Darem ‘n kansie

Januarie 29, 2014 at 10:01 nm 12 Kommentaar

rissies

Ons het die afgelope tyd so baie gereën gekry daar was net nie ‘n droog genoeg tydjie om in die tuin te kom nie. Vandag was dit darem beter. Daar was so hier en daar ‘n ou uurtjie om die buitelig te geniet.

Geeftag, in die tuin gekom, moes ek inderhaas gaan plankies of takke soek om die rissies te stut. ‘n Paar plante moes ek maar die las verlig deur die rissies te pluk. Die groentetjies raak in sulke sarsies plukryp. ‘n Paar weke gelede kon ek net nie genoeg spinasie pluk om die plante gesond te hou nie. Toe was die wortels so sporadies reg. Hierdie somer wou geen pampoen in my tuin groei nie. Gewoonlik groei my komposgat ook vinnig al toe van die pampoenranke. Hierdie somer het ek elke tamatieplantjie wat ek in die komposgat gesien het, uitgeroei. Dis sal glad nie deug om ‘n plant te vertroetel wat nie goeie vrug gaan dra nie.

Die beet was vanjaar ook ywerig en staan daar ‘n paar bottels op die spensrak. Om nou nie eers van aarbeie te praat nie. Rooi miere ten spyt het ek die somer die meeste aarbei konfyt nog gekook. Seker oor al die rooimier mis. (Sien jy klip, daar is toe nog ‘n mis.)

Tog is dit nou al duidelik dat ons ‘n vroeë winter gaan beleef. Wat kan mens nou daaraan doen? Net die winter plantjies maar vroeg insit voordat die koue ons vang.

Gedagte van die dag: Resepte vir rissies soek.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Hoed op die kop en bye wat pla Wonder ek weer oor ouers

12 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Januarie 30, 2014 om 9:33 vm

    Olga , jou greenpeppers en chillies lyk definitief beter as die wat ons hier kan koop.

    n Vrienden in Amerika het eenkeer vir my van haar greenpeppers wat sy gedroog het aangestuur.Dit was besonder smaaklik.

    Ek wil nog net die dehidreering (sp) probeer

    Laat daai chillies my nou dink aan “ring sting”

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Januarie 30, 2014 om 3:15 nm

      😆 hulle is besonders mild.

      Antwoord
  • 3. Kameel  |  Januarie 30, 2014 om 10:53 vm

    Ek wonder wie werfskaf die flukste in daardie tuin van jou… jy of die rooimiere 🙂 Jy pluk die vrug van jou arbeid…. wou ‘n green pepper koop – prys R20 een 😯

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Januarie 30, 2014 om 3:14 nm

      Wee jy, hulle buit ons gruwelooslik uit. As hulle nie wegkruip agter die petrol prys nie, is dit die elektriseteitsprys. Skandalig. Nou kan ek jou nie eers die helfte gee nie, Sally.

      Antwoord
      • 5. Kameel  |  Januarie 30, 2014 om 3:18 nm

        Ook gedink ek moes nader gebly het…. daardie aarbeikonfyt klink net so aanloklik 🙂

  • 6. Selene Phoenix  |  Januarie 30, 2014 om 11:28 vm

    Dink ek moet ‘n groente tuin begin… die winkels sin is vrek duur, en lyk nie so mooi nie!

    PS: Baie dankie vir KM se mooi verjaarsdag wense (video) Dis baie oulik!! Sy is juis deesdae mal oor liedtjies en diertjies 🙂 xx Waardeer dit!!

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Januarie 30, 2014 om 3:16 nm

      ‘n ou drukkie vir KM, Selene. Ek het vroeg more al vir haar gesing. Het Grieters jou vertel dit sou ook my Moedertjie se verjaardag gewees het?

      Antwoord
      • 8. Olga  |  Januarie 30, 2014 om 3:17 nm

        KM het net sulke kwaai “Ek vat niks ____ van niemand” oë soos my Ma.

  • 9. Selene Phoenix  |  Januarie 31, 2014 om 10:57 vm

    Nee sy het nie. KM se oupa grootjie sou 96 op dieselfde dag gewees het.
    En sy vat nie ____ LOL! Kwaai een die, en sy sê dit sommer ook vir jou! Baie dankie x

    Antwoord
  • 10. Toortsie  |  Januarie 31, 2014 om 11:36 vm

    Jy het omtrent plesier uit jou eie tuin. En als is ORGANIES!! 🙂

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Februarie 1, 2014 om 8:06 nm

      Baie naby daaraan maar darem nog nie heeltemal nie.

      Antwoord
  • 12. Klip  |  Februarie 1, 2014 om 7:21 nm

    Polisie: “Klop klop.”
    Gammat: “Wiesh daar?”
    Polisie: “Dis die Polisie.”
    Gammat: “Wat soek djulle?”
    Polisie: “Ons wil praat.”
    Gammat: “Hoeveel is djulle?”
    Polisie: “Ons is 2.”
    Gammat: “Nou vi wat praat djulle ni met mekaar ni ?”

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: