Wat het geword van …. Integriteit

Januarie 3, 2014 at 10:56 vm 5 Kommentaar

Waar is die dae toe ons woord nog ons eer was? Die dae toe ‘n oog nie sou wyk nie, maar in trotse eenvoud ‘n bars kon kyk?

karrma

Volksrust is ‘n dorpie in Mpumalanga waar omtrent almal mekaar ken. Wit en swart. Waar hulle ‘n onbekende bekende trompop sal loop en sal vra “Myn of waterwese (toe waterwese nog bestaan het) of kuier jy net? Nie meer vandag nie. Dit ook het met die NP verdwyn. Net die vrot het oorgebly. ‘n Gestremde kennis van die uwe het vanmore op die sypaadjie in Volksrust voorgestap. Vir my en jou sal dit strompel wees, of hobbel. Sy het as baba polio gehad en al die tekens is daar. Be that as it may.

Sy het geloop in die dorp, het haar pensioen gaan trek in die besige dorp toe sy struikel en amper geval het. Iemand het haar gehelp om haar ewewig te herstel en toe het almal aangestap. Ewentwel, ‘n paar treë verder het sy besef dat haar beursie nie meer IN HAAR HAND is nie en sy het teruggedraai. Die sypaadjie sover sy kon sien was leeg. Geen spoor van haar beursie of die persone wie haar gehelp het nie. Geen mens wie haar in die oog kan kyk nie. Kar deure wat klap. Niemand wat haar raaksien nie. Sies. Almal kan duidelik sien dat die vrou gestemd is. Arrie tog, haar been is seker dertig sentimeters korter as die ander ene. Wie kan dit mis? Haar beursie, id boek, Sassakaart, bankkaart, alles weg.

Gister was ek en Ousus op ‘n shopping spree in Hazyview. Ons was eers by Checkers. Rakke was taamlik leeg. Toe gaan ons Shoprite toe. Daar het toue mense buite die winkel gestaan. Sy het gewonder of hulle toustaan om in te gaan en die vriendelike sekuriteitswag het ons verseker dat die mense toustaan vir moneymarket. Wat dit ookal mag wees. Ons is die winkel in. Tot ons spyt. Die rakke in die middel het ook maar swaar verkeer geniet al was die rakke wat ons betref het, (of dan die goedjies wat ons nodig gehad het) taamlik leeg. Toe ons voor by die tille kom, het Ousus besef haar selfoon wat in haar broeksak was, is weg. Ons het dadelik gaan soek. Terwyl sy die bestuurder gaan soek het, het ek op elke mense wie ‘n selfoon in die hand gehad het afgepeil en sommer hulle hande nader getrek om te kyk. helaas! Ek het met almal n’n bloutjie geloop. Dit was nie haar foon nie.

Hoop is toe soos poep teen die donderweer. Ons het alles gelos en afgstorm parkeerterrein toe. Weer het ek elke mens met ‘n foon in die hand bygeloop terwyl sy die Fordjie met my foon in haar hand bestorm het. Weereens tevergeefs. Geen foon gelui of ‘n geluid gemaak terwyl ek van groep tot groep gehol het en sy haar nommer gebel het nie. Dit was nog steeds ‘n geval van “The subscriber you have dialed is not available. Please try again later.” Volgende stop was Vodacom 4U. “Sorry Ma’am. We cannot help you without the box. We need the IMEI number. Ja, Precious. Sodat jy vir Buti kan kans gee om die foon goed te gebruik. Toe maar van my foon af gedoen en hopelik reggebry. Toe is ons van daar af SAPD toe, In my dag des lewens. Die mooiste gebou in die ganse Hazyview. Toe ons al oppad terug huis toe was, het dit my getref. Hulle, die magtige SAPD, het ‘n beëdigde verklaring afgeneem. Hulle het geen Diefstal docket oop gemaak nie.

Viva SAPD. Moenie diens lewer nie. Wag maar tot iemand gearresteer word, dan moer julle die daglig uit hom of haar. Verkrag hom of haar en kyk hoedat hy of sy verkrag word. Dis al waarvoor julle goed is.

Gedagte van die dag: Waar is die dae van mense met integriteit tog heen?

Advertisements

Entry filed under: Bitch en Moan.

Sies! Dis ‘n skande. Alweer sikke tyd

5 Kommentaar Add your own

  • 1. Toortsie  |  Januarie 5, 2014 om 9:47 nm

    Ai, Olga. Dis vir my so hartseer dat integriteit ook by mense van wie ons dit nie sal verwag nie, verlore grgaan het.

    Antwoord
  • 2. Klip  |  Januarie 9, 2014 om 4:33 vm

    Ek hoor vanoggend ‘n dokter sê op die radio ons moet almal in vandag se lewe vol stres sorg dat ons innerlike vrede met onsself vind. Hy raai aan dat jy begin by die huis en kyk na al die dinge wat jy begin het maar nog nie klaar gemaak het nie. … Vat dit en maak dit klaar!!!

    Ek neem toe tyd en maak klaar wat ek begin het.!!! Ek maak toe die oop bottel 10 jaar KWV en die halwe bottel J&B en die oorschiet braaiflys en die koewart botle kyn en sho anner bottil wyn en daai pak prosak pille en die tjoklits amla kla. Jel ma ek sje jou nou veol ek inrrrlik sjoma flippen grent. Shtuur vi anne ouns wat jy dink ok inrrrrlik freude kort

    Antwoord
    • 3. Olga  |  Januarie 11, 2014 om 7:49 nm

      Wha ha ha ha. Klink na ‘n plan. Ek wonder of Homer sal agterkom as ek ook die bottels Jakkals en Bolf klaar maak al staan dit nie aan my kant van die spens nie?

      Antwoord
  • 4. Kameel  |  Januarie 9, 2014 om 3:07 nm

    Ons wêreld is in dolle vaart besig om die afgrond in te tuimel. The ride is even going to get rougher. My oë is op die wolke.

    Antwoord
  • 5. Olga  |  Januarie 11, 2014 om 7:54 nm

    Natuurlik toe Ousus ‘n eis gaan instel het, moes sy toe eers ‘n diefstal klag gaan open by die polisiestasie in Pretoria. Want natuurlik nes ek geweet het, kan geen eis vir gesteelde selfone aanhangig gemaak word sonder ‘n saak nommer nie. Neem mt terug na die ou Transvaal, daar waar ons diens gekry het. Ek dink nogal die ou Suid Afrika sal ook doen.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter

%d bloggers like this: