My vriend Jeremiah

Maart 2, 2014 at 11:15 nm 5 Kommentaar

Ek glo nie ek het hier al gepraat oor my vriend Jeremiah nie. Ons woon al nege en ‘n half jaar by ons huidige adres. Vandat ons hier in getrek het, was hier ‘n ou brulpaddatjie in die sloot onder die huis.

Baie mense het sy brullery hinderlik gevind, ek het kameraadskap daarin gevind. Toe het ek maar my klein skurf vellige vriendjie Jeremiah gedoop. Sowat vyf jaar gelede het Ousus sy gevra of ek weet dat brulpadda’s net tot en met sesjaar lewe? Ek was toe vreeslik geskok. Dit het beteken my vriend is op dood se drumpel. (Dis nou bygesê as die sloot in die ses jaar nie wat ons hier hier is, nie al ‘n paar keer van inwoner verander het nie.

Ewentwel, ek het eendag buite gekom en ‘n groot, skurwe brulpadda op sy rug, stokstyf en mors dood gevind. Ek het hom (ek neem aan Jeremiah was ‘n hy) toe geneem en begrawe. Dit was nie 100 jaar nie, toe brul dit weer heel kameraadskaplik en kon ek weer my vriend Jeremiah geniet. Die afgelope naweek egter, het Jeremiah weer amper plek gemaak vir ‘n ander.

Ons het kuiergaste gehad met ‘n vierjarige jagter. ‘n Grootwild jagter. Hy jag “budderflies” en glo my, die mot van ‘n bottervlieg wat paaie met hom kruis, is nooit weer dieselfde as hy dit wel oorleef nie. Be that as it may. Ousus roep van binne af en vra of ek bewus is dat daar ‘n padda op die agterstoep nes geskrop het. Toe het ek haar verseker dis net my vriend Jeremiah. BEssie, Lapman en die kat sien hom en los hom. Dis mos my vriend Jeremiah.

Mannetjie het egter saam met my ingekom. Toe wou hy groot oog weet wat dis. Ousus het geatwoord dat dit ‘n padda is. Ek het gou wal gegooi en gesê dis my vriend Jeremiah. Hy het my verseker dis ‘n “funny friend.” Ousus het weer verduidelik dis ‘n ou paddatjie wat my geselskap hou wanneer ek alleen is. Gou het die Grootwild Jagter die besem gegryp en my verseker hy gaan die ou paddatjie net gou dood maak. Eisj ek moes vinnig keer of ek het vanaand net na Bessie se gesnork geluister.

Geniet die naweek en bly veilig.

Gedagte van die dag: Elke dierjie het sy plesiertjie maar die Jagter moet myne los.

Advertisements

Entry filed under: Huis en Haard.

Weergalose inisiatief Is woorde nodig?

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Maart 4, 2014 om 12:14 vm

    Procrastinator’s Calender

    NEG FRI FRI FRI THU WED TUE
    8 7 6 5 4 3 2
    16 15 14 12 11 10 9
    23 22 21 20 19 18 17
    32 30 28 27 26 25 24
    39 38 37 36 35 34 33

    1. This is a special calendar for handling rush jobs. All rush jobs are needed yesterday. With this calendar, a job or project can be ordered on the 7th and delivered on the 3rd.

    2. Many companies set Friday deadlines, so there are three Fridays in every week. This is also beneficial for those persons who are paid on Fridays.

    3. There are eight new days added to each month, to allow for month-end panic jobs.

    4. There is no 1st of the month, thus avoiding late delivery of the previous month’s last-minute panic jobs.

    5. Monday morning hangovers are abolished, along with non-productive Saturdays and Sundays.

    6. A new day — Negotiation Day — has been introduced keeping the other days free for uninterrupted panic.

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Maart 4, 2014 om 4:33 nm

      Dit moet beslis ‘n bbbee kalender wees.

      Antwoord
  • 3. Klip  |  Maart 4, 2014 om 12:21 vm

    Ek het ook so n ou mak brul paddatjie( moet vroulik wees)want sy brul net as ek te veel gedrink het, en maak die mooiste geluide wat ek nie die volgende dag kan onthou nie.

    Antwoord
  • 4. Kameel  |  Maart 5, 2014 om 1:57 nm

    Dit is lekker om so ‘n geselskappie vir die alleenigheid te hê. Ek het vir Octavius die akkedis wat al ‘n paar jaar onder die yskas bly. Dink nie dit is meer die oorspronklike Octavius nie maar watwou, behalwe vir die groot skrik wat hy my gee wanneer ek om die draai kom en amper op hom trap, is nog ‘n asempie in die huis heel gesellig :).

    Antwoord
    • 5. Olga  |  Maart 5, 2014 om 2:00 nm

      Feit soos ‘n, wel, akkedis.

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: