Viva Pres Zuma

Januarie 16, 2014 at 12:02 nm 4 Kommentaar

NKANDLA_1 (Daar is niks wat sê ek mag nie bestaande media foto’s van die opstal/plaas/stat/dorp gebruik nie) (Ek wonder of die grasdak rondawels op die voorgrond die onderskeie vroue se eie persoonlike kwartiere is)

Iemand het die ander dag toe ons oor die komende verkiesing gepraat het, gesê: “Better the devil you know.” Ek dink die ANC voel ook so. As mens kyk na die opknapping, ekskuus, sekuriteitsmaatreëls wat by pres Zuma se opstal gedoen is, dink ek hy het gekom om te bly. Geen ander rede, verskoning of ekskusie kan andersins die belaglikheid verduidelik nie. Ek het vanmôre die volgende BBM gekry en natuurlik gegiggel oor die feit dat dit UITBUITING in hoofletters was. Mens moet natuurlik in ag neem, nadie storie sou daar baie blink handpalms ook maar gewees het.

“Zuma was SERIOUSLY concerned with his safety and that of his family!!! Just look at all the security measures taken at Nkandla! HIGHEST public works project in history Includes:
Indoor swimming pool – R2,65 mil.
Cinema – R1,8 mil.
Games arcade – R10,3 mil.
Industrial kitchen – R15,5 mil.
Tuck shop – R1,1 mil.
Underground bunker – R 22,1 mil.
Entertainment bar area – R11.5 mil.
Gymnasium – R8.2 mil.
Library – R1,33 mil.
Art and Décor interior designing – R21.2 mil.
Architecture design- R18 mil. ……
One thing is certain… they will definitely NOT die of boredom, whilst the rest of us struggle to make ends meet. Send this to as many tax paying citizens of SA so we can all see what happen to our TAX money and make the right decision come this years’ elections!”

Die donker druk van die laaste sin, is wat ek self gedoen het om te regverdig hoekom ek die bog enigsins in hierdie pos gebruik het. Dit bring in elk geval vir, my die totaal op R95,68miljoen. Maar nou ja, julle weet mos, niks wat ek doen is juis nie. Volgens my berekeninge laat dit ‘n bedrag van R113,32miljoen wat seker op die hoenderhokke en beeskrale geblaas is. Maar wie weet? Miskien was daar skaaphokke en varkhokke ook waarvan ons nog nie gehoor het nie.

Almal weet mos vandat BBBEE meer as net ‘n naam in Suid Afrika geword het, het duisend, nes die nederige een en twee sent stukke, net verdwyn. Die bedrag van duisend mag op enige vlak van dienslewering net verskyn agter miljoen anders kan kan ‘n spesifieke diens nie gelewer word nie. As hulle by NKandla wit kontrakteursfirma’s gebruik het, sou die opknapping heelwaarskynlik by R20 miljoen rond gedraai het, met beter toerusting wat in elk geval gebruik was. Viva BBBEE.

Die mense gaan beslis nie krepeer nie. Diegene wie nie kan lees of ‘n fliek volg, die gym of swembad kan gebruik of in die “tuckshop” werk, gaan seker vir die kuns en dekorasies sit en lag.

Gedagte van die dag: Ek wonder watse tipe leesstof gaan in die bib aangetref word. Vir die nederige bedrag kan daar op die stadium net ‘n paar Hustlers wees.

Advertisements

Entry filed under: Mense en hulle dinge.

In my kop O, Treurigheid!

4 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Januarie 16, 2014 om 12:43 nm

    Kraal mentaliteit!!. Laat my dink aan n oom wat ook met n termiet in n kraal onderhandel het, en toe met sy lewe geboet het.

    Toilette is ook toegerus met n bondel gras om hulle holle mee af te vee

    Hustlers en n flitsie, Die middelste bladsy net een groot donker gat……Hulle moet net nie die hoof termiet spils kry nie,

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Januarie 16, 2014 om 2:28 nm

      😆 Het hulle holle afgevee met die middelblad toe die bondel gras klaar was? Ek het ook gehoor van daardie oom. Hulle het nou sy dorp herdoop na M. kontoe. Ek kyk soms die weer op SABC2.

      Antwoord
  • 3. Klip  |  Januarie 17, 2014 om 11:48 vm

    Charlize Theron is nie die enigste Hollywood ster met familie in Suid Afrika nie. Na jare in die geheim het dit nou bekend geword dat die akteur Brad Pitt nog vier ander broers het. Hulle bly almal in Suid-Afrika.

    Die oudste broer is n boer in die Vrystaat en sy naam is Mielie Pitt. Die tweede oudste broer werk in Brakpan as mechanic en sy naam is Tap Pitt. Die derde oudste broer is `n vlieënier vir Mango en sy naam is Kock Pitt. Die Vierde boet is heeltemal van koers af en skreeu blykbaar vir die blue bulls . Sy naam is Stu Pitt.

    Nou ja, wat die akteurs nie alles sal aanvang nie. Onlangs het Brad Pitt en Angelina Jolie `n seuntjie aangeneem uit Uganda uit. Hulle noem hom Koffie Pitt!

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Januarie 17, 2014 om 5:29 nm

      😆 😆 😆

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: