In my kop

Januarie 16, 2014 at 12:29 vm 1 comment

Hoekom is dit so dat iets skielik een oggend op my skouer sit om my te spoop? Soms is dit bloot die woorde van ‘n liedjie. As ek my kom kry, dan neurie ek die liedjie. Of ek loop heeltyd strofes uit die liedjie en sing. Ander kere sal dit ‘n smaak wees. Iets waarmee ek wakker word, dan kan ek maak wat ek wil, die “smaak” sit op my tong soos engelvoetjies wat heeldag daar gedans het?

Soms is dit net die gevoel dat ‘n spesifieke iets gaan gebeur. Dan gebeur dit en jy besef dat jy eintlik geweet het? Ek sal wakker word en weet dat iemand my gaan bel, of dat ek iemand gaan sien. Wat maak dat ons weet?

Ek het dit nog altyd toegeskryf aan Olgageit. Tog is daar ander mense ook wat dieselfde ervaar. Waar jy net weet sonder dat jy gesêis nog voordat dit gebeur? Wat veral frustrerend is, is die afwagting sonder dat jy weet waarvoor jy wag? Be that as it may. Ek gryp sulke dae maar die skoffel, hark en kruiwa en raak besig in die tuin. Dan sit ek soos vanmore met ‘n kolossale rugpyn van doen wat ek nie moes doen nie. Eintlik van meer doen as wat ek voor my heilige siel weet ek kan doen. Maar nou ja. Ek he darem nou gehoor ek is nie die enigste een nie. Daarom kan ek daaroor praat. As dit malheid is wat so maak, dan weet ek darem ek is nie alleen mal nie. Al gaan Willekind nie daar wees om ‘n kamer in die malhuis met my te deel nie, gaan ek darem nie alleen wees nie.

Gedagte van die dag: Lotto nommers…. lotto nommers…. lotto nommers.

Advertisements

Entry filed under: Uncategorized.

Alweer sikke tyd Viva Pres Zuma

1 Kommentaar Add your own

  • 1. Klip  |  Januarie 16, 2014 om 12:46 nm

    Olga , dis daai sesde sintuig!

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: