verminkings wat hy nog gesien het. As die seuntjie kon smeek dat sy ma hom moet help, hoe kon die kapers anders as om te geweet het die kind is nog daar?

Gedagte van die dag: Alle mense is tog geregtig op veiligheid.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Wat het julle gedoen? Jy is ‘n beter mens.

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Net Ek  |  Julie 23, 2014 om 8:06 vm

    Dis vreeslik onstellend, ek kon nie eers die hele inskrywing klaar lees nie.

    Sulke mense behoort in die gemeenskapsaal toegesluit te word, saam met ‘n klomp ma’s.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Julie 24, 2014 om 10:19 nm

      Seg ek ook. Hofsaal vol ma’s wie hulle kinders deur geweld verloor het.

      Antwoord
  • 3. Klip  |  Julie 23, 2014 om 10:53 vm

    As die moere gevang word dan is dit , borg, mental hospitaal, en saak uitggegooi ……….

    Hulle moet “uitgehaal” word…………

    Maar nou ja , n mens mag mos nie sulke gedagtes koester nie……….

    Freedoom……… for all

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 24, 2014 om 10:21 nm

      Jy is so reg Klip. Maar pleks dat hulle tot verantwoording geroep word vir hulle dade, kry die 4kers ‘n masker om agter weg te kruip. Borg, ja. Gee hulle borg en maak seker die gemeenskap waar hulle wil gaan wegkr\uip weet wie hulle is, hoe hulle lyk en waar hulle sal wees.

      Antwoord
  • 5. Klip  |  Julie 23, 2014 om 10:56 vm

    Eergister die generaal van polisie hier in Mpumalanga in my kantoor ontmoet , met twee vroue kolonelle…….ai waar is die dae??????????? laat ek maar niks se nie , want ek kan nieers hulle name onthou nie.

    Antwoord
  • 6. Kameel  |  Julie 23, 2014 om 11:38 vm

    Ek kan dit nie like nie Olga, dit is so ontstellend.

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Julie 24, 2014 om 10:23 nm

      Ongeluk van die saak is, Sally, dit het regtig gebeur. Ek het trane weggevee vir ‘n kindjie wie ek van geen Adamskant ken nie en ek was nie die enigste nie.

      Antwoord
  • 8. malmanie  |  Julie 24, 2014 om 10:43 vm

    as aan sulke etter uitgedeel word wat hulle selwers uitgedeel het, en ander gehoorafwagtendes moet toekyk, sal hul miskien dink voor hulle doen.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  Julie 24, 2014 om 10:25 nm

      Dis ‘n uitstekende plan. Jammerte is die regters sal dit nooit so insien nie.

      Antwoord
  • 10. Gogga  |  Julie 24, 2014 om 12:03 nm

    Ek het nou al so paar keer inskrywes gesien oor die aaklige gebeurtenis en ek kan nie myslef kry om dit klaar te lees nie. Die ergste van dit alles is dat dit nie enigsins ‘n stop aan sulke onmenslike gedrag gaan sit nie want die goed wat sulke dade doen is nie menslik nie en daar is so baie van hulle.

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Julie 24, 2014 om 10:31 nm

      As die feit dat ek sulke goed nie kan klaar lees of kyk nie meen dit gaan die lyding wat die arme kinders/mense deurgemaak het, wegneem, zsal ek dit nie lees nie. Ek weet dit gaan my vreeslik ontstel maar ek weet ook die slagoffer het dit deurgemaak. Dis erg Gogga. Jy (en ander) kan dit nie lees of aanskou nie. Dit ontstel my mateloos. Dan is dit dat ek vra “Wat doen dit?”

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: