Alweer die liewe SAPD

Julie 11, 2014 at 10:32 nm 6 Kommentaar

’’n 82-jarige oupa is van sy familieplaas in
Belfast in Mpumalanga verdryf nadat
besetters hom ure lank aan ’n paal
vasgebind en wreed aangerand het.
Dít ten aanskoue van twee polisielede van
die Belfast-polisiekantoor wat deur die
besetters ontbied is omdat Martin
Coetzee glo moeilikheid sou maak op “hul
plaas”.
Terwyl die aanvallers hom geskop en
geslaan het, het hulle glo aanhoudend
gesê: “Hoekom maak jy moeilikheid op
ons plaas? Apartheid is nou
verby. Ons
gaan in jou huis intrek.”
Die polisielede het glo met die aanvallers
begin gesels terwyl Coetzee vasgebind op
die grond gelê het.
Nadat die polisie glo ’n tyd op die toneel
deurgebring het, het hulle aan Coetzee
gevra: “Hoekom is jy hier?”
“Ek het aan die polisie verduidelik dat ek
die eienaar is en dat hulle sonder
toestemming op die plaas is en my erg
aangerand het. Die polisie het sonder om
enige verklarings af te neem weggery
nadat hulle verneem het die grond
behoort aan my.
“Ek het myself losgewoel en met ’n
gebreekte arm na die naaste hospitaal in
Pretoria gery.”
Die 450 hektaar-beesplaas
Suikerboschkop, sowat 18 km van
Belfast, lê nou verlate en onbewerk in die
winterkoue.
“Dit kan beskou word as een van die
eerste voorvalle in Suid-Afrika waar grond
net gegryp word en besetters dit nou as
hul eiendom beskou,” sê Ernst Roets,
uitvoerende adjunkhoof van die
burgerregtegroep AfriForum.
Daar is al voorvalle aangemeld waar
plakkers informele strukture op plase bou,
maar volgens Roets is Coetzee se geval
uniek, want die hoofman Piet Mahlangu
het ’n beesboerdery daar aan die gang en
het selfs ’n werker aangestel om die
beeste op te pas.
Intussen het AfriForum ook die afgelope
week ’n dringende tussentydse bevel by
die hof vir grondeise probeer bekom om
van die besetters ontslae te raak.
’n Datum is eers vir oor twee weke
vasgestel.
’n Klein nedersetting het binne ’n paar
maande op die plaas verrys.
Daar is nou al ongeveer 12 huise met
stewige strukture wat gebou is van
materiaal wat hulle van die ou plaashuis
gestroop het.
Coetzee het die afgelope week vir die
eerste keer die afgelope maand weer op
dié familieplaas gekom wat sy pa in 1945
gekoop het. Dit was vir hom traumaties
om in die ou plaashuis, waarvan net ’n
murasie oor is, rond te loop.
Sy kleinseun, Martin (22), het ná die
aanval op sy oupa daar aangebly, “maar
alles staan nou stil. Ek het soveel planne
vir die plaas gehad,” sê Coetzee jr.
Hy hou nou sowat 63 skape aan, maar
moet hulle gedurende die dag heeltyd
oppas en hulle snags toesluit.
In dié stadium los die besetters hom uit,
maar hy vermoed hy sal ook weldra moet
terugtrek Pretoria toe.
“My ouers vrees vir my lewe.”
Coetzee sr. sê hy het sowat 15 jaar gelede
net twee werkers in diens gehad. “Hul
vroue en gesinne het saam met hulle daar
gebly. Toe gaan die twee dood en ek het
toestemming gegee dat hul vroue en
kinders op die plaas mag agterbly.”
Daar is drie huisies op ’n ander deel van
die plaas waar die gesinne bly.
Toe trek Mahlangu, een van die werkers
se seuns wat nooit op die plaas gebly het
nie, ná sy pa se dood soontoe en begin
verwoed huise bou. Kort voor lank was
daar sowat 12 gesinne op die plaas.
“Ek het maar probeer om in vrede met
hulle saam te leef. Ek was bang en het
besluit om nie op te tree nie, maar ná die
aanval het ons vir ons lewens begin
vrees,” sê Coetzee sr. “Ek het hulle sowat
’n maand gelede vir die eerste keer
gekonfronteer nadat my trekker
weggeraak het en die ou plaashuis so
gestroop is dat niks oorgebly het nie.”
Coetzee sr. sê hy wou die saak met hulle
bespreek, maar twee vroue en ’n man het
hom aan die paal vasgebind en begin
skop en slaan.
Mahlangu het aan Rapport erken dat hy
ene Sipho Moropane aangestel het om na
sy beeste om te sien. Hy beweer ook dat
aangesien sy pa daar gebly het, hy
toestemming het om op die plaas te wees.
Hy sê hy is bewus van die aanval op
Coetzee sr., maar dat hy nie daar was nie.
Volgens Mahlangu bly daar niemand in die
ou huis nie.
“Ons kan mos maar die boumateriaal
gebruik.”
Coetzee sr. het klagte van betreding,
aanranding en poging tot moord by die
polisie aanhangig gemaak. Hy is ook
besig om eise teen die polisielede in te
stel.
Kwapa MacDonald, polisiewoordvoerder
van Belfast, het bevestig dat k
ingedien is.
“Die saak word nog ondersoek.”
Sy wou nie reageer op die bewerings teen
die polisielede nie.
“Ek weet nie daarvan nie. Ons kan dus
nie teen hulle optree nie.”
* Mpumalanga se departement van
landbou, landelike ontwikkeling en
grondadministrasie het nie op versoeke
om kommentaar gereageer nie” .

Uit die hoofman se eie mond, ‘n erkennikng van saakbeskadiging. Tog sal daar niks van kom nie wan die stroper Piet Mahlango is dan ‘n comrade.

Geniet die naweek. Bly warm en veilig.

Advertisements

Entry filed under: geleen.

Daardie kultuur Swart ‘base’ glo?

6 Kommentaar Add your own

  • 1. malmanie  |  Julie 13, 2014 om 12:10 vm

    nou sal ek wil weet hoe kan n BOER in die tyd sy plaas los en in die stad gaan woon. dan soos hy hoor sy grond is beset dan wil hy daar opdaag en baas gawie kom speel. daar word gese die plaashuis is van materiaal gestroop om sowat 12 huise te bou. dit kon nie in n week of twee gebeur het nie. hoe lank het die plaas velate gele? ek weet om te vat wat jy nie gekoop het nie is steel. maar kan n mens kla as dit wat jy verstoot het deur iemand anders gevat en gebruik word? oupa coetzee die naaste hospitaal aan belfast irp tog in belfast. of nelspruit. jy het verby ten minste twee hospitale in middelburg en drie in witbank gery. en hoeveel is in bronkhorspruit? nee oupa ver van jou goed is naby aan jou skade.

    Antwoord
  • 2. Klip  |  Julie 13, 2014 om 7:40 vm

    Skiet hom in die hol , pa soek die vel………………….

    Antwoord
  • 3. Klip  |  Julie 13, 2014 om 7:45 vm

    Nou praat ek van iets waarvan ek f#kkol weet . Maar party mense gebruik hulle plase (onbewerk) om die verliese teen belasting afteskryf, vir een of ander besigheid in die “dorp” Help my reg asb? Kan dit so werk?

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Julie 14, 2014 om 4:38 nm

      Klip, dit maak perfek sin, hoor. Ek weet te min van belasting om te kan sê. Kan wees dat hulle die onbewerkte plaas die vark maak wat die besigheid se inkomste opvreet en dus die belasting op die persoon verminder. Maar selfs as dit die geval is, is dit ‘n moerse prys om te betaal vir ‘n klein slenter.

      Antwoord
  • 5. Klip  |  Julie 13, 2014 om 7:47 vm

    Die polisie doen gewoonlik niks , want hulle weet gewoonlik nie wat om te doen nie…….

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Julie 14, 2014 om 4:39 nm

      Hulle word nie eers meer geleer hoe om te hardloop of skree nie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: