In die oog van die kyker.

April 9, 2014 at 9:43 nm 4 Kommentaar

Deesdae het al wat mens is ‘n paar hardeskywe vol series, reekse, flieks wat ook al. My seisoense is geen uitsondering nie. Behalwe dat Ousus oor die algemeen geneig is om eerder die dvd’s te gaan koop, maak nie saak wat die koste is nie. Maar blyk dat almal deesdae die “kyk” ding doen. O, ok, nie almal nie, maar baie mense doen die kyk ding. Seker oor al die KYKWEER op tv.

So het ek my verlekker om al die seisoene van die Golden Girls weer te kyk. Nes die tyd wat hulle op tv was het ek die liewe ou Sophia op tye baie swaar gevat. Ek was natuurlik vreeslik bly dat sy nie my ma of ouma was nie. Sy het my so aan die Amerikaanse kinders wat geen maniere het of respek vir mens of God het, wat so graag op flieks en reekse uitgebeeld word, herinner dat ek haar net so graag soos 95% van die ^&%(*& &^$#@# telge wat op tv en in flieks is ‘n hoë fondasie sou wou vasmessel en wegloop.

Ewentwel, ek is nou so min of meer halfpad deur die vervelige huiswywe en kan nie dink hoekom dit as ‘n treffer gesien was nie. Goeie genade in een episode hardloop die een “dame” met ‘n ysbeeld in ‘n baba se stootkar. Dit was nou nadat sy oor ‘n wielmoer gebuk het wat haar boesem laat uitpeul het. O, ek vergeet, hulle klofies word deur meeste van die klere wat hulle dra, ontbloot. Maar in die wielmoer toneel het die rok net meer oopgehang. Ek het in my lewe min afstootliker dinge gesien. Die ou peulende halfmas ballonne onder aan die spiderman borstuk. Goeie genade. Dit was nou wragtig Somalie sindroom in daardie borskas. Die ene bultende gebeentes. Dan is daar ‘n ou donkerkop wat so graag gewys word in haar onderklere. Twee lang bene wat lyk soos groteske mense arms lyk. Sy was seker die enigste een van die lot wie bereid was om in haar onderklere te verskyn. Dit het my wragtig laat wonder hoekom 95% vroue so wil lyk.

Arme mense, ek wonder of hulle toegelaat word om te eet nadat ‘n hele seisoen opgeneem is. Ek wonder hoe “cope” hulle met die lae bloedsuiker.

Gedagte van die dag: Dis regtig nie suur druiwe nie.

Advertisements

Entry filed under: Askies????, Volgens my.

Maak leeg die beursies. Afrika diens?

4 Kommentaar Add your own

  • 1. mal hans  |  April 9, 2014 om 11:35 nm

    nou het ek lekker gelag. wat n oulike beskrywing. n spiderman borsplaat. daar is wraggies menr planes as o ou spiderman se abs. en die groteske mense arms vir bene. maar jy het vergeet van die verlepte vel vlappe onder haar gat.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  April 11, 2014 om 3:37 nm

      Ek het seker net nie ver genoeg gekyk om dit te sien nie.

      Antwoord
  • 3. Anonieme Belediging  |  April 10, 2014 om 12:10 nm

    Bultende gebeentes. Dis nice gese. Maar mans is vreemde skepsels. Hulle sien nie groteske beene wat soos mense arms lyk nie Iyk nie. Ook nie superman se abs op n vrou se bors nie. Hulle sien net wat hulle alles daarmee kan doen voordat dit breek.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  April 11, 2014 om 3:38 nm

      High hopes aan hulle kant.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: