Alweer sikke tyd

Januarie 12, 2014 at 9:41 nm 12 Kommentaar

Mensig, tyd vlieg meedoënloos! Voel soos net ander dag dat die skole gesluit het. Woensdag gaan die skole oor die hele land reeds heropen. Ongelooflik om te dink die ses weke vakansie is reeds om.

Ek het reeds onlangs gelees dat skoolgeld vanjaar een van die grootste geld eters vir meeste gesinne gaan wees. As jy dan nog brandstofprys, elektriseteit en tolgelde bytel, waarvan gaan mense in Suid Afrika lewe? Genugtig, daar is mense met vier of meer kinders in verskeie stadiums van skoolgaan. Mense wie top bydraers is weens die hoë belasting wat hulle reeds betaal. Dan is die grootste stelers van hulle inkomste reeds instansies of dienste of noodsaaklikhede wat deur die regering gegenereer word.

Suid Afrika is veronderstel om ‘n demokratiese land te wees, tog is sommige net meer demokraties as ander. Kom ek wees weer my voortvarende, rassistiese self. Dit sal net weer die ouers van kinders in voorheen bevoordeelde skole wees wie die prys moet betaal. Met ander woorde kinders in voorheen blanke skole. Terwyl die swart skole steeds iets soos R50 per jaar per kind betaal. Dan verwoes hulle alles of hulle ouers doen dit net om ‘n punt te bewys. Nee, wat. Laat ek van die seepkis afklim, dit maak my vreeslik naar al het ek lankal nie meer kinders op skool nie.

Sterkte aan alle ouers wie skoolfonds, boekehuur, skrifte, skrryfbehoeftes en skoolklere moet koop. Voorspoed aan die kinders. Mag dit ‘n verrykende, veilige en voorspoedige skooljaar vir julle wees op alle vlakke.

Gedagte van die dag: Mag daar waardige uitkoms wees vir almal wie dit nodig het.

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Wat het geword van …. Integriteit In my kop

12 Kommentaar Add your own

  • 1. Xena Phoenix  |  Januarie 13, 2014 om 8:01 nm

    Ek lees in die Rapport dat dit tussen R500 000 en R2 miljoen gaan kos om ‘n kind deur skool en universiteit te sit. Daarvan is omtrent 50% klasgelde.

    Skande

    http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Dit-gaan-knyp-20140111

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Januarie 14, 2014 om 3:08 nm

      Dankie vir die inset Grieters. Snaaks hoeveel ouers teef en kla maar doen verder niks. Dit kom nie eers by hulle op dat hulle op die verkeerde plekke teef nie.

      Antwoord
  • 3. maans  |  Januarie 14, 2014 om 8:42 vm

    dis belaglik wat die skole kos. dan is daar nog die skoolklere ook. by spesifieke winkels wat net so duur soos designer klere is. maar nie blankes se skoolklere kan jy sommer by pep en ackerman,s koop. dis baie demokraties.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Januarie 14, 2014 om 3:09 nm

      Viva Demôkrasie Viva!!!!

      Antwoord
  • 5. Klip  |  Januarie 14, 2014 om 9:08 vm

    Vir elke skapie wat skoolgaan is daar tien wolwe wat sit en wag om finansieele voordeel te trek.

    Antwoord
    • 6. Olga  |  Januarie 14, 2014 om 3:09 nm

      Feit soos ‘n perd. Hoe gaan dit met julle?

      Antwoord
      • 7. Klip  |  Januarie 14, 2014 om 4:30 nm

        Dit gaan baie goed dankie Olga, Hoop en vertrou dat die nuwe jaar vir ons almal net iets goed gaan inhou.

        Ek het die fees seisoen al my rekmerke weg ge-eet, en nou probeer ek by voornemens hou wat ek nie eers gemaak het nie.

      • 8. Olga  |  Januarie 15, 2014 om 10:44 vm

        Ltl. Ander mense dink mos altyd hulle voornemens gaan jou beter pas.

  • 9. Klip  |  Januarie 14, 2014 om 4:34 nm

    Die laeveld is seker op nou op sy mooiste met al die reen wat julle gehad het.?

    Antwoord
    • 10. Olga  |  Januarie 15, 2014 om 10:59 vm

      Dit is nogal. Die veldblomme staan geil. Maar ai, so ‘n paar dae sonskyn kan ook al welkom wees.

      Antwoord
  • 11. Kameel  |  Januarie 14, 2014 om 5:00 nm

    Hier is vier laerskoolkinders op hierdie erf…. en as ek sien wat alles gekoop moes word is ek net dankbaar my tyd van kind grootmaak is verby!!! Die eienares van ‘n skryfbehoeftewinkel het ‘n groot kartondoos met skryfbehoeftes hier kom aflewer. Ek moes afmerk soos sy uithaal…… ek kon my hande saamslaan. Dit was net vir twee van die seuns, die ander twee sn het my dogter Desember al gaan koop.
    Een goeie idee was tennisballe waarin daar kruise gesny moes word. Die sit hulle onder hulle stoel se pote dat dit nie so raas nie :).

    Antwoord
    • 12. Olga  |  Januarie 15, 2014 om 10:47 vm

      Eisj, ek moet tog die tennisbal wenk onthou. Dan moet hulle nog ook elke jaar NUWE skoolklere kry. Wat nie te klein is nie, was gesteel of is so verbleik dat geen kind dit wil dra nie. Wat word van die wereld?

      Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: