Nuwe foon.

Maart 23, 2014 at 9:59 nm 7 Kommentaar

Dis behoorlik ‘n geval van hoe meer dae, hoe meer dinge. Verlede Maandag lui my foon. Ek het dit gegryp en gesien dis “private number.” Soos gewoonlik het ek die groen telefoon knoppie gedruk en geluister sonder ‘n woord te sê soos altyd as dit ‘n oproep is wat geen nommer wys nie.

Gou het die persoon aan die ander kant begin “Hello” wat my teken was dat dit veilig was om te praat. Kom toe basies daarop neer dat my huidige foon so oudmodies was dat Vodacom dit een van die dae nie meer kan “support” nie. Maar siende dat Vodacom kan sien ek is in die pylvak om op te gradeer en hulle die lewe makliker wil maak vir hulle kliënte, wil hulle my baie moeite spaar en die opgradering so maklik moontlik maak vir my. Hoekom eers vandag? Die eerste keer in tien jaar wil ek verder weet. Dis nou hulle nuwe diens om die lewe makliker te maak vir hulle kliënte. Wou weet of ek tevrede is met die BB wat ek tans gebruik en watter foon het ek in gedagte gehad gehad vir ‘n opvolg.

Wel, natuurlik geval die bis ding van BlackBerry my. Ek meen, Elo? Voor BB was die internet gebruik op my selfoon-rekening heelwat oor die R100. Die afgelope twee jaar was dit wat? R49? Maar die syfer is natuurlik onder korreksie. Waarom sal ek dan nou nie weer ‘n BB wil hê nie? Hy het ‘n lys BB modelle genoem. Ek stel natuurlik glad nie belang in die touchscreen goed nie. Maar daar was een wat my geval het. Hy belowe toe dat ek die foon voor die naweek sou hê. Voordat hy nog klaar gepraat het, kom ‘n sms deur. Na ons gesprek maak ek die sms oop. Dis van “Elite Mobiles” wat die opgradering bevestig.

Natuurlik was ek dadelik op my agterpote en dadelik 111 gedruk. Reg vir die geveg. Hoe het ‘n telebevarker my Vodacom besonderhede gekry as Vodacom dit nie vir hulle gegee het nie? Blyk toe dat hulle deur Vodacom gekontrakteur is om te doen presies wat gedoen was. Voor die naweek was my nuwe foon in my besit, sonder dat ek my siel moes gaan versondig het met die mense by Vodacshop by die Riverside mall. Ek het die foon maar net so gelos in die boxie en net so gebêre. Toe Badboy vanaand hier aangekom het, het hy die nuwe foon oopgemaak en wragtig voordat jy kon sê Piet_my_vrou het hy dit terug gegee. Die ding was besig om te reboot.

Sedert Januarie het twee vriendinne en een vriend opgradeer na nuwe BB’s. Hulle het albei die nuwe pin’s gestuur en gevra dat ek hulle moes nooi. Kan jy nou meer? Toe ek my foon se pin insleutel was alles wat op die ou foon was, in plek. BBM met al die kontakte ook. Dit was nie vir my nodig om nuwe pin stuur en vra om weer genooi te word nie. Was sommer net daar. Ek sou dit nooit kon doen nie. Sou ook seker die ” dis my nuwe pin nooi asb weer” ding moes doen.

Geniet die week. Mag dit ‘n goeie een wees. Bly veilig.

Gedagte van die dag: Viva my BB. Jy weet van.

Advertisements

Entry filed under: Go Go.

Hoe treurig tog. Dis so lekker om die Here te dien- Roekeloos onbeskaamd

7 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Maart 24, 2014 om 10:32 vm

    Hoop jy geniet jou nuwe BB

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 24, 2014 om 12:06 nm

      Ek geniet veral die bis.

      Antwoord
  • 3. Klip  |  Maart 24, 2014 om 10:33 vm

    I know a few guys who always get together on Fridays after work.

    One Friday, Dave showed up particularly late, sat down at the bar, and kicked back his entire first beer in one gulp. Then he turned and said, “Times they are getting tough. I mean, just today, my wife told me that she’s going to cut me back to only two times a week! I can’t believe it.”

    At which point Bob put his hand on Dave’s shoulder and said reassuringly, “You think you’ve got it bad, she’s cut me out all together.”

    Antwoord
  • 4. Kameel  |  Maart 24, 2014 om 2:08 nm

    Dis goeie nuus; ‘n nuwe foon is vir my een groot nagmerrie juis omdat dit so ‘n beslommernis is om alles weer in werking te kry. Sal nou makliker opgradeer 🙂 Geniet jou nuwe BB!!!

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Maart 24, 2014 om 6:01 nm

      😆 dankie Sally. Vir my net so ‘n ou nagmerrie, daarom dat ek die foon gebêre het. Ek dink dis my net eenvoudig te ver vooruit.

      Antwoord
  • 6. Toortsie  |  Maart 25, 2014 om 9:57 vm

    So dame, wat jy nou vir my wil vertel, is dat as Vodacom WEER vir my bel, ek nie die foon moet neersit nie, maar saamspeel?
    Ek is bly jou dinge het so lekker uitgewerk!

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Maart 25, 2014 om 12:06 nm

      Ek is al vir wat my lewe maklik maak. Ek moet erken, elke Jan, Rap en sy maat bel my darem nie meer nie. Ek het op die regte plek gaan skree. ENB Met mnr Slangogies by “Services.” Nou dat hulle mnr Slangogies na ‘n ander tak gestuur het, neem die telebevarkers vakansie.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: