Dis hom koud

Junie 23, 2014 at 12:51 nm 3 Kommentaar

Eisj man, ons het regtig ‘n paar koue dae al sover die winter gehad. Ek hoop regtig die ou mite “hoe kouer die winter, hoe minder peste en plae in die somer” bevat darem ‘n sprankie waarheid.

Sommige oggende moes ek eers die ysdop wat oornag op die diere se drinkwater evorm het, stukkend kap om die bak te kan was en vars water te kan gee. Dan is dit oor die algemeen al oor nege. Olga staan mos nie saam met die hoenders op nie. ‘n Paar kere was die ysdop ten minste ‘n centimeter dik. Verlede jaar was die winter verby voordat dit regtig koud was. Daar was heelwat ryp, maar vanjaar brand die ryp alles. My ou buurman is smorens al met “kan sien” in die tuin, as hy dink dis nodig sit hy die sproeiers aan. Kyk dan loop hy al die luiaard laatslapers se tuine na en sit sproeiers aan. Volgens hom keer dit darem dat die son uitkom en dir ryp op die plante dit doodbrand. Sy teorie nie myne nie. Hy was sy werkerslewe lank ‘n bosbouer, so ek respekteur wat hy sE. Des te meer sy doen.

Sover dit die peste en plae aangaan, hoop ek maar vir die beste. Die afgelope somer het ons ‘n hengse vlooiplaag gehad. Eh, ah, nee, siesa. Ek het my diere (kat inkluis) gereeld gebad en op die vierde dag Frontline, Fiprotect, Proticall of X-Spot toegedien. Niks het gehelp nie. Twee dae later het hulle weer gekrap en met die snoete jag gemaak in hulle pelse. Toe vertel die ontvangsdame by die veearts my van Comfortis. Dit het darem langer die vlooie beheer as die toedienings wat hulle in elk geval moes kry omdat Comfortis net vlooie beheer. Deur die hele stryd het my diere geen bosluise gehad nie. Wat my weer van vooraf oortuig het, as die peste mense was, sou vlooie Anc lede gewees het.

Gedagte van die dag: Dis tuindag. Die buite temp is mensbaar.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Ek bedank. Liewe SABC

3 Kommentaar Add your own

  • 1. seegogga  |  Junie 23, 2014 om 2:42 nm

    ha! ANC vlooie! G’n wonder hulle kry ons onder nie

    Antwoord
  • 2. malmanie  |  Junie 24, 2014 om 10:04 vm

    squash een en daar is dadelik 30 ander in hulle plek.

    Antwoord
  • 3. Kameel  |  Junie 24, 2014 om 12:58 nm

    As ek nou een goeie ding van die stad kan sê is dat ons nie hier sommer swartryp kry nie. Tussen die mielielande het ek nie veel tuin gehad nie… behalwe vir ‘n paar geharde plante. Kom winter is alles morsdood.
    Solank ons hart warm bly is alles dood dollies 🙂

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: