Hoed op die kop en bye wat pla

Januarie 27, 2014 at 8:42 nm 14 Kommentaar

bye

Ek het mos al vertel van die moedswillige bye. Die byeboer het ‘n kas hier gelos en belowe dat hulle sommer vinnig in die kas sal intrek. Daar het niks van gekom nie. Na twee maande het ons die kas verskuif tot omtrent twee meter van waar hulle in ‘n spleet in die houtmuur getrek het. Steeds niks.

by

So dikwels het ek saans die gezoem gehoor en dikwels sou daar ‘n by of drie al om die kombuis se buislig vlieg. Ek sou dan maar die lig afgesit het en die kombuis vermy het. Ek was regtig nie begerig om hulle uit te roei nie. Ek moet hier noem dat volgens wat ek uit die byeboer se vertellings kon aflei, maak hulle ook maar die arme bye dood wanneer die korwe vol is. Wat ek vreeslik wreed en ondankbaar gevind het.

Maar nou ja.Verlede week toe oom Ridder gras gesny het, het ek hom op ‘n stadium vreeslik hoor vloek. Ek het aangeneem dat Lapman weer sy been teen die oom se sak (met lym en gereedskap) gaan lig het. Dus het ek maar gou omgeloop om Lapman te red. Hoekom hy die sak so graag gaan natspuit sal net hy weet. Dan sal oom Ridder eers mooi rondloer en as hy my nie sien nie, dan kom die dreigement saggies: “Spykerman, ek gaan ‘n ballon met ‘n rekkie om jou p…etjie vasmaak as jy weer my 4ken goed nat pis.”

Ewentwel, voordat ek toe heel “toevallig” op die geveg kon afkom, het ek die oom al vloekend sien links steier, toe regs. Toe tree hy twee treë vorentoe en windmeul sowat ses terug terwyl hy met sy hande klap. Natuurlik was Lapman breëbek laggend al keffend om die oom se knieë. Toe het hy sy hoe van sy kop af en klap klap en skud al morrend die hoed. Gou weer op sy kop terug geplak en rats bo oor Lapman gespring. Hy het so effe na links gebokspring tot Lapman se groot vreugde. HY was natuurlik al keffend agterna. Toe trap die oom met sulke stywe bene terwyl hy luid en lank swets. Toe sien ek die bye al malend om sy kop.

Ek het maar stilletjies omgedraai en voordeur toe gesluip. Ek wou my natmaak van die lag. Die riel wat die oom getrap het was amper net so vermaaklik soos die rympies wat hy opgesê het.

Toe ek in die kombuis kom, was hy en Lapman al in die kombuis. Waar Lapman al om hom gedans het. Seker om die oom te nooi om weer met hom te gaan dans. Sies Olga. Ek het drie angels uit sy voorkom en een uit sy oor gekrap met die knipmes wat hy aangebied het. Die aand toe dit al sterk skemer was, het ek die oom se stem gehoor. Ek was toe ongelukkig te laat om sy wraak te keer. Toe het hy hulle klaar “moer toe” gestuur met ‘n brandende fumitab in daardie spleet.

Hulle het seker eerste moeilikheid gesoek en het die wraak verdien.

Gedagte van die dag: Die hoenders sou hulle lankal laat trek het.

Advertisements

Entry filed under: Staaltjies.

Dis nat. Darem ‘n kansie

14 Kommentaar Add your own

  • 1. Kameel  |  Januarie 28, 2014 om 11:17 vm

    😆 Sou graag die riel wou sien – maar darem eers pluisies in my ore druk. Soete wraak wat hy geneem het!!!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Januarie 28, 2014 om 11:45 vm

      Ek is net bly hy weet nie ek het dit gesien nie.

      Antwoord
  • 3. Klip  |  Januarie 28, 2014 om 11:31 vm

    Daai opswel en gejeuk van n bysteek is erg………

    Gelukkig het julle nie Witbank bye nie. Hier is dit nie n gezoem van bye nie, eerder n gehoes van die bye

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Januarie 28, 2014 om 11:46 vm

      Hulle rook te veel.

      Antwoord
  • 5. Klip  |  Januarie 28, 2014 om 4:42 nm

    Vars warm witbrood , regte botter en vars heuning……….eet ek al weer al my rekmerke in n spasma in

    Antwoord
  • 6. Klip  |  Januarie 29, 2014 om 8:43 vm

    Walking through Chinatown, a tourist is fascinated with all the Chinese restaurants, shops, signs and banners. He turns a corner and sees a building with the sign, “Hans Olaffsen’s Laundry.”

    “Hans Olaffsen?”, he muses. “How the heck does that fit in here?”

    So he walks into the shop and sees an old Chinese gentleman behind the counter.

    The tourist asks, “How did this place get a name like “Hans Olaffsen’s Laundry?”

    The old man answers, “Is name of owner.”

    The tourist asks, “Well, who and where is the owner?”

    “Me, is right here,” replies the old man.

    “You? How did you ever get a name like Hans Olaffsen?”

    “Is simple,” says the old man. “Many, many year ago when come to this country, was stand in line at Documentation Center. Man in front was big blonde Swede. Lady look at him and go, “What your name?” He say, “Hans Olaffsen.” Then she look at me and go, ‘What your name?’”

    “I say, Sem Ting.”

    Antwoord
    • 7. Olga  |  Januarie 29, 2014 om 9:21 nm

      😆 😆

      Antwoord
  • 8. Klip  |  Januarie 29, 2014 om 8:44 vm

    Die boer en voornemende koper loop op sy gasteplaas rond.

    Die koper sien toe n groot byekorf in die boom naby die huis en se dat as hy besluit om die plaas te koop, die byekorf so gou moontlik verwyder moet word.

    Net om ‘n punt te bewys se die boer: man kyk, hier het nog nooit ‘n by enige iemand gesteek nie, maar kom ek maak jou kaal aan die boom vas. As ‘n by jou steek sal ek 10% afkom met die koopprys.

    Right se die koper.

    Na ‘n ruk kom die boer terug by die boom waar die koper asvaal en moeg teen die boom hang.
    En nou? Het ‘n by jou gesteek?

    Nee se die koper uitasem, maar het daai kalfie nie ‘n ma nie!!?

    Antwoord
  • 10. Klip  |  Januarie 29, 2014 om 10:47 vm

    The English language has some wonderfully anthropomorphic collective nouns for the various groups of animals.
    We are all familiar with a

    Herd of cows,

    Flock of chickens,

    School of fish

    a Gaggle of geese, and

    A Pride of lions.

    However, less widely known is:

    A Murder of crows

    An Exaltation of doves

    And, presumably because they look so wise:

    A Congress of owls.

    Now consider a group of Baboons.

    They are the loudest, most dangerous, most obnoxious, most viciously aggressive and least intelligent of all primates………

    And what is the proper collective noun for a group of baboons?

    Believe it or not ……. A Parliament

    YEP….A PARLIAMENT OF BABOONS! Pretty much explains everything doesn’t it?

    ………

    Antwoord
    • 11. Olga  |  Januarie 29, 2014 om 9:24 nm

      Veral in Suid Afrika.

      Antwoord
  • 12. Klip  |  Januarie 29, 2014 om 4:26 nm

    Senior citizens………..

    We went to breakfast at a restaurant where the ‘seniors’ special’ was two eggs, bacon, hash browns and toast for R12.99.

    ‘Sounds good,’ my wife said. ‘But I don’t want the eggs..’

    ‘Then, I’ll have to charge you R13.49 because you’re ordering a la carte,’ the waitress warned her.

    ‘You mean I’d have to pay for not taking the eggs?’ my wife asked incredulously.

    ‘YES!’ stated the waitress.

    ‘I’ll take the special then,’ my wife said..

    ‘How do you want your eggs?’ the waitress asked.

    ‘Raw and in the shell,’ my wife replied.

    She took the two eggs home and baked a cake.

    DON’T MESS WITH SENIORS!!!
    WE’VE been around the block more than once!

    Antwoord
    • 13. Olga  |  Januarie 29, 2014 om 9:24 nm

      :lol; Go tannie.

      Antwoord
  • 14. Klip  |  Januarie 30, 2014 om 7:29 vm

    A man and his wife were driving through country on his way from New York to California.

    Looking at his fuel gauge, he decided to stop at the next gasoline station and fill up. About 15 minutes later, he spots a Mobil station and pulls over to the pump.

    “What can I do for ya’ll?” asks the attendant. “Fill `er up with super unleaded,” replies the driver.

    While the attendant is filling up the tank, he’s looking the car up and down.

    “What kinda car is this?” he asks. “I never seen one like it before.”

    “Well,” responds the driver, his chest swelling up with pride, “this, my boy, is a 2015 Cadillac.”

    “What all’s it got in it?” asks the attendant.

    “Well,” says the driver, “it has everything. It’s loaded with power steering, power seats, power sun roof, power mirrors, AM/FM/XM radio with a 10 deck DVD player in the trunk with 100 watts per channel, 12 speaker stereo, rack and pinion steering, disk brakes all around, leather interior, digital instrument package, navigation that talks to you turn-by-turn and, best of all, a 8.8 liter V12 engine.”

    “Wow,” says the attendant, “that’s really something!”

    “How much do I owe you for the gasoline?” asks the driver.

    “That’ll be $82.17,” says the attendant.

    The driver pulls out his money clip and peels off twenties and a ten. He goes into his other pocket and pulls out a handful of change. Mixed up with the change are a few golf tees.

    “What are those little wooden things?” asks the attendant.

    “That’s what I put my balls on when I drive,” says the driver.

    “Wow,” says the attendant, “those Cadillac people think of everything!”

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: