Die groot bose stad.

Maart 31, 2014 at 10:40 vm 11 Kommentaar

Op die platteland sal mense altyd hulle tande kners as hulle hoor van iemand wie in die stad woon. Of hulle hoor van iets lelik wat gebeur het, soos ‘n jong mens wie verongeluk het terwyl onder die invloed van drank. Dan sal jy maar altyd hoor hulle vra of dit in die stad gebeur het, asof die plattelanders nooit so iets sal doen nie.

Ai tog. Ek dink ek het al genoem dat ons, PLATTELANDERS net een keer per maand kerkdiens het. Ons kan meer kerk inkry as ons elke week na ‘n ander dorp se kerk of na ‘n ander geloof se kerk gaan. Wat weer beteken dat daar ander dorpe ook is waar die Katolieke net een keer per maand kerk het. Tog, dis dan die platteland. Om ‘n lang storie kort te maak, ons was die afgelope naweek in die stad. In die groot bose stad. Waar jong mense bestuur onder die invloed van dwelms, drank en wat nog. Waar jong mense van alles wat verkeerd is verdink word, ook ouer mense. Ook ou mense. Want lelik gebeur mos nie in die platteland nie. Of as dit in die plattelang gebeur, is dit stedelinge wie dit laat gebeur.

Ons het Sondag oggend kerkdiens bygewoon. Gewoonlik gaan ons Saterdagaand. Ons het ook na ‘n ander kerk as die gewone een gegaan. In een blok, het ons by die derde plek waar motorvoertuie aan albei kante van die pad ingeryg gestaan het, parkering gesoek en darem ‘n gaatjie gekry om ons Fordjie in te los. Op die sypaadjie, tussen twee ander karre wat ook onwettig op die sypaadjie geparkeer was. Dit vir kerk mis in die bose stad. Ek lig graag my hoed vir die (tong in die kies) bose stedelinge. As sulke bywoning die bose verteenwoordig, dan sal die Anc hulle omset beslis kan verdubbel as hulle pleks van konsessies vir padtol uitdeel asof dit Chappies is, kerktol instel. Ousus het ons ingelig dat die mis die tweede kerkdiens van die oggend by die spesifieke kerk was. ‘n Derde en ‘n aand diens sou nog volg.

Ek, as plattelander, kan met skaamte vertel dat ons een kerkdiens per maand, glad nie aftrek kry as daar iets anders aangaan nie. Dikwels is dit maar net baie bedompig of baie koud, dan sal net ek en Homer opdaag om die diens by te woon. Dikwels sal die verskonings wees dat van die ander KNP toe was vir die dag. KNP is altyd oop. 28/30/31 dae per maand. Ons het diens net EEN KEER PER MAAND. Is die onwilligheid om kerk toe te gaan dan ‘n plattelandse ding? Ek meen, ELO? Vier dienste per naweek in die bose stad teenoor een kerkdiens per vier (soms vyf) Sondae per maand. Waar lê die boosheid wat die najaag van eie belange insluit dan?

Gedagte van die dag: Nee wat, ek is nie l;us vir anonieme beledigings nie.

Entry filed under: Rooi gesiggies.

Dis so lekker om die Here te dien- Roekeloos onbeskaamd Sê ek mos ook!

11 Kommentaar Add your own

  • 1. Anonieme Belediging  |  Maart 31, 2014 om 11:09 vm

    Ek gaan so graag na ander kerke. Ek het die OAK possie gelees en gekommentaar. Op n ander dag, nie vandag nie. Maar ek het nog selde n hoodmoedige lelaar raakgeloop onder die geleerde mense. Tog kan ek met ondervinding noem dat ek net so selde n nederige LEKE predikant raakgeloop het. Hulle is mos spesiaal. Die uitverkorenes. Dis is die belediging vandag nie vir jou nie. Maar miskien moet die geleerde predkant op die platteland maar sy gemeente met hoogmoed bejeen om hulle gatte terug te dwing kerk toe. Net miskien as die gemeente meer bereidwillig kerk toe kom sal julle leraars meer geredelik diens lewer. Maar wat ek wou gese het is tog dat die stedelinge hulle kerke sien as n instelling, miskien n plig, iets wat hulle moet doen. Of is dit dalk iets wat hulle wil doen? Teenoor die plattelander se onwilligheid om kerk toe te gaan.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 31, 2014 om 9:45 nm

      Eisj, dit slaan nogal seer. Ons moet ook maar steeds verderig ry om by die kerk te kom. Maar is nie ‘n verskoning nie. Die predikant Moet nog verder as dit ry.

      Antwoord
  • 3. Klip  |  April 1, 2014 om 12:27 vm

    Wat maak iemand geleerd ? Enige iemand kan enige stront leer en n sertifikaat of diploma kry

    Antwoord
    • 4. Olga  |  April 1, 2014 om 9:01 nm

      Vandag makliker as ooit.

      Antwoord
  • 5. Klip  |  April 1, 2014 om 12:31 vm

    Klub reels!!!! ….. Elkeen moet net sy klub se reels ken ….ek dink dan is jy “geleerd”

    Antwoord
  • 6. Klip  |  April 1, 2014 om 12:34 vm

    A gang of robbers broke into a lawyer’s club by mistake. The old legal lions gave them a fight for their life and their money. The gang was very happy to escape.

    “It ain’t so bad,” one crook noted. “We got $25 between us.”

    The boss screamed: “I warned you to stay clear of lawyers! We had $100 when we broke in!”

    Antwoord
    • 7. Olga  |  April 1, 2014 om 9:02 nm

      was daar maar meer sulke slagoffers sou enige dief drie keer gedink het voordat hy geroof het.

      Antwoord
  • 8. Kameel  |  April 1, 2014 om 1:19 nm

    Ek weet nie veel van die boosheid van die stad nie want ons het nie meer tieners waarvoor ‘n mens gedurig moet keer nie. Maar in ons jare daar tussen die mielielande het dinge gebeur wat jou hare regop laat staan het. ‘n Seun van die stad – wat sy prakties vir siviele ingeneurswese op die platteland gedoen, en by ons gebly het – konnie die sterftesyfer wat daar onder jongmense wat besope was, en verongeluk het, glo nie. Sou jy die omtrek neem, en die hoeveelheid studente wat aan die universiteit in die stad studeer het, was daar nou en dan afgekondig dat ‘n student oorlede is. Maar op die platteland was dit ‘n algemene ding.

    Antwoord
    • 9. Olga  |  April 1, 2014 om 9:04 nm

      Ek is ook maar ‘n stadskind. Kan nie dink aan enige boosheid wat ek daar teëgekom het nie.

      Antwoord
  • 10. Klip  |  April 1, 2014 om 9:37 nm

    Pretoria o Pretoria ……….. al die “boosheid” het tuisgegaan in die jeug sentrum……. Daardie jare het die duiwel nog kortbroek gedra

    Antwoord
    • 11. Olga  |  April 3, 2014 om 6:25 nm

      Nou sit hy Sondae met sy langbroek aan voor in die kerk?1?!?! 😆

      Antwoord

Lewer kommentaar op Klip Kanselleer antwoord

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter