Mensig.

Mei 8, 2014 at 1:16 nm 5 Kommentaar

hou jou bek

Ek raak al uit titels ook. Ek was vanmore dorp toe. Amper is ek selle toe pleks van terug huis toe. Bid jou aan! Een vrou staan in die ry om te betaal en sê nogal ewe selfondaan “Ek is bly ek het nie gaan stem nie. Niks het of gaan verander nie. Ten minste ek nie my tyd gaan mors nie.” Ek het gevoel hoe begin my bloed kook. Genade, hoe kan sy trots wees daaroor?

Ek het ‘n vriend terug in my tuisdorp wie ‘n dekade gelede ‘n ernstige beroerte gehad het. Hy het gaan stem. Hy was in die hospitaal toe mense moes registreer om spesisale stemme uit te bring en om een of ander manier was hy nie geregistreer nie. Ek het nie die omstandighede uitgevra nie. Ek dink vir sy vrou is dit al swaar genoeg dat die beroerte haar man van haar geneem het en haar ‘n kleuter wie in volle beheer van sy verstand is, maar nie sy liggaam nie, vir haar gelaat het. Gister het sy my laat weet “Kan jy glo, Manlief dring aan om sy kruisie te gaan trek. Sy skryfarm werk mos nog. (sy woorde, nie myne nie.) Om nou ‘n lang storie kort te maak, tussen haar en hulle seun en ‘n rolstoel is hulle toe weg na die stemlokaal. Daar gekom, was hy gelukkig gou gehelp. Feit is, die man kon na regte nie maar hy het sy plig geken.

Toe vandag, sal die blerrie vrou nou kom spog dat sy nie haar tyd gaan mors het nie. Voordat haar vriendin voor haar nog kon antwoord, het ek al begin praat. Ek het haar vertel dat dit ‘n skande is. Hoeveel mense was nes sy te slapgat om te gaan stem maar dan wil hulle bekrek oor alles. As sy en mense soos sy gaan stem het, kon opposisie partye genoeg (slapgat) stemme gekry het wat hulle beter sou laat vertoon het. Toe snou sy my toe, “ek het nie met jou gepraat nie. Hou jou bek!” Ek het gevoel hoe my ruggraat styf trek, maar voor ek iets kon doen, het iemand anders tot die gesprek toegetree. Die keer het die dame agter my egter geantwoord nog voordat ek kon. Sy het gesê “Hou jy liewerste jou bek voordat ek dit toeklap.” Ek het verbaas omgekyk want dalk is dit vir my bedoel. Dit was ‘n swart vrou en sy het dreigend by my verby gekyk. Die ene voor my het besluit om eerder die aftog te blaas nadat sy my een vuilkyk gegee het.

Toe ek by die winkel uitgekom het, het die vriendin my ingewag. Pleks dat sy my aangeval het, het sy my haar linkerduim gewys. Dit was tydelik geskend, nes myne wat bewys sy mag maar kla. Met ‘n glimlag het sy omgedraai en na haar motor gestap.

Gedagte van die dag: Kyk noord in Suid Afrika en beur voort. Ons het nog altyd die wa deur die drif gekry.

Advertisements

Entry filed under: Askies????.

Ek lag so gie, ga ga. Aandag alle dames.

5 Kommentaar Add your own

  • 1. malmanie  |  Mei 8, 2014 om 3:52 nm

    dom donners wat nooit leer nie.

    Antwoord
  • 2. malmanie  |  Mei 8, 2014 om 3:52 nm

    weet jy watse dag is vandag?

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Mei 9, 2014 om 10:19 vm

      Ek wou eeerder nie sê nie. Netnou word ek weer gestenig.

      Antwoord
  • 4. Selene Phoenix  |  Mei 12, 2014 om 9:35 vm

    Goed gesê!! Hulle dink hulle stemme beteken niks nie, maar kyk daar is nou minder ANC lede in die parliment… ongelukkig so paar rooi hoede outjies maar ons stemme tel!!!

    Antwoord
  • 5. vuurklip  |  Mei 13, 2014 om 9:56 vm

    Laaik!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: